1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Vreugde en rykdom gee geen geluk nie

Die Gees van Wysheid teenoor die gees van Dwaasheid.

PRE 2:1 : EK het in my hart gesê: Nou ja, ek sal jou met vreugde op die proef stel; geniet dan die goeie! Maar kyk, ook dit was tevergeefs.

PRE 2:2 : Van die lag het ek gesê: Dit is onsinnig! en van die Vreugde: Wat verskaf dit?

PRE 2:3 : Ek het in my hart daaroor nagedink om my liggaam met wyn te verkwik - terwyl my hart [my] met Wysheid sou lei - en om aan die Dwaasheid vas te hou totdat ek sou sien wat goed is vir die seuns van adam, wat hulle moet doen onder die Hemele gedurende die getal van hulle lewensdae.

PRE 2:4 : Ek het groot werke onderneem: ek het vir my huise gebou, ek het vir my Wingerde geplant.

PRE 2:5 : Ek het vir my tuine en parke aangelê en daar allerhande vrugtebome in geplant.

PRE 2:6 : Ek het vir my damme gemaak om daaruit 'n bos met jong bome te besproei.

PRE 2:7 : Ek het slawe en slavinne gekoop en ook dié verkry wat in my huis gebore is; ek het ook 'n groot besitting van beeste en kleinvee gehad, meer as almal wat voor my in Jerusalem was.

PRE 2:8 : Ek het vir my ook silwer en goud versamel, waardevolle skatte van konings, en uit die provinsies het ek vir my sangers en sangeresse aangeskaf, en die aanvalliges uit die adamiete as byvroue.

PRE 2:9 : En ek het groot en altyd groter geword bo almal wat voor my in Jerusalem was; ook het my wysheid by my gebly.

PRE 2:10 : En alles wat my oë begeer het, het ek hulle nie ontsê nie; my hart het ek van geen enkele vreugde teruggehou nie, want my hart het hom verheug vanweë al my moeitevolle arbeid, en dit was my deel van al my moeitevolle arbeid.

PRE 2:11 : Toe het ek gekyk na al my werke wat my hande tot stand gebring het, en al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het - en kyk, dit was alles tevergeefs en 'n soeke na gees, en daar was geen voordeel onder die son nie.

PRE 2:12 : Daarna het ek my begewe om Wysheid en Onverstandigheid en Dwaasheid in oënskou te neem, want wat sal die adamiet kan [doen] wat ná die koning kom? Wat lankal gedoen is!

PRE 2:13 : Wel het ek gesien dat aan Wysheid voorkeur is bo die Dwaasheid, soos die Lig voorkeur het bo die Duisternis:

PRE 2:14 : die wyse het sy oë in sy hoof, maar die Dwaas wandel in die Duisternis. Maar ek het óók ingesien dat een en dieselfde lot hulle almal tref.

PRE 2:15 : Daarom het ek in my hart gesê: Dieselfde wat die dwaas tref, sal my ook tref; waarvoor was ek dan so buitengewoon wys? En ek het in my hart gespreek dat dit ook tevergeefs is.

PRE 2:16 : Want daar sal op die duur net so min 'n herinnering wees van die wyse as van die dwaas, omdat in die dae wat kom, alles lankal vergeet is; en hoe sterf die wyse net soos die dwaas!

PRE 2:17 : Daarom het ek die lewe gehaat, want die werk wat onder die son gedoen word, is besoedeling vir my, omdat alles tevergeefs is en 'n soeke na gees.

PRE 2:18 : En ek het gehaat al my arbeid wat ek onder die son met moeite verrig het, dat ek dit moet oorlaat aan 'n adamiet wat ná my sal kom.

PRE 2:19 : En wie weet of hy 'n wyse sal wees of 'n dwaas? Tog sal hy heers oor al my arbeid wat ek met moeite verrig en met Wysheid verwerf het onder die son. Ook dit is dan tevergeefs.

PRE 2:20 : Daarom het ek my begewe om my hart aan wanhoop oor te gee vanweë al die arbeid wat ek met moeite verrig het onder die son.

PRE 2:21 : Want daar is 'n adamiet wat hom met Wysheid en Kennis en bekwaamheid vermoei het; tog moet hy dit as deel oorgee aan 'n adamiet wat daaraan geen moeite bestee het nie. Ook dit is tevergeefs en 'n groot besoedeling.

PRE 2:22 : Want wat het die adamiet vir al sy arbeid en vir die strewe van sy hart waarmee hy hom vermoei onder die son?

PRE 2:23 : Want al sy dae is smarte, en sy bemoeienis is verdriet; selfs snags rus sy hart nie. Dit is dan ook tevergeefs.

PRE 2:24 : Is dit nie goed dat die adamiet eet en drink en hy sy siel die goeie laat geniet by sy moeitevolle arbeid nie. Ek het gesien dat dit ook kom uit die Hand van die Elohim.

PRE 2:25 : Want wie kan eet en wie kan geniet sonder Hom?

PRE 2:26 : Want aan 'n adamiet wat suiwer is voor Sy Aangesig, gee Hy Wysheid en Kennis en Vreugde, maar aan die oortreder lê Hy die taak op om bymekaar te maak en te versamel, om dit dan te gee aan een wat suiwer is voor die Aangesig van die Elohim. Ook dit is tevergeefs en 'n soeke na gees.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
2
Pablo Software Solutions Datum
OT