|
HOOFSTUK III DIE BLOUE DONAU
Daar is iets baie bekoorliks omtrent die Donau-rivier. Sy tweeduisend myl, van die bron na die mond, is baie interessant, vol van geskiedenis, van geografie, van romanse.
Met sy oorsprong in die Swarte Woud van Suid-Duitsland, loop die Donau deur Tsjeggoslowakye, Oostenryk, Hongarye, Jugoslawië, Bulgarye, en Roemenië, waar dit uiteindelik sy miljoene gellings water in die Swart See ledig.
Ek sal dus die verhaal van my omswerwings in hierdie sewe lande vertel, net soos 'n mens die verhaal van die Kronkelinge van die Bloue Donau sou meedeel. Soos die leser sal opmerk, is daar regverdiging vir die verband.
TSJEGGOSLOWAKYE-Die Land van Hus. Vroeg een oggend, toe ek op weg was van Munchen na Praag, het ek my eerste gesig van die Donau by Regensburg in Beiere gekry. Na ek deur die groot Boheemse Woud gegaan het, het ek dieselfde namiddag Praag, die drukke hoofstad van Tsjeggoslowakye bereik. Ek het allereers na die Poskantoor gegaan, toe 'n goedkoop kamer in 'n hotel bespreek en daarna die vriend van 'n man wat ek in Warskau ontmoet het, gaan soek. Al drie ondernemings is met sukses bekroon. Ek het die genoeë gehad om saam met die genoemde persoon te gaan stap en met hom te praat. Hy het my vertel dat,, hy gedink het dat ek my klaarmaak om na Amerika te gaan, en besluit het om aan my te skrywe en my te vra om eers na Praag te kom. Nou het hy dit 'n bietjie minder as 'n |