| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Bouwerk van die Tempel word aangemoedig. Serubbábel en JeHôWshua begin daarmee 1EZRA 6:1 : NOU in die tweede jaar van die heerskappy van Darius, het Haggai en ZekarJaH, [die seun van BerekJaHûW] die seun van Addo, geprofeteer oor die manne van JeHûWdah in JeHûWdah en Jerusalem in die Naam van JaHWeH die Elohey van JisraEl wat op hulle was. 1EZRA 6:2 : Toe het Serubbábel, die seun van ShealtiEl, en JeHôWshua, die seun van JôWtsadak, opgestaan en die Huis van JaHWeH in Jerusalem begin bou, die profete van JaHWeH was met hulle en het hulle gehelp. Sisinnes probeer die bou verhinder 1EZRA 6:3 : OP dieselfde tyd het na hulle gekom Sisinnes, die onder-goewerneur van Aram en Fenícië en Satrabusan en sy metgeselle, en hy het aan hulle gesê: 1EZRA 6:4 : Deur wie se opdrag bou julle hierdie Huis en hierdie dak, en doen julle al die ander dinge en voltooi dit? En wie is die werkers wat hierdie dinge doen? 1EZRA 6:5 : En nadat die ondersoek gedoen is oor die gevangenisse, het die oudstes van die manne van JeHûWdah Barmhartigheid gevind in die Oë van JaHWeH, en hulle is nie van die bouwerk verhinder nie totdat Darius hiervan laat weet is, en die mense ' n antwoord kon bekom. 1EZRA 6:6 : Die afskrif van die briewe wat Sisinnes geskryf het en na Darius gestuur het, is soos volg: 1EZRA 6:7 : Sisinnes, die goewerneur van Aram en Fenícië, en Satrabusan en sy metgeselle wat in Aram en Fenícië owerstes is, wens Darius die koning voorspoed toe. 1EZRA 6:8 : Laat alle dinge bekend wees aan ons meester die koning, dat na ons in die landstreek van JeHûWdah gekom het en die Stad van Jerusalem ingegaan het, dat ons in die Stad van Jerusalem die oudstes van die manne van JeHûWdah gevind het wat uit gevangeskap gekom het, 1EZRA 6:9 : en wat 'n nuwe en groot Huis vir Elohim aan die bou was, met gekapte kosbare steen en die houtwerk in die mure gelê. 1EZRA 6:10 : En daardie werke is gedoen met groot haas, en dit gaan voorspoedig daarmee in hulle hande en met alle eer en ywer word dit gedoen. 1EZRA 6:11 : Toe het ons hierdie oudstes gevra en gesê: Deur wie se bevel bou julle hierdie Huis en lê die fondasies van hierdie werke? 1EZRA 6:12 : En ons het dit aan hulle gevra met die voorneme om u daaroor in te lig deur te skrywe watter manne daaroor aangestel is; en ons het dan ook skriftelik van hulle die name van hulle owerstes geëis. 1EZRA 6:13 : Maar hulle het ons geantwoord en gesê: Ons is die kinders van JaHWeH wat Hemele en Aarde gemaak het. 1EZRA 6:14 : En wat hierdie Huis betref, hy was baie jare gelede gebou deur 'n groot en sterk koning van JisraEl, wat hom voltooi het. 1EZRA 6:15 : Maar toe ons vaders teen die Elohey van JisraEl wat in die Hemele is, oortree het, en Hom verbitter het, het Hy hulle oorgegee aan die mag van Nebukadnésar, koning van Babel van die Chaldeërs 1EZRA 6:16 : wat die Huis afgebreek en hom verbrand het en die mense in gevangeskap weggevoer het na Babel. 