| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Henog (HEN) Open-Henog (OvH) JôWEl (JOE) Jona (JON) Amos (AMO) Hoséa (HOS) Miga (MIG) JeshaJaH (JES) Nahum (NAH) Habakuk (HAB) TsefánJaH (SEF) JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Henog se afskeidsrede OvH 13:1 : EN nou, my kinders, luister na wat julle vader sê en na al die gebooie wat ek julle vandag gee: OvH 13:2 : Lei julle lewens asof voor die Aangesig van JaHWeH en sien toe dat alles wat julle doen, volgens die wil van JaHWeH is. OvH 13:3 : Want ek is op die bevel van JaHWeH na julle gestuur, om vir julle alles te vertel wat is en alles wat sal wees tot op die dag van die oordeel. OvH 13:4 : En nou, my kinders, dis nie deur my eie mond dat ek vandag met julle praat nie, maar deur die Mond van JaHWeH, wat my na julle gestuur het. OvH 13:5 : Want julle hoor die woorde uit my mond, 'n man wat geformeer is net soos julle; OvH 13:6 : maar ek het die woorde van JaHWeH gehoor uit die vurige Mond van JaHWeH [want JaHWeH se Mond is 'n vurige oond en Sy woorde 'n vurige vlam wat daaruit voortkom]. OvH 13:7 : Julle, my kinders, julle sien my gesig, die gesig van 'n man wat soos julle geformeer is; maar ek het die Aangesig van JaHWeH gesien soos 'n stuk Yster wat in die vuur verhit word sodat dit vonke strooi. OvH 13:8 : Want julle sien 'n man se oë, die oë van 'n man wat soos julle geformeer is; maar ek het JaHWeH se Oë gesien soos die strale van die skynende son wat die menslike oog verblind. OvH 13:9 : Julle, my kinders, julle sien my regterhand aan julle beduie, die hand van 'n man wat net soos julle gemaak is, maar ek het die Regterhand van JaHWeH voor my sien beweeg en die Hemele sien vul. OvH 13:10 : Julle kan sien hoe groot my liggaam is, dit is net soos julle s'n; maar ek het gesien hoe groot JaHWeH is, dat Hy onmeetbaar, onvergelykbaar is en geen einde het nie. OvH 13:11 : Want julle hoor die woorde van my mond; maar ek het die woorde van JaHWeH gehoor, soos groot donder en onophoudelike dreuning van die wolke. OvH 13:12 : En nou, my kinders, luister na iemand wat oor 'n aardse koning spreek en sê: OvH 13:13 : Dit is angswekkend en gevaarlik om voor 'n aardse koning te staan, verskriklik en baie gevaarlik, want die koning se wil is dood en die koning se wil is lewe. OvH 13:14 : Maar om te staan voor die Koning van konings - wie kan die oneindige Vrees of die groot hitte verduur? OvH 13:15 : Maar JaHWeH het een van Sy Boodskappers in beheer van Tartarus geroep en hom by my gesit, en die voorkoms van die Boodskapper was soos sneeu, en sy hande was ys, en hy het my gesig afgekoel [want ek kon nie die angs van die vurige hitte verduur nie]. OvH 13:16 : Toe het JaHWeH al hierdie woorde met my gepraat. OvH 13:17 : Dus nou, my kinders, weet ek alles, sommige uit die Mond van JaHWeH, ander het ek met my oë gesien, van die begin tot die einde en van die einde tot die hernuwing. OvH 13:18 : Ek weet alles, en ek het in die boekrolle neergeskryf die omvang van die Hemele en alles wat daarin is: OvH 13:19 : Ek het hulle bewegings gemeet en ek ken hul leërmagte: Ek het die telling van die Sterre voltooi, 'n groot menigte sonder getal. OvH 13:20 : Watter man kan hulle omwentelinge of hulle beweginge verstaan, of hul terugkeer, of diegene wat hulle lei of diegene wat gelei word? OvH 13:21 : Selfs nie die Boodskappers ken hulle getal nie: maar ek het hulle name neergeskryf. OvH 13:22 : Ek het die omtrek van die son gemeet en ek het sy strale genommer en sy ingang en sy uitgang en al sy beweginge: ek het hulle name neergeskryf. OvH 13:23 : En ek het die omtrek van die maan gemeet en sy bewegings elke dag, die afneming van sy lig elke dag en uur; en ek het die name in die boekrolle neergeskryf. OvH 13:24 : Die woonplekke van die Wolkkolom en hul monde en hul Vleuels en hul reën en hulle druppels het ek ondersoek; en ek het geskryf van die gerammel van die donder en die wonder van die weerlig. OvH 13:25 : En hulle het aan my hulle Bewaarders gewys en die deurgange wat vir hulle uitgemeet was waarin hulle op en af kon gaan [hulle gaan gebonde op en kom gebonde af, sodat hulle nie met ruwe geweld die Wolkkolom af skeur en alles op Aarde vernietig nie]. OvH 13:26 : Ek het die skatte van die sneeu en die stoorkamers van die ys en die koue lug neergeskryf. OvH 13:27 : Ek het opgelet hoe die Bewaarders van tyd tot tyd die wolke vul, tog is die skatte nie uitgeput nie. OvH 13:28 : Ek het die rusplekke van die Geeste/winde neergeskryf: Ek het gekyk en gesien hoe hulle Bewaarders hulle skale en mates bring: OvH 13:29 : Eers plaas hulle die Geeste/winde op die skaal en dan in die maat, en hulle is volgens hul maat uitgelaat oor die hele Aarde sodat hulle nie met ruwe asem die Aarde laat skud nie. OvH 13:30 : Vandaar is ek ondertoe geneem en het gekom by die plek van oordeel; en ek het die Doderyk/Sheol sien oopgaan en ek het daar 'n stuk gelyk grond gesien soos 'n tronk, 'n oordeelsplek sonder weerga. OvH 13:31 : En ek het afgegaan en het neergeskryf al die oordele van diegene wat geoordeel is, en ek het al hulle vertwyfeling gesien en ek het gesug en geween ter wille van die verdoemenis van die wettelose en ek het vir myself gesê: OvH 13:32 : Geseënd is die man wat nooit gebore is nie, of wat na sy geboorte, sonder oortreding in die Oë van JaHWeH gelewe het, sodat hy nie na hierdie plek sal kom en die juk van hierdie plek moet dra nie. OvH 13:33 : En ek het die bewaarders van die sleutels van die Doderyk/Sheol gesien wat by die ontsaglike poorte gestaan het: [Openbaring 9:1] OvH 13:34 : Hulle gesigte was soos die gesigte van groot adders, hulle oë soos kerse wat doodgegaan het, hulle tande was ontbloot en het tot by hulle bors gereik. [Openbaring 9:8] OvH 13:35 : En ek het openlik aan hulle gesê: Mag dit wees dat ek julle nie gesien het, of gesien het wat julle doen nie, mag geeneen van my afstammelinge ooit na julle kom nie. OvH 13:36 : En vandaar het ek opgegaan na die Paradys van die regverdiges; en ek het daar 'n geseënde plek gesien, en elke skepsel is geseënd, en almal leef in Vreugde en Blydskap, en in onmeetbare Lig en in die Ewige Lewe. OvH 13:37 : En ek het gesê, my kinders [en nou sê ek dit weer aan julle], geseënd is die man wat die Naam van JaHWeH vrees, OvH 13:38 : wat Hom sal dien asof hy altyd voor Sy Aangesig is, en slagdiere as aanbiedinge gee van die lewe, en wat sy lewe sal leef en sterwe. OvH 13:39 : Geseënd is die man wat sal doen wat regverdig en Reg is en die naakte met klere klee en brood gee aan die wat honger het. OvH 13:40 : Geseënd is die man wat 'n voorvegter vir die weduwees en die wese sal wees en wat almal sal help teenoor wie daar 'n onreg gepleeg is. OvH 13:41 : Geseënd is die man wat die onseker weg sal weier en sal loop op die Weg van Geregtigheid. OvH 13:42 : Geseënd ook is die man wat die saad van Geregtigheid saai, want hy sal sewevoudig maai. OvH 13:43 : Geseënd is die man in wie die Waarheid is en wat die waarheid teenoor sy naaste spreek. OvH 13:44 : Geseënd is die man op wie se lippe waaragtige Medelye is en Sagmoedigheid. OvH 13:45 : Geseënd is die man wat die werke van JaHWeH verstaan en Hom vereer en deur Sy werke weet wie hulle gemaak het. [MattithJaHûW 5:1-12] OvH 13:46 : En kyk, my kinders, nadat ek die dinge wat op Aarde verorden is ondersoek het, het ek hulle neergeskryf. OvH 13:47 : Ek het al die jare vergelyk, en van die jaar het ek die maande gemeet, en van die maande het ek die dae getel, en van die dae het ek die ure getel. OvH 13:48 : Ek het die ure gemeet en hulle uitgeskryf. OvH 13:49 : Ek het onderskei tussen verskillende soorte adamiete op Aarde; en ek het gemeet en elke mate bewys en elke eerlike balans soos wat JaHWeH my beveel het. OvH 13:50 : En ek het 'n verskil in hierdie dinge gevind: een jaar is belangriker as 'n ander jaar, een dag belangriker as 'n ander dag, een uur belangriker as 'n ander uur. OvH 13:51 : So is ook een adamiet belangriker as 'n ander adamiet - een oor sy groot besittings, 'n ander oor sy wysheid, 'n ander oor sy intellek, sy vaardigheid en sy vermoë om stil te bly; 'n ander weer oor sy suiwerheid, sy jeug, skerp humor, die vorm van sy liggaam of sy redelikheid. OvH 13:52 : Maar daar is geeneen groter as die adamiet wat JaHWeH vrees nie; want hulle wat JaHWeH vrees, sal vir ewig vereer word. OvH 13:53 : JaHWeH het die adamiet met Sy eie Hande geskape en na die beeltenis van Sy eie gesig: klein en groot het JaHWeH hom gemaak. OvH 13:54 : Hy wat die gesig van 'n adamiet beskimp, beskimp die gesig van JaHWeH; hy wat die gesig van 'n adamiet verafsku, verafsku die gesig van JaHWeH: gramskap en groot oordeel is aangewys vir diegene wat in die gesig van 'n adamiet spuug. OvH 13:55 : Maar geseënd is die man wat sy hart na elke adamiet draai, om diegene wat veroordeel word, te help, om die gevalle een orent te help en om te gee aan die armes; OvH 13:56 : want op die dag van die groot oordeel sal al die adamiet se dade deur die Boekrol herroep word. [Openbaring 5:1] OvH 13:57 : Geseënd is die man wie se mate eerlik is, en sy gewig eerlik en sy balans eerlik; OvH 13:58 : want op die dag van die groot oordeel sal elke mate en elke gewig en elke balans uitgestal word soos op die mark en elke adamiet sal die waarheid omtrent sy mate ken en sy beloning daarvolgens ontvang. OvH 13:59 : Die adamiet wat 'n slagdier voor die Aangesig van JaHWeH slag, JaHWeH sal sy sake laat floreer: die adamiet wat die lamp voor die Aangesig van JaHWeH met olie vul en nie ware oordeel ken nie, JaHWeH sal nie net sy skat in die Hemele vermeerder nie, JaHWeH sal sy skure met koring vul. OvH 13:60 : Het JaHWeH brood of kerse of skape of beeste nodig? Nee, glad nie; maar op hierdie manier toets JaHWeH die hart van die adamiet. JaHWeH eis suiwer harte. OvH 13:61 : Want dan sal JaHWeH Sy groot Lig stuur en in Hom sal die oordeel wees; en wie, as Hy daar is, kan verberg word? Luister, my kinders, en neem in die woorde van my lippe. OvH 13:62 : As enigiemand geskenke na 'n aardse heerser bring, en trouelose gedagtes in sy hart koester, en die heerser weet daarvan, sal hy nie teenoor hom vertoorn wees en sy geskenke weier nie, en hom nie oorgee aan die oordeel nie? OvH 13:63 : Of as 'n man homself suiwer voordoen voor 'n ander deur misleiding van die tong, maar besoedel is in sy hart, sal die ander nie die verraad van sy hart herken en hom verdoem omdat sy ontrou aan almal duidelik was nie? OvH 13:64 : En wanneer JaHWeH die groot Lig stuur, dan sal daar oordeel