Die belofte is vir U

DIE BELOFTE IS VIR U

10,000 Myl van wondere - na Palestina

J.Edwin Orr

In Afrikaans:

Mev M.M. Oberholzer

Uitgegee deur die:

C.S.V Boekhandel

Stellenbosch

1936

"Julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom toe sal roep"

 

 

   

HOOFSTUK II
BETEKENISVOLLE SWITSERLAND

WAT gebied en bevolking betref, is Switserland onbelangrik. Hierdie klein landjie, omring deur Frankryk, Oostenryk, Italië en Duitsland, bevat net die helfte van die bevolking van groter Londen.

Om verskeie redes het ek hierdie hoofstuk die opskrif, „ Betekenisvolle Switserland" gegee.

Driemiljoen Switsers is Duits-sprekend; eenmiljoen praat Frans en 'n half-miljoen Italiaans. Wat bind dan die Switsers saam? Liefde vir hul land en liefde vir vryheid.

Daar is 'n Switserse spreekwoord wat sê, „ elke burger van Switserland sal vry wees om te doen wat hy wil, en sal elke ander burger toelaat om te doen wat hý wil; maar selfs hierdie reël moenie 'n verpligting vir enige burger wees nie!"

Vir eeue lank het Switserland sy vryheid teen diegene wat hom wou verslaaf, verdedig. Die bergagtige geaardheid van die land het die verdedigers gehelp. Watter pragtige berge! En watter skone mere! Switserland is tog seker een van die skoonste lande in die wêreld!

Switserland was altoos 'n toevlugsoord. Godsdienstige en politieke vlugtelinge het dikwels hier 'n skuilplek gevind. Selfs Lenin het hierdie land gekies en in Bern planne gemaak om die Russiese Regering omver te werp. En baie, baie godsdienstige vlugtelinge het hul in die land van Kalvyn gevestig.

Daar is in Switserland 1,640,000 Rooms-Katolieke (41 per sent), onder wie baie min werk gedoen word. In die stede is baie van die priesters skynbaar baie

 

Gaan 'n rukkie neem voordat hierdie ordentlik ge- OCR sal wees. Kom nou: Indien elke persoon net één bladsy oortik en aanstuur, het ons die boek op die net sommer baie vinnig! i m @ t h e z i r . c o m (sonder die spasies) Die Belofte is vir U.zip [22,185,911 bytes]

Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.