1EZRA 6:17 : Maar in die eerste jaar wat koning Kores oor die Aarde van Babel regeer het, het koning Kores geskryf dat hierdie Huis weer herbou sal word. 1EZRA 6:18 : En die gewyde goue en silwer voorwerpe wat Nebukadnésar weggevoer het uit die Huis in Jerusalem en in sy eie tempel geplaas het, het Kores die koning weer uitgeneem met die tempel in Babel en dit aan Serubbábel en aan Sabanasser die onder-goewerneur gegee, 1EZRA 6:19 : met die bevel dat hy hierdie selfde bakke sou wegneem en hulle in die Tempel in Jerusalem terugplaas; en dat die Huis van JaHWeH op hierdie plek herbou moes word. 1EZRA 6:20 : Toe Sabanasser daar aankom, het hy die fondasies gelê van die Huis van JaHWeH in Jerusalem; en van toe af tot nou toe word dit steeds gebou en is hy nog nie heeltemal voltooi nie. 1EZRA 6:21 : Daarom, as dit goed is in die oë van die koning, laat daar ondersoek ingestel word in die rekords van koning Kores; 1EZRA 6:22 : en as dit bevind word dat die herbou van die Huis van JaHWeH gedoen is met die toestemming van koning Kores, en as ons meester, die koning, dit so wil, laat hom ons daarvan in kennis stel. 1EZRA 6:23 : Toe het koning Darius beveel dat daar in die geskrifte van Babel gesoek moet word, en daar is by Ecbatana die paleis, wat in die Aarde van Media was, 'n rol gevind waarin hierdie dinge opgeteken is. 1EZRA 6:24 : In die eerste jaar van die heerskappy van Kores het koning Kores beveel dat die Huis van JaHWeH weer herbou moes word in Jerusalem, waar hulle met voortdurende vuur geslag het; 1EZRA 6:25 : die hoogte van hom sou sestig voorarm wees en die breedte sestig voorarm met drie wande gekapte steen en een wand van nuwe hout van daardie deel van die Aarde; en die uitgawes van hom moes kom uit die Huis van koning Kores 1EZRA 6:26 : en dat die gewyde bakke van die Huis van JaHWeH, beide goud en silwer, wat Nebukadnésar uit die Huis in Jerusalem geneem het, weer teruggebring sou word na die Huis in Jerusalem en weer op die plek gesit word waar hulle voorheen was. Darius bevorder die bou van die Tempel 1EZRA 6:27 : EN hy het ook beveel dat Sisinnes die onder-goewerneur van Aram en Fenícië, en Satrabusan en hulle metgeselle en ander landvoogde, wat in Aram en Fenícië aangestel was, versigtig moet wees om nie in te meng met die plek nie, maar toe te laat dat Serubbábel, die dienskneg van JaHWeH, en owerste van JeHûWdah, en die oudstes van die manne van JeHûWdah, die Huis van JaHWeH op daardie plek bou. 1EZRA 6:28 : Ek het ook beveel dat dit gestaak moet word; en dat hulle moet toesien dat die manne van JeHûWdah wat uit die gevangeskap gekom het, gehelp word totdat die Huis van JaHWeH voltooi is: 1EZRA 6:29 : En ook dat die inkomste uit Celo-Aram en Fenícië met ywer en oorleg aan Serubbábel, die owerste gegee word vir hierdie mense as 'n slagdier aan JaHWeH van osse, ramme en lammers; 1EZRA 6:30 : en ook koring, sout, wyn en olie, gedurende elke jaar gegee word sonder verdere vrae, volgens wat die priesters in Jerusalem sal aantoon wat elke dag gebruik sou word. 1EZRA 6:31 : Want dranke sal gemaak word aan die Hoogste El vir die koning en vir sy kinders, en dat hulle mag bid vir 'n lang lewe. 1EZRA 6:32 : En hy het beveel dat wie ook al oortree, of enigiets wat tevore gespreek of geskryf is, verontagsaam, moet aan 'n balk uit sy eie huis opgehang word, en dat al sy goedere die koning sal toekom. 1EZRA 6:33 : Daarom sal JaHWeH, Wie se Naam daar aangeroep word, elke koning en volk heeltemal vernietig wat sy hand uitsteek om die bou van die Huis van JaHWeH in Jerusalem te verhinder of hom te beskadig. 1EZRA 6:34 : Ek, Darius, die koning, het dit goed gevind dat hierdie dinge gedoen sal word met ywer volgens hierdie voorskrifte. [Vgl. Ezra 5 en 6:1-12]. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |