1   2   3   4   5   6   7   8   9
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die manne van JeHûWdah gaan na Jerusalem. Darius gee hulle geleide

1EZRA 5:1 : HIERNA is die owerstes van die huise volgens hul stamme gekies om op te gaan met hulle vroue en kinders en dogters, met hulle diensknegte en diensmaagde en hulle vee.

1EZRA 5:2 : En Darius het saam met hulle 'n duisend perderuiters gestuur om hulle in vrede geleide te doen na Jerusalem, met musiek, tromme en fluite.

1EZRA 5:3 : En al hulle broers het gespeel, en hy het hulle gedwing om saam met hulle te gaan.

Name van die wat teruggekeer het

1EZRA 5:4 : EN dit is die name van die manne wat opgegaan het na die huise van hul vaders in die stamme, na die verdeling van hulle heerskappy.

1EZRA 5:5 : Die priesters, die kinders van Pínehas, die seun van Aäron: JeHôWshua die seun van JôWtsadak, die seun van SeráJaH, en JeHôWjakin, die seun van Serubbábel, die seun van SalathiEl van die huis van Dawid uit die genelyn van Fares van die stam van JeHûWdah;

1EZRA 5:6 : hy wat die wyse woorde gespreek het voor Darius die koning van Persië in die tweede jaar van sy heerskappy, in die maand Nisan(Abib) wat die eerste maand is.

1EZRA 5:7 : Dit is hulle wat uit JeHûWdah opgetrek het uit gevangeskap waar hulle as vreemdelinge gewoon het, en wat deur Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer is na Babel.

1EZRA 5:8 : En hulle het na Jerusalem teruggekeer en ook na die ander dele van JeHûWdah, elke man na sy eie Stad, wat saam met Serubbábel gekom het met JeHôWshua, NegemJaH en ZebádJaH, en ResaJaH, Enenius, Mardocheus, Belsarus, Asfarasus, Reëlius, Rorinus en Baanas, hulle owerstes.

1EZRA 5:9 : Die getal van hulle wat van die volk was, saam met hulle owerstes was: die kinders van Parosch tweeduisend en honderd-twee-en-sewentig;

1EZRA 5:10 : die kinders van Safat, vierhonderd-twee-en-sewentig: die kinders van Ares sewehonderd-ses-en-vyftig;

1EZRA 5:11 : die kinders van Pahat-Moab: uit die kinders van JeHôWshua en JôWab tweeduisend-agthonderd-en-twaalf;

1EZRA 5:12 : die kinders van Elam 'n duisend-tweehonderd vier-en-vyftig; die kinders van Sathaï negehonderd-vyf-en-veertig; die kinders van Chorvas sewehonderd-en-vyf; die kinders van Bani seshonderd-agt-en-veertig;

1EZRA 5:13 : die kinders van Babai seshonderd-drie-en-dertig; die kinders van Argas drieduisend-tweehonderd-twee-en-twintig;

1EZRA 5:14 : die kinders van Adoníkam seshonderd-sewe-en-dertig; die kinders van Bagoë tweeduisend-ses-en-sestig; die kinders van JôWab vierhonderd-vier-en-vyftig;

1EZRA 5:15 : die kinders van Ater uit EsekiJaH twee-en-negentig; die kinders van Cilas en Azenas sewe-en-sestig; die kinders van Asar vierhonderd-twee-en-dertig;

1EZRA 5:16 : die kinders van Amri honderd-en-een; die kinders van Arom twee-en-dertig; en die kinders van Basse driehonderd-drie-en-twintig; die kinders van Asefurit 'n honderd-en-twee;

1EZRA 5:17 : die kinders van Beter drieduisend-en-vyf;

1EZRA 5:18 : die kinders van Bethlomon 'n honderd-drie-en-twintig; die van Nethofas vyf-en-vyftig; die van Anathoth 'n honderd-agt-en-vyftig; hulle van Bethasmon twee-en-veertig;

1EZRA 5:19 : die van Cariathiri vyf-en-twintig; die van Cathiras en Berogh sewehonderd-drie-en-veertig; die van Pira sewehonderd; Gadiasiete en Ammidiërs vierhonderd-twee-en-twintig;

1EZRA 5:20 : die van Kiramas en Gabbes seshonderd-een-en-twintig; die van Makalon 'n honderd-twee-en-twintig; die van Betolië twee-en-vyftig;

1EZRA 5:21 : die kinders van Nifis 'n honderd-ses-en-vyftig; die kinders van Kalamelali en Onus sewehonderd-vyf-en-twintig;

1EZRA 5:22 : die kinders van Jerechu tweehonderd-vyf-en-veertig;

1EZRA 5:23 : die kinders van Sanaas drieduisend-driehonderd-en-dertig.

1EZRA 5:24 : Die priesters; die kinders van Jeddu die seun van JeHôWshua onder die kinders van Lanasib negehonderd-twee-en-sewentig; die kinders van Emeruth 'n duisend-twee-en-vyftig;

1EZRA 5:25 : die kinders van Fassur 'n duisend-vierhonderd-en-sewe; die kinders van Eharmi 'n duisend-en-sewentien.

1EZRA 5:26 : Die Leviete: die kinders van Jusua en Kadoëli en Banni en Sudi vier-en-sewentig.

1EZRA 5:27 : Die gewyde sangers: die kinders van Asaf 'n honderd-agt-en-twintig.

1EZRA 5:28 : Die deurwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Atar, die kinders van Tolman, die kinders van Dahub, die kinders van Ateta, die kinders van Tobi altesaam 'n honderd-nege-en-dertig.

1EZRA 5:29 : Die diensknegte van die Tempel: die kinders van Hesai, die kinders van Asifa, die kinders van Tabaoth, die kinders van Ceras, die kinders van Suda, die kinders van Faleas,

1EZRA 5:30 : die kinders van Labana, die kinders van Agraba, die kinders van Akud, die kinders van Uta, die kinders van Cetab, die kinders van Akaba, die kinders van Sjiba, die kinders van Anan, die kinders van Cathua,

1EZRA 5:31 : die kinders van Geddur, die kinders van Laïr, die kinders van Desan, die kinders van Noëba, die kinders van Chaseba, die kinders van Casera, die kinders van Osia, die kinders van Finoë, die kinders van Asara,

1EZRA 5:32 : die kinders van Basthaï, die kinders van Assana, die kinders van Mavi, die kinders van Nafis, die kinders van Akuf, die kinders van Achiba, die kinders van Asub, die kinders van Farenaces, die kinders van Basalot, die kinders van Meeda, die kinders van Kouta, die kinders van Charea, die kinders van Charkus, die kinders van Aserer, die kinders van Tomoi, die kinders van Nasit, die kinders van Atifa.

1EZRA 5:33 : Die kinders van die diensknegte van Salomo; die kinders van Asapfioth, die kinders van Farera, die kinders van Jejeli, die kinders van Loson, die kinders van IsdaEl, die kinders van Safni,

1EZRA 5:34 : die kinders van HagiJaH, die seuns van Sachareth, die kinders van SabiJaH, die kinders van Saroth, die kinders van Misaje, die kinders van Gas, die kinders van Addus, die kinders van Suba, die kinders van Aferra, die kinders van Barod, die kinders van Safag, die kinders van Allom.

1EZRA 5:35 : Die volgende het almal gedien in die Tempel, en was die kinders van die diensknegte van Salomo, driehonderd twee-en-sewentig.

1EZRA 5:36 : Die volgende het opgetrek van Thermeleth en Thelersa, deur Charnatalan gelei, en Aalar;

1EZRA 5:37 : maar hulle kon ook nie hulle stede of families uitwys of hoe hulle uit JisraEl stam nie; die kinders van Dalan, die seun van Baëma, die kinders van Nehoda seshonderd-twee-en-vyftig.

1EZRA 5:38 : En uit die priesters wat die priesterskap bedien en wie se geslagsregister nie gevind kon word nie; die kinders van Obdie, die kinders van Akbos, die kinders van Jaddu wat met Augia, een van die dogters van Faëseldeus, getrou het en na sy naam vernoem is.

1EZRA 5:39 : En as die geslagsgeskrif in die register gesoek is en nie gevind is nie, is hulle van die priesteramp onthef:

1EZRA 5:40 : En Nehemia en Attaria het aan hulle gesê dat hulle geen deel sou hê aan die aparte dinge totdat daar 'n hoëpriester opgestaan het wat geklee is met die Openbaring en Waarheid nie.

1EZRA 5:41 : Al die Jisraeliete van twaalf jaar en ouer, sonder die diensknegte en diensmaagde, was in getal twee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig.

1EZRA 5:42 : Hulle knegte en diensmaagde was seweduisend-driehonderd-sewe-en-dertig; die sangers en sangeresse tweehonderd-vyf-en-veertig;

1EZRA 5:43 : vierhonderd-vyf-en-dertig kamele, seweduisend-ses-en-dertig perde, tweehonderd-vyf-en-veertig muilesels, vyfduisend-vyfhonderd-vyf-en-twintig esels.

1EZRA 5:44 : En enigeen onder die owerstes van hulle families, toe hulle in die Tempel van Elohim in Jerusalem kom, het belowe om weer die Huis van Elohim te bou op sy eie plek en volgens hulle vermoëns.

1EZRA 5:45 : En om aan die gewyde skatkis van die werke, 'n duisend talente goud te gee, vyfduisend silwer en 'n honderd priesterlike gewade.

1EZRA 5:46 : En die priesters en die Leviete van die volk het in Jerusalem gewoon en in die landelike gebiede, en die gewyde sangers, asook die deurwagters; en die hele JisraEl in hulle dorpe.

1EZRA 5:47 : Maar toe die sewende maand op hande was, en die kinders van JisraEl elkeen in sy eie woonplek was, het hulle almal eendragtig saamgekom in die voorhof van die eerste Poort wat na die ooste was.

1EZRA 5:48 : Toe het JeHôWshua, die seun van JôWtsadak, opgestaan asook sy broers, die priesters, en Serubbábel, die seun van ShealtiEl, en sy broers,

1EZRA 5:49 : en hulle het die altaar van die Elohim van JisraEl gereedgemaak om brandoffers op hom te slag soos dit uitdruklik beveel is in die Boek van Moshè, die man van Elohim.

Die altaar word opgerig

1EZRA 5:50 : EN hulle het die altaar opgerig op sy plek, hoewel daar van die ander volke van die Aarde teen hulle versamel het, want al die volke van die Aarde was in vyandskap met hulle.

1EZRA 5:51 : Want al die volke wat op die Aarde was, het hulle versterk. En hulle het slagdiere geslag volgens die tyd en brandoffers aan JaHWeH, beide oggend en aand.

1EZRA 5:52 : Ook het hulle die Fees van Takskuilings gevier soos wat dit in die Wet beveel word, en hulle het daaglikse [vuurbereidings] gebring volgens voorskrif; en daarna die voortdurende spysbydrae en die bydrae van die Sabbatte, en van die vernuwings, en van al die ander feesdae, voor hulle wat gewy was. [Levítikus 23:37,38]

1EZRA 5:53 : En almal van hulle wat 'n belofte aan Elohim gemaak het, het begin om slagdiere aan Elohim te slag vanaf die eerste dag van die sewende maand, alhoewel die Tempel van Elohim nog nie herbou was nie.

1EZRA 5:54 : En hulle het aan die bouers en skrynwerkers silwer gegee, spys en drank.

1EZRA 5:55 : Aan die Sidoniërs en ook Tiriërs het hulle rytuie gegee sodat hulle sederbome van Libanon kon bring om op vlotte oor te vaar na die hawe van Jafo, soos wat hulle beveel was deur Kores, koning van Persië.

1EZRA 5:56 : En in die tweede jaar en tweede maand na sy koms na die Tempel van Elohim in Jerusalem, het Serubbábel, die seun van ShealtiEl, en JeHôWshua die seun van JôWtsadak en hulle broers en die priesters en die Leviete, en almal hulle wat na Jerusalem gekom het uit gevangeskap, daarmee begin.

Fondasie van die Tempel word gelê

1EZRA 5:57 : EN hulle het die fondament vir die Huis van Elohim gelê op die eerste dag van die tweede maand in die tweede jaar nadat hulle na JeHûWdah en Jerusalem gekom het.

1EZRA 5:58 : En hulle het die Leviete van twintig jaar en ouer aangestel oor die werke van JaHWeH. En JeHôWshua het opgestaan met sy seuns en sy broers, en KadmiEl sy broer, en die seuns van Emadabus, met die kinders van Joda die seun van EliJaHdad met hulle seuns en broer, al hierdie Leviete, het eenparig voortgegaan met die werk, en geswoeg om die werke in die Huis van Elohim te bevorder.

1EZRA 5:59 : En die bouers het die Huis van JaHWeH gebou. En die priesters het uitgedos in hulle kledingstukke gestaan met snarespel en basuine; en die Leviete, die kinders van Asaf, het simbale gehad

1EZRA 5:60 : terwyl hulle liedere van danksegging sing, en JaHWeH geprys het volgens wat Dawid, die koning van JisraEl, verordineer het.

1EZRA 5:61 : En hulle het hulle stemme verhef met liedere tot eer van JaHWeH, en JaHWeH geloof, dat Sy Barmhartigheid en Sy Majesteit vir ewig oor die hele JisraEl sal wees.

1EZRA 5:62 : En die hele volk het op trompette geblaas en met 'n harde stem geroep en liedere van danksegging tot JaHWeH gesing oor die oprigting van die Huis van JaHWeH.

1EZRA 5:63 : Dog elkeen van die priesters en Leviete, en van die owerstes van hulle families, wat oud was en die Huis wat voor hierdie een was, gesien het,

1EZRA 5:64 : het die bou van hierdie Huis genader met geween en met groot geroep en baie basuine en vreugde in luide stem,

1EZRA 5:65 : sodat die volk die basuine nie kon hoor weens die geween van die volk nie; want die skare het so luid uitgeroep dat dit van ver gehoor kon word.

1EZRA 5:66 : En toe die vyande van die stam van JeHûWdah en Benjamin dit hoor, het hulle gekom om uit te vind wat daardie geluid van basuine kon beteken.

1EZRA 5:67 : En hulle het verstaan dat hulle wat in gevangeskap was, die Tempel vir JaHWeH die Elohey van JisraEl gebou het.

1EZRA 5:68 : Toe het hulle na Serubbábel en JeHôWshua gegaan, en na die owerste van die families en aan hulle gesê: Laat ons saam met julle bou.

1EZRA 5:69 : Want ons behoort aan julle Elohey, soos julle, en ons slag aan Hom sedert die dae van Asbakaf, die koning van die Aramiërs, wat ons hierheen gebring het.

1EZRA 5:70 : Toe het Serubbábel en JeHôWshua en die owerste van die families van JisraEl aan hulle gesê:

1EZRA 5:71 : Dit is nie vir ons en julle om saam 'n Huis vir JaHWeH ons Elohey te bou nie.

1EZRA 5:72 : Ons sal alleen vir die Elohey van JisraEl bou, volgens wat Kores die koning van Persië ons beveel het.

Die bou van die Tempel word verhinder

1EZRA 5:73 : Maar die nasies van die Aarde het hulle opgedring aan die inwoners van JeHûWdah, en hulle beset en hulle verhinder om te bou;

1EZRA 5:74 : en deur hinderlae, sameswering en oorlopery, het hulle die voltooiing van die bouwerk gedurende koning Kores se leeftyd verhinder, en so is die bouwerk twee jaar lank vertraag totdat Darius se koningskap aangebreek het.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
5
Pablo Software Solutions Datum
OT