|
As Elohim Hom wou openbaar, sê Sofar, sou Job gou sien wie die skuldige is
JOB 11:1 : TOE het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:
JOB 11:2 : Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet 'n loslippige man Reg hê?
JOB 11:3 : Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot - sonder dat iemand jou beskaamd maak -
JOB 11:4 : en sê: Suiwer is my leer, en skoon is ek in U Oë?
JOB 11:5 : Maar, ag, as Elowahh maar wou spreek en Sy Lippe open teen jou!
JOB 11:6 : En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die Wysheid die Insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat Elowahh vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien.
Elohim se alwetendheid ontdek sonde waar die mens niks sien nie
JOB 11:7 : Kan jy die dieptes van Elowahh peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige?
JOB 11:8 : Hoogtes van die Hemele is dit - wat kan jy doen? Die verborgenheid van die Doderyk/Sheol - wat kan jy weet?
JOB 11:9 : Langer as die Aarde is haar lengte en haar breedte as die see.
JOB 11:10 : As Hy verbyskuiwe en gevange neem en 'n regsvergadering oproep - wie sal Hom dan teëhou?
JOB 11:11 : Want Hy ken die valse mense, en Hy sien Ongeregtigheid sonder dat Hy juis op haar ag gee.
JOB 11:12 : So kan dan 'n domme verstand verkry en 'n jong wilde-esel as adamiet gebore word.
Laat Job breek met ongeregtigheid, na Elohim terugkeer; dan sal hy die lig van beter dae aanskou
JOB 11:13 : As jy jou hart berei en jou handpalms uitstrek na Hom
JOB 11:14 : - as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder haar, en laat geen verbasterde in jou tente woon nie -
JOB 11:15 : ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van verdonkering; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.
JOB 11:16 : Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.
JOB 11:17 : En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker - dit sal wees soos die môre!
JOB 11:18 : En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond - sal jy in veiligheid gaan slaap.
JOB 11:19 : Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.
JOB 11:20 : Maar die oë van die besoedelde sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is - uitblasing van die siel. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |