 |
wonderwerk beskou dat die persoon aan wie hy soveel gedink het, in werklikheid gekom het."
Daardie aand het ek teruggeloop na die hotel, die portier gelas om my om 6.15 v.m. te laat wakkermaak, en na bed gegaan. Net voor ek gaan slaap het, het ek 'n kennisgewing agter my deur gesien. Dit was die tarief in Tsjeggies en Duits.
„ Meer geld," sê ek vir myself, toe ek opmerk dat die prys vir die kamer twintig krone was, plus een kroon vir die kamerbediende. Klop-Klop-Klop! Ek spring op en roep uit, „ Ja?" Die deur gaan oop en die portier oorhandig my my rekening. Vir 'n oomblik was ek verbysterd. „ Kan hy my nie tot die oggend vertrou nie?" het ek gedink. Die portier aarsel. „ Ek het u die rekening gegee, maar u nie betaal-" „ Wat bedoel hy?" dink ek by myself. Die portier aarsel weer en begin weer, ,, Ek het u die rekening gegee, maar dit is betaal-" Ek het die rekening oopgemaak en gevind dat dit 'n kwitansie was. „ Maar ek het jou niks geld gegee nie!" sê ek, maar dink daarby, „ Word ek vergeetagtig ? Het ek vooruit betaal?" „ U gee my niks geld nie," verduidelik die portier, „ Maar u vriend kom hier net nou betaal dit." „ Natuurlik," sê ek toe ek die posisie begryp. „ My vriend het dit vooruit betaal. Dankie. Goeie nag." Ek het die deur agter hom toegemaak. „ H'mf!" het ek hardop gesê, eers in Tsjeggies en toe in Duits. Kort daarna was ek rustig aan die slaap in die bed wat op so 'n vreemde wyse voorsien was. Praag, die hoofstad van die nuwe republiek van Tsjeggoslowakye, deur die Vredesverdrae gestig, is 'n |