| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Wie is die sterkste? 1EZRA 3:1 : Darius het 'n groot fees vir al sy onderdane gehou, en vir sy hele huishouding, en vir al die prinse van Medië en Persië, 1EZRA 3:2 : en vir al sy vorste en kapteins en luitenante wat onder hom was, vanaf Indië tot Kuwsh, in die honderd sewe-en-twintig provinsies. 1EZRA 3:3 : En toe hulle geëet en gedrink het, en versadig was en huis toe gegaan het, het Darius die koning in sy slaapkamer ingegaan en geslaap en uit sy slaap wakker geword. 1EZRA 3:4 : Toe het die drie jongmanne wat van die koning se lyfwagte was, met mekaar gepraat en gesê: 1EZRA 3:5 : Laat elkeen van ons een spreuk spreek - WIE IS DIE STERKSTE - en hy wie s'n wyser sal wees as die ander, aan hom sal koning Darius groot geskenke gee en groot dinge as teken van oorwinning: 1EZRA 3:6 : Hy sal hom met purper beklee, en uit goue bekers laat drink en op 'n goue bed laat slaap, en 'n strydwa gee wat deur perde met goue tooms getrek word, en 'n hooftooisel van fyn linne en 'n ketting om sy nek: 1EZRA 3:7 : en hy sal langs Darius sit vanweë sy wysheid en hy sal genoem word Darius se bloedvriend. Antwoord van die jongelinge 1EZRA 3:8 : EN toe het elkeen sy spreuk neergeskryf, dit verseël, en dit onder koning Darius se kussing geplaas; 1EZRA 3:9 : en gesê dat wanneer die koning opstaan, sal hulle aan hom die geskrifte gee; en die koning en die drie prinse van Persië sou dit beoordeel om te sien wie s'n die wysste is, en aan hom sal die oorwinning gegee word, soos dit geskryf is. 1EZRA 3:10 : Die eerste het geskryf, Wyn is die sterkste 1EZRA 3:11 : Die tweede het geskryf, Die koning is die sterkste. 1EZRA 3:12 : Die derde het geskryf, Die vrou is die sterkste; maar bowe alles sal die Waarheid oorwin. Die eerste jongeling verklaar sy antwoord 1EZRA 3:13 : TOE die koning opgestaan het, het hulle die geskrifte geneem en dit aan hom gegee, en hy het dit gelees; 1EZRA 3:14 : en toe het hy uitgestuur en al die prinse van Persië en Medië laat roep, en die goewerneurs, en die kapteins, en die luitenante, en die burgermeesters; 1EZRA 3:15 : en hy het gaan sit op die koninklike regterstoel; en die geskrifte is voor hulle gelees. 1EZRA 3:16 : En hy het gesê: Roep die jongmanne, en laat hulle hul spreuke verklaar. Toe is hulle geroep en hulle het ingekom. 1EZRA 3:17 : En hy het aan hulle gesê: Verklaar aan ons wat julle geskrywe het. 1EZRA 3:18 : Toe het die eerste begin, die een wat gepraat het van die krag van die wyn, en hy het so gesê: O julle manne, hoe buitengewoon sterk is wyn! Hy verlei alle mense wat hom drink; 1EZRA 3:19 : hy maak die verstand van die koning en die wilde wese eenders; ook maak hy die verstand van die slaaf en die vryman gelyk, van die dienskneg en die vrye, ook van die arme en die ryke; 1EZRA 3:20 : en hy verander elke gedagte in joligheid en pret, sodat 'n man nie meer aan droefheid of skuld sal dink nie; 1EZRA 3:21 : en hy maak elke hart ryk, sodat 'n man nie meer aan die koning of vors sal dink nie; en hy veroorsaak dat almal van talente [silwer] praat; 1EZRA 3:22 : en wanneer hulle met hul bekers sit, vergeet hulle hul liefde vir beide hulle vriende en broers, en sommer gou-gou trek hulle die swaard; 1EZRA 3:23 : maar wanneer hulle van die wyn herstel het, onthou hulle nie wat hulle gedoen het nie. 1EZRA 3:24 : O menere, is die wyn nie die sterkste terwyl hy ons dwing om hierdie dinge te doen nie? En nadat hy so gespreek het, het hy stil gebly. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |