Die ontevredenheid van Jona en sy bestraffing deur JaHWeH.
JON 4:1 : MAAR Jona was hieroor erg ontstemd en hy het kwaad geword.
JON 4:2 : Toe bid hy tot JaHWeH en sê: Ag, JaHWeH, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my Adamah [die adamiet se Aarde] was nie? Daarom het ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U 'n goedgunstige en barmhartige El is, lankmoedig en groot van Medelye, en Een wat die besoedeling vergewe.
JON 4:3 : o JaHWeH, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.
JON 4:4 : Daarop sê JaHWeH: Het jy rede om vertoornd te wees?
JON 4:5 : En Jona het die stad verlaat en aan die oostekant van die stad gaan sit. Daar maak hy toe vir hom 'n skerm, en hy gaan onder haar in die skaduwee sit, totdat hy sou sien wat met die stad gebeur.
JON 4:6 : Toe beskik JaHWeH Elohim 'n wonderboom en laat dit oor Jona opskiet om te dien as skaduwee oor sy hoof, om hom van sy ontstemdheid te bevry; en Jona was baie bly oor die wonderboom.
JON 4:7 : Maar die Elohim het die volgende môre toe die dag breek, 'n wurm beskik; en dié het die wonderboom gesteek, sodat dit verdor het.
JON 4:8 : En met sonop het Elohim 'n gloeiende oostewind beskik; en toe die son op die hoof van Jona steek, het hy magteloos geword en gewens dat sy siel mag sterwe, en gesê: Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.
JON 4:9 : Toe sê Elohim vir Jona: Het jy rede om vertoornd te wees oor die wonderboom? En hy antwoord: Ek het rede om vertoornd te wees tot die dood toe.
JON 4:10 : Verder sê JaHWeH: Jy wil die wonderboom spaar waar jy geen arbeid aan bestee het nie en wat jy nie grootgemaak het nie, wat in een nag ontstaan en in een nag vergaan het.
JON 4:11 : Maar Ek mag Ninevé, die groot stad, nie spaar nie, in haar is meer as honderd-en-twintigduisend adamiete wat die onderskeid tussen hulle regter- en hulle linkerhand nie weet nie, en baie vee?
This website was powered by Ewisoft Website Builder.