wees vir die regverdige en die ongehoorsame en niemand sal ontsnap nie. OvH 13:65 : Nou, my kinders, hou al hierdie dinge in gedagte en skenk aandag aan wat julle vader sê: aan alles wat ek julle vertel het, net soos JaHWeH my beveel het. OvH 13:66 : Neem hierdie boekrolle wat met julle vader se hand geskryf is en lees hulle en leer daaruit die werke van JaHWeH, en as julle die geskrifte nakom, sal julle nie teen JaHWeH oortree nie; OvH 13:67 : want daar is niemand anders behalwe JaHWeH nie, nie in die Hemele nie, ook nie op die Aarde nie, ook nie in die plekke benede nie, ook nie in 'n fondasie nie. OvH 13:68 : Dis niemand behalwe JaHWeH wat die fondamente op die onbekende gevestig het nie, wat die Hemele bo die onsigbare uitgestrek het, OvH 13:69 : die Aarde op die water gesit en haar bevestig het op die wankelbare, wat alleen die ontelbare dinge in die skepping gemaak het; OvH 13:70 : [want wie het die stof van die Aarde, of die sand van die see, of die druppels van die wolke getel?] OvH 13:71 : Wie het die Aarde en die see saamgebind met onoplosbare bande, wat uit vuur die onbegryplike skoonheid van die Sterre geslaan het en die Hemele versier het, OvH 13:72 : wie het alle dinge geskep sodat dit wat onsigbaar was, sigbaar geword het, terwyl Hyself onsigbaar was... OvH 13:73 : [Het JaHWeH nie gesê nie: Ek het die Sterre uit vuur gesny, en die Hemele daarmee versier, en dit in hul midde geplaas. OvH 13:74 : Die son reis volgens die sewe hemelse bane wat die bepaling is van honderd twee-en-tagtig trone, dan gaan hy onder op 'n kort dag; en na weer honderd-twee en tagtig, gaan hy onder op 'n lang dag. OvH 13:75 : En hy het twee trone waarop hy rus, wat heen en weer wentel bo die trone van die maande. Vanaf die sewentiende dag van die maand Tsivian gaan hy af na die maand Thevan, en vanaf die sewentiende van Thevan gaan hy op. OvH 13:76 : En so kom hy naby die Aarde, dan is die Aarde bly en laat haar vrugte groei en wanneer hy weggaan, dan is die Aarde hartseer en die vrugte het geen bloeityd nie]. OvH 13:77 : Dit alles het Hy gemeet met die goeie maat van die ure, en Hy het 'n maat deur Sy Wysheid vasgestel van die sigbare en die onsigbare. Van die onsigbare het Hy alles gemaak wat sigbaar is, terwyl Hyself onsigbaar is. OvH 13:78 : En gee hierdie Boekrolle deur na julle kinders, en sien toe dat julle kinders dit deurgee aan hulle kinders en aan al julle bloedverwante en al julle geslagte, aan hulle wat Wysheid het en JaHWeH vrees; OvH 13:79 : en hulle sal dit [die Boekrolle] ontvang en sal meer Vreugde daaruit put as uit enige uitsoekkosse, en hulle sal dit lees en vashou daaraan. OvH 13:80 : Maar die dwase en diegene wat JaHWeH nie ken nie, sal dit nie aanneem nie en sal dit verwerp; want die juk daarvan sal vir hulle te swaar wees. OvH 13:81 : Geseënd is die man wat sy juk sal dra en vashou daaraan, want hy sal beloning op die dag van die Groot Oordeel vind. OvH 13:82 : Want ek sweer aan julle, my kinders, dat voor die adamiet bestaan het, is daar 'n plek van oordeel vir hom voorberei; en 'n maat en 'n gewig waardeur hy getoets sal word, is vooraf vir hom toeberei. OvH 13:83 : En ek sal elke adamiet se dade neerskryf en niemand sal kan ontsnap nie. [Exodus 32:33; Psalm 69:28] OvH 13:84 : Daarom, my kinders, leef julle volle lewe in lydsaamheid en sagmoedigheid, sodat julle die ewigheid wat gaan kom, sal beërwe. OvH 13:85 : En elke hou en elke wond en elke skroeiende hitte en elke besoedelde woord, as dit na jou kom terwille van JaHWeH, verduur dit; [MattithJaHûW 5:11] OvH 13:86 : en alhoewel jy sal kan vergeld, moenie teen jou naaste vergeld nie, want vergelding kom JaHWeH toe, Hy sal jou wreker op die dag van oordeel wees. OvH 13:87 : Verduur die verlies van jou goud en jou silwer ter wille van jou broer, sodat jy hemelse skatte op die dag van oordeel mag ontvang. OvH 13:88 : En steek jou hande uit na die weduwees en die wese, en help die armes met al jou mag, en hulle sal 'n beskerming wees in die tyd van beproewing. [Psalm 41:1, 2] OvH 13:89 : Elke harde en swaar juk, as dit na julle kom ter wille van JaHWeH, verduur dit, en so sal julle jul beloning ontvang op die dag van die oordeel. OvH 13:90 : Dit is goed om in die oggend en in die middag en in die aand van die dag in die Huis van JaHWeH in te gaan en die Skepper van alle dinge te vereer. OvH 13:91 : Geseënd is die man wat sy hart oopmaak vir lofprysing en wat JaHWeH loof: vervloek is hy wat sy hart oopmaak vir verguising en om sy naaste te beskinder. OvH 13:92 : Geseënd is die man wat sy mond open en JaHWeH seën en verhoog: vervloek is hy wat sy mond oopmaak om te vloek en te laster voor die Aangesig van JaHWeH. OvH 13:93 : Geseënd is die man wat al die werke van JaHWeH eer: vervloek is hy wat die skepping van JaHWeH beskimp. OvH 13:94 : Geseënd is die man wat die werke van sy eie hande aanskou om dit tot stand te bring: vervloek is hy wat na 'n geleentheid soek om die werke van ander te vernietig. OvH 13:95 : Geseënd is die man wat afkyk en die wat geval het, ophef; vervloek is hy wat kyk en gretig is vir die vernietiging van wat nie aan hom behoort nie. OvH 13:96 : Geseënd is die man wat die ou fondamente van die vaders onderhou: vervloek is hy wat die wette van die vaders en die grense vernietig. OvH 13:97 : Geseënd is die man wat Vrede saai: vervloek is hy wat die Vrede van ander vernietig. OvH 13:98 : Geseënd is die man wat Vrede spreek, en Vrede sy met hom: vervloek is hy wat geen Vrede spreek en in wie se hart geen Vrede is nie. OvH 13:[98 Geseënd is hy wat met 'n nederige mond en hart spreek: vervloek is hy wat Vrede met sy mond spreek, terwyl daar geen Vrede in sy hart is nie, maar die swaard.] OvH 13:99 : Want al hierdie dinge sal openbaar gemaak word in die weegskale en in die Boekrolle op die dag van die Groot Oordeel. OvH 13:100 : Dus, my kinders, bewaar julle harte van die besoedeling, volgens die balans van die Lig, wees erfgename vir ewig. OvH 13:101 : Julle mag nie sê: ons vader is by JaHWeH en in antwoord op sy gebede sal ons oortredinge vergewe word nie. OvH 13:102 : Julle sien dat ek al die dade van die adamiet opteken; en niemand kan vernietig wat my hand geskryf het nie, want JaHWeH sien alles. [Exodus 32:33; JeségiEl 9:3] OvH 13:103 : Dus nou, my kinders, luister na al julle vader se woorde, alles wat ek aan julle sê: sodat dit 'n Erflating van Vrede vir julle sal wees. OvH 13:104 : En die Boekrolle wat ek aan julle gegee het, moet dit nie wegsteek nie: verduidelik dit aan almal wat die begeerte het om daarin te kyk, want hulle mag miskien die werke van JaHWeH herken. OvH 13:105 : Want kyk my kinders, die dag van die aangewese tyd kom nader, en die aangewese tyd laat my geen keuse nie, die Boodskappers wat saam met my moet gaan, staan voor my: en more sal ek opgaan tot in die hoogste Hemele, na my ewige erfenis. OvH 13:106 : Dit is waarom ek julle beveel, my kinders, om al die dinge van JaHWeH te doen. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |