| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
EST 4:1 : TOE Mórdegai verneem alles wat gebeur het, het Mórdegai sy klere geskeur en 'n roukleed aangetrek, en daar was as op sy hoof; en hy het uitgegaan dwarsdeur die stad en hardop en bitter geskreeu.
Mórdegai bid tot JaHWeH EST 4:1A : Mórdegai het tot JaHWeH gebid en aan al Sy werke gedink. EST 4:1B : En hy het gesê: my Meester JaHWeH Almagtige Koning, omdat alles aan U mag onderwerp is en daar niemand is wat U Wil kan weerstaan nie, wanneer U wil besluit om JisraEl te red. EST 4:1C : U het die Hemele en die Aarde gemaak en alles wat onder die Hemele is. EST 4:1D : U is die Elohey van alles, en daar is niemand wat my Meester kan weerstaan nie. EST 4:1E : U ken alles, en U weet dat ek nie uit hoogmoed of minagting of enige eersug gehandel het nie, toe ek weier om neer te val voor daardie verwaande Haman. EST 4:1F : Want ter wille van die welsyn van JisraEl sou ek bereid wees om met gretigheid selfs sy voetspore te kus. EST 4:1G : Maar ek het gevrees dat ek die eer van my Elohey sou oordra na 'n mens, en dat ek nie Elohim nie, maar 'n mens sou aanbid. EST 4:1H : Nou dan my Meester JaHWeH, Elohey van Abraham, ontferm U oor U volk! Want ons vyande wil ons uitroei en U Erfdeel verdelg. EST 4:1I : Verag U nie U Erfdeel wat U vir Uself uit Egipte gelei het nie! EST 4:1J : Hoor my smeking, en wees U lot en meetsnoer barmhartig! Verander ons rou in Vreugde, sodat ons sal lewe en U Naam loof, JaHWeH! Sluit nie die monde toe wat U lofsing nie! EST 4:1K : En ook die hele JisraEl het in dieselfde gees deur smeekbedes geroep na JaHWeH, omdat hulle deur 'n gewisse dood gedreig is. EST 4:2 : So het hy dan tot voor die poort van die koning gekom; want niemand het met 'n roukleed aan by die poort van die koning mag ingaan nie. EST 4:3 : En in al die provinsies waar die bevel van die koning en sy wet ook al aankom, was daar groot rou onder die manne van JeHûWdah met vas en geween en rouklag; baie het sak en as onder hulle uitgesprei. EST 4:4 : Toe die meisies van Ester en haar hofdienaars kom en haar dit meedeel, was die koningin baie beangs, en sy het klere gestuur om Mórdegai dit aan te trek en om sy roukleed van hom weg te neem; maar hy het dit nie aangeneem nie. EST 4:5 : Hierop roep Ester Hatag, een van die hofdienaars van die koning, wat hy in haar diens gestel het, en beveel hom om na Mórdegai te gaan om te verneem wat dit beteken en waarom dit gebeur. EST 4:6 : En Hatag het uitgegaan na Mórdegai na die stadsplein wat voor die poort van die koning gelê het. EST 4:7 : Toe deel Mórdegai hom mee alles wat hom oorgekom het, en die juiste bedrag van die silwer wat Haman beloof het om in die skatte van die koning af te weeg as prys vir die manne van JeHûWdah om hulle uit te roei. EST 4:8 : En hy het hom 'n afskrif gegee van die bevelskrif wat in Susan uitgevaardig was om hulle te verdelg, sodat hy dit aan Ester kon wys en haar die saak kon meedeel en haar kon opdra om na die koning te gaan om hom barmhartigheid te vra en by hom 'n voorspraak te wees vir haar volk. EST 4:9 : Daarop het Hatag ingegaan en die woorde van Mórdegai aan Ester meegedeel. EST 4:10 : Toe sê Ester vir Hatag, terwyl sy hom 'n opdrag gee aan Mórdegai: EST 4:11 : Al die dienaars van die koning en die volk van die provinsies van die koning weet dat vir elke man of vrou wat na die koning in die binneste voorhof ingaan, sonder dat hy geroep is, een en dieselfde wet geld: hy moet gedood word; behalwe wanneer die koning sy goue septer na hom uitsteek, dat hy mag lewe; en ek is nou al dertig dae lank nie geroep om by die koning in te kom nie. EST 4:12 : En hulle het die woorde van Ester aan Mórdegai meegedeel. EST 4:13 : Daarop sê Mórdegai dat hulle Ester moes antwoord: Verbeel jou nie dat jou siel alleen uit al die manne van JeHûWdah in die huis van die koning sal vrykom nie. EST 4:14 : Want as jy nou werklik swyg, sal daar van 'n ander kant af verligting en redding vir die manne van JeHûWdah tot stand kom, maar jy en jou familie sal omkom, en wie weet of jy nie met die oog op 'n tyd soos hierdie tot die koninklike