1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Elke ding het sy tyd soos Elohim dit bepaal

Die gees van die adamiete gaan op boontoe, en die gees van die wilde wesens daal neer ondertoe in die Aarde

PRE 3:1 : ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die Hemele is daar 'n tyd:

PRE 3:2 : 'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te roei wat geplant is,

PRE 3:3 : 'n tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak, 'n tyd om af te breek en 'n tyd om op te bou,

PRE 3:4 : 'n tyd om te ween en 'n tyd om te lag, 'n tyd om te weeklaag en 'n tyd om van vreugde rond te spring,

PRE 3:5 : 'n tyd om klippe weg te gooi en 'n tyd om klippe bymekaar te maak, 'n tyd om te omhels en 'n tyd om ver te wees van omhelsing,

PRE 3:6 : 'n tyd om te soek en 'n tyd om verlore te laat gaan, 'n tyd om te bewaar en 'n tyd om weg te gooi,

PRE 3:7 : 'n tyd om te skeur en 'n tyd om aanmekaar te werk, 'n tyd om te swyg en 'n tyd om te spreek,

PRE 3:8 : 'n tyd om lief te hê en 'n tyd om te haat, 'n tyd vir oorlog en 'n tyd vir vrede.

PRE 3:9 : Watter voordeel het hy wat werk, daardeur dat hy hom vermoei?

PRE 3:10 : Ek het die taak gesien wat Elohim aan die seuns van adam gegee het om hulle daarmee te kwel.

PRE 3:11 : Alles het Hy mooi gemaak op Sy tyd; ook het Hy die tyd in hulle hart gelê sonder dat die adamiet die werk wat die Elohim doen, van begin tot end, kan uitvind. [Génesis 1:2]

PRE 3:12 : So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en suiwerheid te beoefen in die lewe.

PRE 3:13 : En ook - dat elke adamiet eet en drink en die suiwere geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is 'n gawe van Elohim.

PRE 3:14 : Ek het ingesien dat alles wat die Elohim doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en die Elohim, Hy het so bestier dat hulle moet vrees voor Sy Aangesig.

PRE 3:15 : Alles wat is, was alreeds; en wat sal wees, was alreeds; en Elohim soek weer op wat verbygegaan het.

PRE 3:16 : Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die Reg - daar was besoedeling, en die plek van Geregtigheid - daar was besoedeling.

PRE 3:17 : Ek het in my hart gesê: die Elohim sal die regverdige en die besoedelde oordeel, want dáár is 'n tyd vir elke saak en vir elke werk.

PRE 3:18 : Ek het in my hart gesê: Ter wille van die adamiet [gebeur dit], dat die Elohim hulle kan suiwer, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself wesens is.

PRE 3:19 : Want die lot van die adamiete is ook die lot van die wilde wesens: hulle het een en dieselfde lot; Dood vir die een, Dood vir die ander, en elkeen het 'n gees, en 'n voorkeur van die adamiet bo die wilde wesens is daar nie; want alles is tevergeefs.

PRE 3:20 : Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug.

PRE 3:21 : Wie bespeur dat die gees van die adamiete opgaan boontoe, en dat die gees van die wilde wesens neerdaal ondertoe in die Aarde?

PRE 3:22 : So het ek dan gesien dat daar niks suiwerder is as dat die adamiet hom verheug in sy werke nie, want dit is sy deel; want wie sal hom daartoe bring dat hy kan sien wat na hom sal wees?

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
3
Pablo Software Solutions Datum
OT