| Baälpriesters en Valse priesters in die Christendom :Website Builder |
| Inhoud :Insetsel deur Woordverwerker :Hoofstuk 1 :Hoofstuk 2 :Hoofstuk 3 :Hoofstuk 4 :Hoofstuk 5 :Hoofstuk 6 :Hoofstuk 7 :Hoofstuk 8 :Hoofstuk 9 :Hoofstuk 10 :Hoofstuk 11 :Hoofstuk 12 :Hoofstuk 13 :Hoofstuk 14 :Hoofstuk 15 :Hoofstuk 16 :Hoofstuk 17 :Hoofstuk 18 :Hoofstuk 19 :Hoofstuk 20 :Hoofstuk 21 :Hoofstuk 22 :Hoofstuk 23 :Hoofstuk 24 :Hoofstuk 25 :Hoofstuk 26 :Boeke |
| Baälpriesters:-Insetsel deur Woordverwerker |
|
Alle bybelverse is in duidelike skrif deur myself ingestel om naslaan te vergemaklik. Aangehaalde gedeeltes kom voor in "skuinsskrif ". 30 Mei 2005 (A4Y) ('n Uittreksel uit hierdie skrywe) Vir die leser wat nog nie vantevore met hierdie soort getuienis te doen gehad het nie, kan dit een van drie besluite inhou:
As u besluit volgens punt 1 en 2 is, dan is u in beide gevalle verkeerd. Ons kry die antwoord in die Bybel: "Beproef alle dinge, behou die goeie" 1 Thessalonicense 5:21. Die goeie kan natuurlik verskillende dinge wees, maar ons kan met sekerheid aanvaar dat kennis en die waarheid die twee belangrikstes is en albei kry ons in die Bybel. Dus is bybelstudie noodsaaklik in ons ondersoek: Uit die regse Bybels natuurlik. Die eerste plig is, om op onpartydige wyse vas te stel of hierdie boek nie alles leuens is nie, maar terselfdertyd ook of dit waarheid is. "Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen dié wat God dien en die wat Hom nie dien nie". Maleági 3:18. "Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit, deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei". Hebreërs 5:14 asook 12 en 13. Volgens die voorskrifte van God is dit dus elkeen se goddelike plig om hom of haarself te vergewis van die leuen sowel die waarheid. Wat dit so bemoeilik is die subtiele inmekaar geweefde vermenging van Baäl en evangeliediens wat op dubbelsinnige wyse gepreek word; en so dien ons dan gelyktydig die geregtigheid van God saam met die ongeregtigheid van baäl. Goeie advies wat om in dié geval te doen, kry ons in 2 Korinthiërs 6:14-18
|
| Laaste keer geredigeer: 2005 / Geplaas: 31 Maart 2017 |