waardigheid geraak het nie? Ester gaan na die koning met 'n versoek. EST 4:14A : EN hy [dit is ongetwyfeld Mórdegai] het haar gelas om na die koning te gaan, en om hom te smeek vir haar volk en haar deel van die Aarde. EST 4:14B : Hy het gesê: dink aan die dae van jou geringheid, en hoe jy deur my hand gevoed is. Want Haman, wat eerste agter die koning kom, het dinge gepraat wat ons dood sal veroorsaak. EST 4:14C : jy dan, roep na JaHWeH en spreek tot die koning vir ons, en verlos ons van die dood. EST 4:15 : Toe sê Ester dat hulle Mórdegai moes antwoord: EST 4:16 : Gaan heen, versamel al die manne van JeHûWdah wat in Susan te vinde is, en vas julle om my ontwil; en julle moet nie eet en drink nie, drie dae lank, nag en dag; ek ook met my dienaresse sal ook so vas; so sal ek na die koning ingaan, wat nie volgens wet is nie, en as ek omkom, dan kom ek om. EST 4:17 : En Mórdegai het heengegaan en gedoen net soos Ester hom opgedra het. Ester smeek JaHWeH deur boete en gebed. EST 4:17A : OOK koningin Ester het haar toevlug geneem tot JaHWeH, want sy het gebewe voor die dreigende gevaar. EST 4:17B : Sy het haar koninklike kleed afgelê en klere aangetrek wat pas by trane en rou; en in plaas van verskeie salfolies het sy as en vuilgoed op haar hoof gesprei, en sy het haar liggaam onderwerp deur te vas. En die plekke waar sy vroeër vrolik gevoel het, was nou vol hare wat sy uitgetrek het. EST 4:17C : En sy het JaHWeH die Elohey van JisraEl gesmeek en gesê: My Elohey, U alleen is ons Koning! Help my wat eensaam is, en vir wie daar geen ander helper is as U nie. EST 4:17D : Die gevaar is in my hande. EST 4:17E : Van my vader het ek gehoor dat U, JaHWeH, JisraEl uit al die ander nasies afgesonder het en ons vaders weer uit hulle voorgeslag, sodat U 'n ewige Erfdeel sou besit. En U het aan hulle gedoen soos U gespreek het. EST 4:17F : Ons het oortree voor U Aangesig. Daarom het U ons oorgelewer in die hande van ons vyande. EST 4:17G : Want ons het hulle gode aanbid. JaHWeH, U is regverdig. EST 4:17H : Maar nou is dit vir hulle nie genoeg om ons deur swaar diensbaarheid te verdruk nie, dog hulle skryf selfs die krag van hulle hande toe aan die mag van hulle gode. EST 4:17I : So wil hulle U beloftes verydel en U Erfdeel uitroei en die monde toesluit wat U loof, en die Glansrykheid van U Apartheidsplek en altaar verdelg. EST 4:17J : Dan kan hulle die monde van die nasies oopmaak en die mag van die idole loof, en hulle kan 'n liggaamlike koning verhoog tot in ewigheid. EST 4:17K : JaHWeH, lewer U Septer nie uit aan die wat nie is nie, sodat hulle nie sal lag oor ons ondergang nie. Maar keer hulle planne teen hulleself; en verdelg hom wat teen ons losgebreek het. EST 4:17L : Wees gedagtig, JaHWeH, en toon U aan ons in die tyd van ons verdrukking! Gee my vertroue, JaHWeH, Koning van die Elohim en van al die heerskappye. EST 4:17M : Lê gepaste woorde in my mond voor die aangesig van die leeu, en neig sy hart tot haat teen ons vyand, sodat die self uitgeroei word saam met sy medestanders. EST 4:17N : Maar ons, red ons deur U Hand; en help my, wat geen ander hulp het as alleen U, JaHWeH, wat alles weet! EST 4:17O : U weet dat ek die roem van wetteloses haat, en dat ek afkerig is van die bed van onbesnedenes en van elke vreemdeling. EST 4:17P : U weet dat ek gedwing is maar dat ek afkerig is van daardie teken van my verhoging en eer wat ek op my hoof dra op die dae van openbare vertoon, en dat ek dit haat soos die doek van 'n vrou; sodat ek dit op stil dae nie dra nie. EST 4:17Q : U weet dat ek van Haman se tafel nie geëet het nie, dat ek die maaltyd van die koning nie geniet nie, en dat ek van die wyn van die plengoffers nie gedrink het nie; EST 4:17R : en dat U diensmaagd, vanaf die dag dat ek na hierdie plek geneem is tot vandag toe, in niks anders Vreugde gevind het nie as alleen in U JaHWeH, Elohey van Abraham! EST 4:17S : JaHWeH, wat magtiger as al die mense is, hoor na die stem van die wat geen ander hoop het nie; en red U ons uit die hand van die wetteloses, en verlos U my van my vrees. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |