| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Hierdie is die laaste verse van hoofstuk 39 JOB 40:1 : EN JaHWeH het Job geantwoord en gesê: JOB 40:2 : Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat die Hoogste El teregwys, hierop antwoord! JOB 40:3 : Toe het Job JaHWeH geantwoord en gesê: JOB 40:4 : Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond. JOB 40:5 : Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie. Job het die regverdigheid van Elohim in twyfel getrek - laat Job dan nou die wêreld regeer! JOB 40:1 : En JaHWeH het Job uit 'n storm geantwoord en gesê: JOB 40:2 : Gord tog jou heupe soos 'n krygsman; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My. JOB 40:3 : Wil jy werklik met My Regspraak beoefen, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê? JOB 40:4 : Het jy dan 'n Arm soos El? En kan jy donder met die Stem soos HY? JOB 40:5 : Versier jou tog met majesteit en hoogheid, en beklee jou met glorie en prag! JOB 40:6 : Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit. JOB 40:7 : Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die besoedelde neer daar waar hulle staan. JOB 40:8 : Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg. JOB 40:9 : Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee. JOB 40:10 : Kyk, daar is die Behemot wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees. [Boekrol van Henog 60:8; 2 Ezra 6:49] JOB 40:11 : Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik. JOB 40:12 : Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg. JOB 40:13 : Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster. JOB 40:14 : Hy is die eersteling van die Weë van El; SY Maker nader hom met SY Swaard. JOB 40:15 : Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde wesens van die veld speel daar. JOB 40:16 : Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras. JOB 40:17 : Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom. JOB 40:18 : As die rivier swel - hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond. JOB 40:19 : Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor? JOB 40:20 : Kan jy die (krokodil)Leviátan met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk? [Boekrol van Henog 60:7-8; JeshaJaH 27:1; 2 Ezra 6:49]JOB 40:21 : Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor? JOB 40:22 : Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde? JOB 40:23 : Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem? JOB 40:24 : Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders? JOB 40:25 : Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans? JOB 40:26 : Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop? JOB 40:27 : Sit jou handpalms op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie. JOB 40:28 : Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie? This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |