| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Haman kry volmag van die koning om die manne van JeHûWdah uit te roei. EST 3:1 : NÁ hierdie dinge het koning Ahasvéros Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, groot gemaak en hom verhoog en sy setel hoër gestel as dié van al die vorste wat by hom was. EST 3:2 : En al die dienaars van die koning wat in die poort van die koning was, het gebuig en voor Haman neergeval; want so het die koning aangaande hom bevel gegee; maar Mórdegai het nie gebuig of neergeval nie. EST 3:3 : En die dienaars van die koning, in die poort van die koning, het aan Mórdegai gesê: Waarom oortree jy die gebod van die koning? EST 3:4 : En toe hulle hom dit elke dag sê, en hy nie na hulle luister nie, het hulle dit aan Haman meegedeel om te sien of die handelwyse van Mórdegai sou standhou, want hy het hulle te kenne gegee dat hy 'n man van JeHûWdah was. EST 3:5 : Toe Haman sien dat Mórdegai nie buig en voor hom nie neerval nie, was Haman met woede vervul. EST 3:6 : Maar hy het dit vir hom te gering geag om die hand aan Mórdegai alleen te slaan; want hulle het hom die volk van Mórdegai te kenne gegee. Daarom het Haman daarna gesoek om al die manne van JeHûWdah wat in die hele koninkryk van Ahasvéros was, die volk van Mórdegai, te verdelg. EST 3:7 : In die eerste maand, dit is die maand Nisan(Abib), in die twaalfde jaar van koning Ahasvéros, het hulle die Pur, dit is die lot, voor Haman gewerp vir elke dag en vir elke maand, twaalf in getal, dit is die maand Adar. EST 3:8 : Toe sê Haman aan koning Ahasvéros: Daar is een volk wat verstrooid en afgesonderd is tussen die volke in al die provinsies van u koninkryk, en hulle Wette is anders as dié van enige volk; ook hou hulle die wette van die koning nie, sodat dit die koning nie pas om hulle te laat begaan nie. EST 3:9 : As die koning dit goedvind, laat daar dan geskrywe word om hulle te verdelg, en ek sal tienduisend talente silwer afweeg in die hande van die beamptes om dit by die skatte van die koning te voeg. EST 3:10 : Toe trek die koning sy seëlring van sy hand af en gee dit aan Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, die teëstander van die manne van JeHûWdah. EST 3:11 : En die koning het aan Haman gesê: Die silwer word jou geskenk; ook die volk, om daarmee te doen soos goed is in jou oë. EST 3:12 : Toe is die skrywers van die koning geroep in die eerste maand, op die dertiende dag daarvan, en daar is geskrywe net soos Haman beveel het aan die landvoogde van die koning en aan die goewerneurs wat oor elke provinsie was, en aan die vorste van elke volk, aan elke provinsie volgens haar skrif en aan elke volk in sy taal; in die naam van koning Ahasvéros is dit geskrywe en verseël met die seëlring van die koning. Die teks van die bevelskrif teen die manne van JeHûWdah. EST 3:12A : Ahasvéros, die grootste koning, aan die landvoogde van die honderd sewe en twintig provinsies vanaf Indië tot Etiopië, en aan die ondergeskikte bestuurders, groete! EST 3:12B : Ofskoon ek oor 'n groot menigte nasies geheers het en die hele wêreld aan my heerskappy onderwerp het, was dit nooit my bedoeling om die grootheid van my mag te misbruik nie; maar wel om my onderdane met goedertierenheid en welwillendheid te regeer, sodat hulle rustig en vry van verskrikking sou lewe en die vrede sou geniet wat enige sterfling begeer. EST 3:12C : Ek het my raadgewers gevra hoe hierdie doel verwesenlik kan word. Toe het een, wat die ander deur wysheid en trou oortref en wat die eerste is na die koning en wie se naam Haman is, EST 3:12D : aan my meegedeel dat 'n sekere volk, wat oor die hele grondgebied versprei is, volgens vreemde Wette leef en dat hulle ingaan teen die gewoontes van al die nasies. Hulle minag die bevele van die koning en verbreek die eendrag onder al die nasies deur hulle vyandige gesindheid. EST 3:12E : Nadat ons hierdie dinge verneem het en ons sien dat alleen hierdie volk wat teen die hele mensdom in opstand gekom het, volgens slegte wette leef en ons verordeninge dwarsboom en daardeur die vrede en eensgesindheid van al ons onderhorige provinsies skend, EST 3:12F : het ons beveel: al diegene wat aangewys word deur Haman, wat aan die hoof staan van al die provinsies en die eerste na die koning is en deur ons soos 'n vader geëer word, saam met hulle vroue en kinders moet uitgeroei word deur hulle vyande op die veertiende dag van die twaalfde maand, dit is die maand Adar van hierdie jaar; en niemand mag hom oor hulle ontferm nie, EST 3:12G : Op hierdie wyse sal die misdadige mense op een dag na die Doderyk/Sheol afdaal en aan ons koninkryk die vrede teruggee wat hulle verbreek het. EST 3:13 : En briewe is gestuur met die hardlopers na al die provinsies van die koning om al die manne van JeHûWdah te verdelg, dood te maak en uit te roei, die seun sowel as die grysaard, die kindertjies en die vroue, op een dag, op die dertiende van die twaalfde maand, dit is die maand Adar, en om hulle besittings as buit te plunder. EST 3:14 : 'n Afskrif van die bevelskrif moes as wet in elke provinsie uitgevaardig en openbaar gemaak word aan al die volke, om gereed te wees teen daardie dag. EST 3:15 : Die hardlopers het haastig op bevel van die koning uitgegaan, en die wet is in die vesting Susan uitgevaardig terwyl die koning en Haman sit en drink; maar die stad Susan was in verwarring. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |