| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Die tweede verklaar sy antwoord 1EZRA 4:1 : TOE het die tweede, hy wat gepraat het van die sterkte van die koning, begin praat en gesê, 1EZRA 4:2 : O menere, is die manne wat die see regeer en die Aarde en alles wat in haar is, nie die sterkste nie? 1EZRA 4:3 : Maar tog is die koning magtiger: want hy is meester van al hierdie dinge en het heerskappy oor hulle; en wat hy hulle ook al beveel, dit doen hulle. 1EZRA 4:4 : As hy hulle vra om die een teen die ander oorlog te maak, doen hulle dit; as hy hulle teen die vyand uitstuur, gaan hulle en oorkom berge, mure en torings. 1EZRA 4:5 : Hulle verslaan en word verslaan, en oortree nie die koning se bevel nie; as hulle die oorwinning behaal, bring hulle alles na die koning, sowel die buit as al die ander dinge. 1EZRA 4:6 : En almal wat nie slagveld toe gaan nie en nie oorlog voer nie, maar die boerdery behartig, wanneer hulle gesaai en geoes het, bring hulle dit na die koning, en verplig mekaar om 'n skatting te betaal aan die koning. En tog is hy maar net een man. 1EZRA 4:7 : As hy beveel dat daar doodgemaak moet word, maak hulle dood; en as hy beveel dat verskoon moet word, verskoon hulle; 1EZRA 4:8 : as hy beveel dat verslaan moet word, verslaan hulle; as hy beveel dat daar verwoes moet word, dan verwoes hulle; as hy beveel dat daar gebou moet word, bou hulle; 1EZRA 4:9 : as hy beveel dat afgebreek moet word, breek hulle af; as hy beveel dat geplant moet word, plant hulle. 1EZRA 4:10 : Al sy onderdane en sy leërs gehoorsaam hom; 1EZRA 4:11 : verder nog gaan lê hy, eet hy en drink hy, en neem hy sy rus; en staan daar wagte rondom hom, ook mag niemand weggaan om sy eie sake te doen nie, en ook is niemand ongehoorsaam aan hom nie. 1EZRA 4:12 : O menere, hoe kan die koning nie die magtigste wees as hy op so 'n manier gehoorsaam word nie? En hy het stil gebly. Die derde verklaar sy antwoord 1EZRA 4:13 : TOE het die derde, die een wat oor die vroue en van die Waarheid gespreek het dit was Serubbábel - begin praat. 1EZRA 4:14 : O menere, is die koning nie groot, of die manne 'n menigte nie, en die wyn sterk nie? Wie is dit dan wat hulle regeer of wat heerskappy oor hulle het? Is hulle nie vroue nie? 1EZRA 4:15 : Die vrou het die koning gebaar, en ook die hele volk wat die see en die Aarde regeer, is uit haar gebore. 1EZRA 4:16 : Sy het selfs diegene opgevoed wat die Wingerd aanplant en waarvandaan die wyn kom. 1EZRA 4:17 : En sy self het ook die klere vir die manne gemaak; hulle bring eer aan die mans, maar sonder vroue kan die man nie bestaan nie. 1EZRA 4:18 : Ja, en as die manne goud en silwer versamel het, of enige ander mooi ding, en hulle sien 'n vrou wat aanvallig in voorkoms en gestalte is, 1EZRA 4:19 : dan verlaat hulle dit alles en wend die oog op haar en hulle aanskou haar oopmond, hulle oë vasgenael op haar; en het meer begeerte na haar as na silwer of goud of enige mooi ding. 1EZRA 4:20 : 'n Man verlaat sy eie vader wat hom grootgemaak het, sy eie deel van die Aarde, en kleef sy vrou aan. 1EZRA 4:21 : En by sy vrou eindig sy dae, en onthou hy nie meer sy vader of sy moeder of sy deel van die Aarde nie. 1EZRA 4:22 : Hierdeur moet julle ook weet dat die vrou heerskappy oor julle het: 1EZRA 4:23 : arbei en swoeg julle nie en bring en gee dit alles vir die vrou nie? Ja, 'n man neem sy swaard, en gaan uit om te roof en te steel, om op die see en op riviere te vaar; 1EZRA 4:24 : en hy sien 'n leeu en loop in die donker; en wanneer hy gesteel, gebuit en geroof het, bring hy dit na sy beminde. 1EZRA 4:25 : Waardeur 'n man sy vrou meer liefhet as sy vader of sy moeder. 1EZRA 4:26 : Ja, daar is baie wat hulle verstand verloor het deur 'n vrou en slawe geword het ter wille van haar. 1EZRA 4:27 : Baie het ook omgekom, en vergaan en oortree ter wille van die vrou. 1EZRA 4:28 : En nou glo julle my nie? Is die koning nie groot in sy mag nie? En vrees alle konings nie om hom aan te val nie? 1EZRA 4:29 : Tog het ek hom en Apame gesien, die koning se houvrou en dogter van die bewonderenswaardige Bartacus, terwyl sy aan die regterkant van die koning gesit het; 1EZRA 4:30 : en sy het die kroon van die koning se kop afgehaal en dit op haar eie kop gesit, sy het die koning ook met haar linkerhand geklap. 1EZRA 4:31 : En tog, ten spyte hiervan, het die koning hom vergaap en oopmond na haar gestaar; wanneer sy vir hom gelag het, het hy ook gelag, maar as sy enige misnoeë met hom gehad het, was hy gewillig om haar te vlei sodat sy weer met hom versoen sou raak. 1EZRA 4:32 : O menere, hoe kan dit anders wees as dat vroue sterk is, terwyl hulle so doen? Die Gees van Waarheid oorwin uiteindelik. [JeHôWganan 14:16] 1EZRA 4:33 : TOE het die koning en prinse na mekaar gekyk; en hy het begin praat oor die Waarheid. 1EZRA 4:34 : O menere, is vroue nie sterk nie? Groot is die Aarde, hoog is die Hemele, snel is die son op sy baan, want hy omsirkel die Hemele op sy kringloop, en hy keer weer terug na sy plek in een dag. 1EZRA 4:35 : Is Hy nie groot wat al hierdie dinge gemaak het nie? Maar die Waarheid is groter en sterker as alle ander dinge. 1EZRA 4:36 : Die hele Aarde roep uit na die Waarheid en die Hemele seën Haar; alle werke skud en bewe vir Haar en by Haar is geen onreg te vind nie. 1EZRA 4:37 : Wyn is onreg, die koning is onreg, vroue is onreg, al die kinders van die adam is wetteloos, en so is al hulle besoedelde dade; en daar is geen Waarheid in hulle nie; en deur hulle ongeregtigheid sal hulle ook vergaan. 1EZRA 4:38 : Maar die Waarheid bly, en Sy is sterk tot in ewigheid; en Sy leef en heers tot in alle ewigheid. 1EZRA 4:39 : En by Haar is daar geen aanneming van die persoon nie; Sy maak ook geen onderskeid nie en doen wat Reg is, en weerhou Haar van alles wat onregverdig en besoedel is; En almal het 'n welbehae in Haar werke. 1EZRA 4:40 : Daar is in Haar oordeel ook geen onreg nie; en Sy is die Krag, en die Koninkryk, en die Mag en Majesteit van alle tye. Geseënd is die Elohey van Waarheid! Tempelwerk hervat deur die wyse wat die Waarheid verhoog het. 1EZRA 4:41 : EN daarmee het hy stilgebly. En die hele volk het toe uitgeroep en gesê: Groot is die Waarheid en magtig bo alle dinge. 1EZRA 4:42 : Toe het die koning aan hom gesê: Vra wat jy wil, meer as wat daar geskrywe is en ons sal dit aan jou gee, want jy is die wysste gevind; en jy sal langs my sit en sal my bloedvriend genoem word. 1EZRA 4:43 : Toe het hy aan die koning gesê: Onthou tog u belofte wat u belowe het om Jerusalem te herbou in die dae toe u u koninkryk ontvang het, 1EZRA 4:44 : en dat u al die voorwerpe wat weggeneem is uit Jerusalem, wat Kores eenkant gesit het toe hy gesweer het om Babel te vernietig, weer daarheen terug sal stuur. 