1   2   3   4   5   6   7   8   9   10
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

EST 5:1 : OP die derde dag het sy die klere van haar voorbereiding afgelê en haar koninklik aangetrek.

EST 5:1A : En terwyl sy glans in koninklike prag, het sy JaHWeH aangeroep as haar Leier en Redder. Daarna het sy twee dienaresse geneem;

EST 5:1B : en op die een het sy geleun, asof sy deur vreugde en besondere fynheid nie by magte was om regop te gaan nie;

EST 5:1C : en die ander meisie het agter haar meesteres gekom om haar kleed op te hou, wat tot die Aarde afhang.

EST 5:1D : Self het sy agter die rooskleur op haar gesig en agter haar vriendelike en stralende oë die droefheid verberg van haar hart, wat saamgetrek het vanweë haar groot vrees.

EST 5:1E : Sy het agtereenvolgens deur al die deure gegaan en toe teenoor die koning bly staan, waar hy in sy koninklike kleed op sy troon sit, glansend deur goud en edelstene; hy was vreeswekkend om te sien.

EST 5:1F : Toe hy sy hoof ophef en sy vlammende oë die woede van sy hart verraai, het die koningin onwel geword; haar kleur het verbleek, en sy het haar hoof magteloos laat rus op haar dienares.

EST 5:1G : Maar Elohim het die koning se hart verteder. Hy het skielik vol sorg opgespring van sy troon en haar in sy arms ondersteun, totdat sy herstel het. En op 'n vertroulike toon het hy gesê:

EST 5:1H : Wat is dit, Ester? Ek is jou broer; moenie bevrees wees nie!

EST 5:1I : jy sal nie sterwe nie. Hierdie wet is nie vir jou gemaak nie maar vir die algemeen.

EST 5:1J : Kom dus naderby, en raak aan die septer.

EST 5:1K : Maar toe sy nog swyg, het hy die goue staf geneem en op haar nek gelê. En hy het haar gekus en gesê: Hoekom praat jy nie met my nie?

EST 5:1L : En sy het geantwoord: Ek het u gesien, meester, soos 'n engel van Elohim; en my hart was ontstel uit vrees vir u majesteit.

EST 5:1M : Want u is bewonderenswaardig in 'n groot mate, heer, en u aangesig is vol bevalligheid.

EST 5:1N : Maar terwyl sy praat, het sy opnuut onwel geword en byna in onmag geval.

EST 5:1O : Toe het die koning ongerus geword, en al sy dienaars het haar getroos.

EST 5:1P : Op die derde dag het Ester haar koninklik aangetrek en gaan staan in die binneste voorhof van die paleis van die koning, teenoor die saal van die koning, terwyl die koning op sy koninklike troon sit in die koninklike saal, teenoor die ingang van die saal.

EST 5:2 : En net toe die koning koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy barmhartigheid in sy oë gevind; en die koning het die goue septer wat in sy hand was, na Ester uitgesteek; en Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak.

EST 5:3 : Toe sê die koning vir haar: Wat wil jy hê, koningin Ester, of wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk - dit sal jou gegee word.

EST 5:4 : Daarop antwoord Ester: As die koning dit goedvind, laat die koning dan vandag met Haman na die maaltyd kom wat ek vir hom berei het.

EST 5:5 : En die koning sê: Bring Haman gou, dat ons kan handel volgens die woord van Ester! En die koning en Haman het gegaan na die maaltyd wat Ester berei het.

EST 5:6 : En terwyl hulle wyn drink, sê die koning vir Ester: Wat is jou bede? - dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk - daaraan sal voldoen word.

EST 5:7 : Daarop antwoord Ester en sê: My bede en my versoek is:

EST 5:8 : As ek barmhartigheid gevind het in die oë van die koning, en as die koning dit goedvind om my bede toe te staan en aan my versoek te voldoen, laat die koning en Haman na die maaltyd kom wat ek vir hulle sal berei, dan sal ek môre na die wens van die koning handel.

EST 5:9 : En op dié dag het Haman bly en opgeruimd heengegaan; maar toe Haman Mórdegai in die poort van die koning sien en dat hy nie opstaan of vir hom bevrees is nie, was Haman met woede vervul teen Mórdegai.

Haman wil Mórdegai laat ophang, maar word gedwing om hom grootliks te eer.

EST 5:9A : MAAR Haman, die seun van Hammedáta, die Bugeër, wat in die hoogste aansien gestaan het by die koning, het besluit om Mórdegai en sy volk skade te berokken vanweë die twee hofdienaars van die koning, wat ter dood gebring is.

EST 5:10 : Maar Haman het hom bedwing; en toe hy by sy huis kom, laat hy sy vriende en sy vrou Seres haal;

EST 5:11 : en Haman vertel hulle van die glorie van sy rykdom en van die veelheid van sy seuns en van alles waarin die koning hom groot gemaak het en hoe hy hom verhef het bo die vorste en die dienaars van die koning.

EST 5:12 : Verder sê Haman: Selfs het koningin Ester niemand saam met die koning na die maaltyd laat kom wat sy aangerig het nie, as net vir my, en ook vir môre is ek deur haar genooi saam met die koning.

EST 5:13 : Maar dit alles baat my niks, solank as ek die man van JeHûWdah Mórdegai in die poort van die koning sien.

EST 5:14 : Toe sê sy vrou Seres en al sy vriende vir hom: Laat hulle 'n galg van vyftig voorarm hoog maak, en sê môre vroeg aan die koning dat hulle Mórdegai daaraan moet ophang; gaan dan vrolik saam met die koning na die maaltyd. Dié woord het Haman geval, en hy het die galg laat maak.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
5
Pablo Software Solutions Datum
OT