1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40   41   42
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

EliFaz wil weet of dit wysheid is om te spreek soos Job; om die godsvrug af te breek met woorde

JOB 15:1 : TOE het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:

JOB 15:2 : Sal 'n wyse man met die Gees van Kennis antwoord gee en sy binneste vul met die [dinge] van die Ooste-

JOB 15:3 : deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie?

JOB 15:4 : Ja, jy breek die vrees af en verstoor die stille oordenking voor die Aangesig van El.

JOB 15:5 : Want jou oortredinge gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges.

JOB 15:6 : Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou.

JOB 15:7 : Is jy die eerste as adamiet gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?

JOB 15:8 : Het jy in die Raad van Elowahh afgeluister en die Wysheid na jou toe getrek?

JOB 15:9 : Wat weet jy wat ons nie weet nie? [Wat] verstaan jy wat in ons nie is nie?

JOB 15:10 : Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ryker in dae as jou vader.

JOB 15:11 : Is die vertroostinge van El vir jou te min, en woorde met sagtheid jou toegespreek?

Is 'n mens dan só regverdig, dat hy Elohim mag aanspreek soos Job gedoen het?

JOB 15:12 : Waarom sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so -

JOB 15:13 : dat jy jou gees rig teen El en [sulke] woorde uit jou mond laat uitgaan?

JOB 15:14 : Wat is 'n man, dat hy raseg sou wees? En hy wat uit 'n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?

JOB 15:15 : Kyk, in Sy apartgesteldes stel Hy geen vertroue nie; ja, die Hemele is nie skoon in Sy Oë nie;

JOB 15:16 : hoeveel minder die afskuwelike en verbasterde, die mens wat onreg drink soos water!

JOB 15:17 : Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel;

JOB 15:18 : wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af [oorgelewer];

JOB 15:19 : aan hulle alleen was die Aarde gegee, en geen verbasterde het nog onder hulle deurgetrek nie.

Die besoedelde is nie voorspoedig soos Job beweer het nie; hy is 'n prooi van 'n verontruste gewete en donker voorgevoelens

JOB 15:20 : Al sy dae leef die besoedelde in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is.

JOB 15:21 : Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom.

JOB 15:22 : Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard.

JOB 15:23 : Hy dwaal rond [en soek] brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is die dag van duisternis - op hande.

JOB 15:24 : Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos 'n koning wat gereed staan vir die aanval,

JOB 15:25 : omdat hy sy hand uitgesteek het teen El en homself teen die Almagtige verset het

JOB 15:26 : (hy het Hom stormgeloop met [uitgerekte] nek, met die dik bulte van sy skilde);

JOB 15:27 : omdat hy sy gesig met sy vet oordek en 'n vetlaag op sy heupe gevorm het,

JOB 15:28 : en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly.

Bowendien word die besoedelde getref deur allerhande rampe en teleurstellinge

JOB 15:29 : Hy bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie [soos koringare] na die Aarde toe nie.

JOB 15:30 : Hy ontvlug nie die Duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die gees van sy mond.

JOB 15:31 : Laat hom nie vertrou op leuens nie - hy kom bedroë uit! - want leuens sal sy vergelding wees.

JOB 15:32 : Nie in sy tyd word sy vervul, en sy palmtak bly nie [meer] groen nie.

JOB 15:33 : Hy skud sy onryp druiwe af soos 'n Wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos 'n Olyfboom.

JOB 15:34 : Want die vergadering van die tweegesigte is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery.

JOB 15:35 : Hulle word swanger van kwaad en baar niksseggende; en hulle moederskoot bring bedrog voort.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
15
Pablo Software Solutions Datum
OT