1EZRA 4:45 : U het belowe om die Tempel te herbou wat die Edomiete verbrand het toe JeHûWdah verslaan is deur die Chaldeërs. 1EZRA 4:46 : En nou, o meester, die koning, dit is wat ek verlang en wat ek van u begeer; en dit is die prinslike vryheid wat deur my van u geëis word: Ek vra daarom dat u die belofte sal nakom, die vervulling waarvan u met u eie mond aan die Koning van die Hemele belowe het. Serubbábel ontvang briewe van Darius 1EZRA 4:47 : TOE het Darius die koning opgestaan en hom gekus en vir hom briewe geskryf aan al die rentmeesters en landvoogde en krygsowerstes en vorste, dat hy hom geleide sou doen en almal saam met hom sal opgaan om Jerusalem te herbou. 1EZRA 4:48 : Hy het ook briewe geskryf aan al die landvoogde wat in Celo-Aram en Fenícië is, en aan hulle in Libanon, dat hulle sederhout moes saambring van die Libanonberg na Jerusalem en dat hulle die Stad saam met hom moes herbou. 1EZRA 4:49 : Verder nog het hy vir al die manne van JeHûWdah geskryf wat uit sy koninkryk vry sou wees om op te gaan na JeHûWdah, en dat geen vors of landvoog of rentmeester, met geweld by hulle deure sou ingaan nie; 1EZRA 4:50 : en dat die hele Aarde wat hulle bewoon, vry sou wees van belasting; en dat die Edomiete die dorpe van die manne van JeHûWdah wat hulle in besit geneem het, sou verlaat; 1EZRA 4:51 : en dat daar jaarliks twintig talente gegee sou word vir die bou van die Tempel totdat hy voltooi is; 1EZRA 4:52 : en dat hulle nog tien talente jaarliks sou bydra vir elke dag se brandoffers op die altaar, aangesien hulle 'n bevel gehad het om sewentien te slag; 1EZRA 4:53 : en dat almal wat van Babel af gekom het om die Stad te bou, volle vryheid sou hê, sowel hulle as hul saadlyn, en al die priesters wat gekom het. 1EZRA 4:54 : Hy het ook geskryf oor die onderhoud van die priesters en van die priestersgewaad waarin hulle diens sou doen; 1EZRA 4:55 : dieselfde het gegeld vir die onderhoud van die Leviete, om aan hulle gegee te word tot op die dag wat die Huis [van Elohim] voltooi en Jerusalem herbou is. 1EZRA 4:56 : En hy het beveel dat almal wat die Stad bewaak, grond en lone gegee moet word. 1EZRA 4:57 : Hy het ook teruggestuur al die bakke van Babel, wat Kores eenkant gehou het, asook alles wat Kores beveel het om te doen, het hy ook beveel om te doen en na Jerusalem terug te stuur Serubbábel dank Elohim 1EZRA 4:58 : EN toe hierdie jongman uitgegaan het, het hy sy aangesig opgehef na die Hemele in die rigting van Jerusalem, en die Koning van die Hemele geloof en gesê: 1EZRA 4:59 : Van U kom die oorwinning, en van U kom die Wysheid, aan U behoort die Glansrykheid en ek is U dienskneg. 1EZRA 4:60 : Geseënd is U wat aan my die Wysheid gegee het, en aan U gee ek my dank, o JaHWeH van ons vaders. Serubbábel trek op na Babel 1EZRA 4:61 : EN toe het hy die briewe geneem en weggetrek na Babel en alles aan sy broers vertel. 1EZRA 4:62 : En hulle het die Elohim van hulle vaders geloof omdat Hy aan hulle vryheid en Verlossing gegee het 1EZRA 4:63 : om op te gaan en Jerusalem te herbou, en die Tempel waaroor Sy Naam uitgeroep is; en hulle het fees gevier met vreugde en snaarinstrumente, sewe dae lank. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |