Die belofte is vir U

DIE BELOFTE IS VIR U

10,000 Myl van wondere - na Palestina

J.Edwin Orr

In Afrikaans:

Mev M.M. Oberholzer

Uitgegee deur die:

C.S.V Boekhandel

Stellenbosch

1936

"Julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom toe sal roep"

 

 

   

aand het ons saamgespan met die offisiere van die Interlaken-Heilsleër en 'n heerlike vergadering in die skoolhuis gehad. Dit was na die Christene hul terugval bely het en die volheid van die Gees begeer het, dat vier jongmense besluit het om Christus as hul Verlosser aan te neem. Nog laat die aand het die Heilsleër-Offisiere persoonlik aan hulle aandag gegee.

Al te gou het my besoek op 'n end gekom. Maar die Here het my op 'n taamlik vreemde wyse die nodige fondse gestuur om 'n endjie verder te reis. 'n Vriend van Mevr. Wasserzug het my uitgenooi om op die Sondag 'n vergadering in sy kerk toe te spreek. Ek het dus Saterdag in die ou stad van Aaron aangekom en in die Vry Hervormde Kerk gepraat. Pfarrer Gutcher, die pastor, is 'n vrome man wat vol verwagting is vir herlewing.

Ek wou na Praag gaan. Maar dit was 'n lang afstand deur drie lande, dus was ek in die twyfel wat om te doen. Op weg na die stasie het ek 'n koevert in my jassak gevind, dit oopgemaak en daarin 'n som geld gevind met die woorde, ,, aan liewe Mnr. Orr, vir sterk tee.,> Sonder twyfel iemand wat geweet het dat ek 'n ler is! In dele van die vasteland word 'n mens lig-gekdeurde water gegee wat deur die bewoners verkeerd tee genoem word. Hulle voorsien jou ook van 'n bekertjie warm water in geval dit te sterk is!

Op die stasie het 'n man met wie ek 'n paar uur te vore kennis gemaak het, my 'n kaartjie na Zurich oorhandig. Daarna het Pastor Gutcher opgedaag met 'n anonieme gif van geld. Dit was net genoeg om my na Praag te neem.

In die middel van die nag, terwyl ek geslaap het, het die trein oor die grens van Switserland gegaan.

Betekenisvolle Switserland! Die moontlikhede van 'n opwekking is geweldig.

 

Gaan 'n rukkie neem voordat hierdie ordentlik ge- OCR sal wees. Kom nou: Indien elke persoon net één bladsy oortik en aanstuur, het ons die boek op die net sommer baie vinnig! i m @ t h e z i r . c o m (sonder die spasies) Die Belofte is vir U.zip [22,185,911 bytes]

Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.