| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHűW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWčshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWčshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Ahasvéros trou met Ester,('n Jodin,) wat 'n sameswering teen die koning openbaar maak namens Mórdegai. EST 2:1 : TOE ná die dinge die woede van koning Ahasvéros bedaar het, het hy aan Vasti gedink en aan wat sy gedoen het en wat oor haar besluit is. EST 2:2 : Toe sę die jongmanne van die koning wat hom dien: Laat hulle vir die koning maagde soek wat mooi van aansien is; EST 2:3 : en laat die koning beamptes aanstel in al die provinsies van sy koninkryk, dat hulle al die maagde wat mooi van aansien is, bymekaar laat kom in die vesting Susan, in die vrouehuis, onder toesig van Hege, die hofdienaar van die koning, die bewaker van die vroue; en laat hulle skoonheidsmiddele aan hulle gee. EST 2:4 : En die jongmeisie wat die koning geval, moet in die plek van Vasti koningin word. Hierdie woord dan was goed in die oë van die koning, en hy het so gedoen. EST 2:5 : Daar was 'n man van JeHűWdah in die vesting Susan met die naam van Mórdegai, die seun van Jaďr, die seun van Símeď, die seun van Kis, 'n Benjaminiet, EST 2:6 : wat uit Jerusalem weggevoer was onder die ballinge wat in ballingskap moes gaan saam met JegonJaH, die koning van JeHűWdah, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het. EST 2:7 : En hy was die opvoeder van Hadássa, sy is Ester, die dogter van sy oom, want sy het geen vader of moeder gehad nie; en die jongmeisie was skoon van gestalte en mooi van aansien, en by die dood van haar vader en haar moeder het Mórdegai haar as sy dogter aangeneem. EST 2:8 : En toe die bevel van die koning en sy wet bekend gemaak is, en baie meisies in die vesting Susan onder toesig van Hegai byeengebring is, het hulle Ester ook saamgeneem na die paleis van die koning, onder toesig van Hegai, die bewaker van die vroue. EST 2:9 : En die meisie het hom geval en guns by hom gevind; daarom het hy gou gemaak om haar die nodige skoonheidsmiddele en die regte ete te gee en haar die sewe uitgesoekte meisies uit die paleis van die koning te verskaf; en hy het haar met haar meisies verplaas na die beste gedeelte van die vrouehuis. EST 2:10 : Ester het haar volk en haar afkoms nie te kenne gegee nie, omdat Mórdegai haar beveel het om dit nie te vertel nie. EST 2:11 : En Mórdegai het dag vir dag voor die voorhof van die vrouehuis gewandel om te verneem na die welstand van Ester en wat met haar sou gebeur. EST 2:12 : En as die beurt van elke meisie aankom om na koning Ahasvéros in te gaan, nadat twaalf maande lank met haar volgens die wet vir die vroue gehandel is - want so lank het die dae van hulle voorbereiding geduur: ses maande lank met mirre-olie en ses maande met balsem en ander skoonheidsmiddele van die vroue - EST 2:13 : as die meisie dan so na die koning ingaan, word alles wat sy sę, aan haar gegee, dat dit saam met haar uit die vrouehuis na die koninklike paleis kan gaan. EST 2:14 : As sy in die aand ingaan en in die môre terugkom na die tweede vrouehuis onder toesig van Saäsgas, die hofdienaar van die koning wat die byvroue bewaak, dan mag sy nie weer by die koning ingaan nie, behalwe as die koning behae in haar vind en sy by die naam geroep word. EST 2:15 : Toe die beurt van Ester, die dogter van Abígail, die oom van Mórdegai, wat haar as sy dogter aangeneem het, kom om in te gaan na die koning, het sy niks verlang nie, behalwe wat Hegai, die hofdienaar van die koning wat die vroue bewaak, gesę het; en Ester het guns gevind in die oë van almal wat haar gesien het. EST 2:16 : Ester is toe by koning Ahasvéros in sy koninklike paleis opgeneem in die tiende maand, dit is die maand Tebet, in die sewende jaar van sy regering. EST 2:17 : En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die maagde; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti. EST 2:18 : En die koning het 'n groot maaltyd aangerig vir al sy vorste en sy dienaars, die maaltyd van Ester, en hy het 'n vrye dag bepaal vir die provinsies en geskenke gegee, eg koninklik! EST 2:19 : En toe die maagde vir die tweede keer versamel is, terwyl Mórdegai in die poort van die koning sit - EST 2:20 : Ester het haar afkoms en haar volk nie te kenne gegee nie, soos Mórdegai haar beveel het; en Ester het die bevel van Mórdegai opgevolg soos toe sy by hom opgevoed is - Die droomgesig van Mórdegai. Hy ontdek 'n sameswering. EST 2:20A: IN die tweede jaar van die regering van die beroemde Ahasvéros, op die eerste dag van die maand Nisan(Abib), het Mórdegai, die seun van Jaďr, die seun van Simeď die seun van Kis 'n Benjaminiet, 'n droom gesien. EST 2:20B: Hy was 'n man van JeHűWdah wat in die stad Susan gewoon het; hy was hoog in aansien en een van die belangrikste manne in die koninklike paleis. EST 2:20C : Hy het tot daardie ballinge behoort wat Nebukadnésar, die koning van Babel, saam met JegónJaH, die koning van JeHűWdah, uit Jerusalem weggevoer het. EST 2:20D : En dit was sy droom: Daar het 'n geroep en 'n geraas ontstaan, en donderslae en aardbewinge, en 'n groot verwarring op die Aarde. EST 2:20E : En kyk, twee groot Drake het teenoor mekaar gestaan, en hulle was gereed om te veg. EST 2:20F : En toe hulle skreeu, het al die nasies hulle voorberei vir die stryd teen die volk van die regverdiges. EST 2:20G : Dit was 'n dag van duisternis en gevaar, van verdrukking en benoudheid; en 'n geweldige Vrees het oor die Aarde gekom. EST 2:20H : Die volk van die regverdiges was ontsteld, want hulle het groot besoedeling vir hulleself verwag en hulle het hulle voorberei om te sterwe. EST 2:20I : Hulle het na Elohim geroep. En terwyl hulle roep, het 'n klein Fontein vermeerder tot 'n baie groot rivier en voortgevloei soos 'n magtige stroom. [Sirah 24:30-31] EST 2:20J : Lig en die son het gekom; en die wat verdruk is, het hulle verhef en die hoogmoediges verslind. EST 2:20K : Toe Mórdegai hierdie dinge gesien het, het hy opgestaan van sy bed, en hy het gepeins wat Elohim voornemens was om te doen. En hy het die droomgesig vasgehou in sy gees, omdat hy begeer het om die sin daarvan te verstaan. EST 2:20L : In daardie tyd het hy in die poort van die koning gesit met Bigtan en Teres, twee hofdienaars van die koning, wat drumpelwagters van die paleis was. EST 2:20M : En omdat hy hulle oorleg in die oog gehou het en noukeurig ag gegee het op hulle voorsorge, het hy ontdek dat hulle pogings gaan aanwend om die hand te slaan aan koning Ahasvéros; en hy het die koning daaroor verwittig. EST 2:20N : Die koning het hulle twee ondervra, en toe hulle beken, het hy beveel om hulle ter dood te bring. EST 2:20O : Maar die koning het die gebeurtenisse ook in die kroniekboeke beskrywe, terwyl ook Mórdegai dit opgeskryf het tot gedagtenis. EST 2:20P : Ook het die koning hom opdrag gegee om in die koninklike hof te woon, en hy het hom vir die aanbring met geskenke beloon. EST 2:21 : In dié dae dan, terwyl Mórdegai in die poort van die koning sit, het Bigtan en Teres, twee hofdienaars van die koning, drumpelwagters, kwaad geword en getrag om die hand aan koning Ahasvéros te slaan. EST 2:22 : Maar Mórdegai het dit te wete gekom en dit aan koningin Ester meegedeel; en Ester het dit uit naam van Mórdegai aan die koning gesę. EST 2:23 : Toe die saak ondersoek en so bevind is, is hulle twee aan 'n galg opgehang; en dit is in die kroniekboeke voor die koning beskrywe. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |