| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHűW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWčshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWčshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Ezra na Jerusalem 1EZRA 8:1 : EN hierna, toe Artasásta die koning van Persië regeer het, het Ezra gekom, die seun van SeráJaH, die seun van AzarJaH, die seun van GielkiJaH, die seun van Sallum, 1EZRA 8:2 : die seun van Sadok, die [seun van] Ahítub, die seun van AmarJaH, die seun van AzarJaH, die seun van Mérajot, die seun van ZeragJaH, die seun van Ussi, die seun van Bukki, die seun van Abisúa, die seun van Pínehas, die seun van El-Azar, die seun van Aäron, die hoëpriester. [Ezra 7:1-5] 1EZRA 8:3 : Hierdie Ezra het van Babel gekom as 'n skrifgeleerde, baie geleerd in die Wet van Moshč wat deur die Elohey van JisraEl gegee is. [Ezra 7:6] 1EZRA 8:4 : En die koning het aan hom eer bewys; want hy het barmhartigheid in sy oë gevind in al sy versoeke. 1EZRA 8:5 : Daar het ook saam met hom opgegaan sekere van die kinders van JisraEl, en die priesters, en die Leviete, en van die sangers, deurwagters, en dienaars van die Apartheidsplek. [Ezra 7:7] 1EZRA 8:6 : In die sewende jaar van die heerskappy van Artasásta, in die vyfde maand, dit was die koning se sewende jaar, het hulle uit Babel gegaan op die eerste dag van die eerste maand, 1EZRA 8:7 : en na Jerusalem gekom na die voorspoedige reis wat JaHWeH hulle gegee het. [Ezra 7:10] 1EZRA 8:8 : Want Ezra het groot vaardigheid gehad sodat hy niks uitgelaat het van dit wat in die Wet van JaHWeH was nie, en van die Gebooie, om aan die hele JisraEl die Verordeninge en oordele te onderrig. [Ezra 7:11] 1EZRA 8:9 : Hierby was ook 'n skriftelike opdrag van die koning Artasásta aan Ezra, die priester en leermeester van die Wet van JaHWeH, waarvan die afskrif soos volg is: Briefrol aan die skrifgeleerde Ezra 1EZRA 8:10 : KONING Artasásta wens aan Ezra, die priester en leser van die Wet van JaHWeH, groete te stuur. [Ezra 7:12] 1EZRA 8:11 : Aangesien ek my voorgeneem het om medelye te betoon, het ek bevel gegee dat diegene van die volk van [JeHűWdah] en van die priesters en Leviete wat in ons gebied is en wat gewillig en begerig is, saam met u na Jerusalem moet gaan. [Ezra 7:13] 1EZRA 8:12 : Soveel van hulle wat graag wil gaan, laat hulle saam met u vertrek, aangesien dit goed gelyk het vir my en my sewe vriende, die raadgewers; 1EZRA 8:13 : sodat hulle kan omsien na die sake van JeHűWdah en Jerusalem wat in die Wet van [jou] Elohey vervat is, [Ezra 7:14] 1EZRA 8:14 : en hulle die geskenke aan die Elohey van JisraEl kan dra na Jerusalem wat ek en my vriende belowe het en al die goud en die silwer wat in die Aarde van Babel gevind kan word, dat hulle dit weer kan bring na hulle Elohey in Jerusalem, [Ezra 7:15] 1EZRA 8:15 : Saam met dit wat deur u volk gegee word vir die Huis van hulle Elohey wat in Jerusalem is; en die silwer en goud wat bymekaargemaak kan word vir jong osse, ramme, lammers en dinge wat daaraan toebehoort; [Ezra 7:16] 1EZRA 8:16 : met die doel dat hulle spysbydraes mag naderbring vir hulle Elohey op die altaar van hulle Elohey wat in Jerusalem is. [Ezra 7:17] 1EZRA 8:17 : En wat jy en jou broers ook al met die silwer en goud doen, doen dit volgens die wil van julle Elohey. [Ezra 7:18] 1EZRA 8:18 : En die bakke van JaHWeH wat aan jou gegee word vir gebruik in die Huis van jou Elohey wat in Jerusalem is. [Ezra 7:19] 1EZRA 8:19 : Dit sal jy gee uit die skatkamer van die koning. 1EZRA 8:20 : En ek, Artasásta, het ook beveel dat hulle wat aangestel is oor die skatte van Aram en Fenícië, 1EZRA 8:21 : en wat Ezra die priester en leermeester van die Wet van die Hoogste El sal vra, dit sal spoedig aan hom gegee word 1EZRA 8:22 : tot die som van 'n honderd talente silwer, so ook koring, selfs tot 'n honderd mud, en 'n honderd dele wyn en ander dinge in oorvloed. 1EZRA 8:23 : Laat alle dinge gedoen word volgens die Wet van Elohim, ywerig aan die Hoogste El, sodat gramskap nie kom op die koninkryk van die koning en sy kinders nie. 1EZRA 8:24 : Ek het jou ook beveel dat jy geen belastings moet hef of laste op enige van die priesters of Leviete of gewyde sangers of deurwagters of skrifge-leerdes van die Tempel, of van enigeen wat werk in hierdie Tempel het, mag lę nie. 1EZRA 8:25 : Ook dat geen man die outoriteit het om enigiets op hulle op te lę nie. 1EZRA 8:26 : En jy, Ezra, volgens die Wysheid van die Elohim, beëdig die regters en skeidsregters sodat hulle in die hele Aram en Fenícië kan oordeel almal wat die Wet van jou Elohey ken; en hulle wat haar nie ken nie, sal jy onderrig. 1EZRA 8:27 : En wie ook al die Wet van jou Elohey oortree, en van die koning, sal streng gestraf word, of dit deur die dood is of deur ander lyfstraf of deur geldboete of gevangenisneming. 1EZRA 8:28 : Toe sę Ezra die skrifgeleerde: Geseënd is JaHWeH en Hy alleen wat hierdie dinge in die hart van die koning gelę het om hierdie Huis wat in Jerusalem is te verhoog; 1EZRA 8:29 : en Hy het my vereer in die aangesig van die koning en sy raadgewers, en al sy vriende en edelliede. 1EZRA 8:30 : Daarom is ek aangemoedig deur die hulp van my Meester JaHWeH, en het ek manne van JisraEl bymekaargemaak om op te trek saam met my. Die name van diegene wat saam met Ezra gegaan het 1EZRA 8:31 : EN dit is die owerstes volgens hulle geslagregister en die verdeling van die heerskappy, wat saam met my opgetrek het van Babel onder die ryk van die koning, Artasásta: [Ezra 8:1] 1EZRA 8:32 : Uit die kinders van Pínehas, Gersom; uit die kinders van Itamar, Gamalië; van die kinders van Dawid, Gattush die seun van ShekanJaH; [Ezra 8:1] 1EZRA 8:33 : van die kinders van Párhos, ZekarJaH; en saam met hom is getel 'n honderd-en-vyftig manne; [Ezra 8:3] 1EZRA 8:34 : van die kinders van Pahat-Moab, ElJeHôWeynay, die seun van ZeragJaH en saam met hom tweehonderd man; [Ezra 8:4] 1EZRA 8:35 : van die kinders van Sattu, ShekanJaH die seun van JahaziEl JehiEl, en saam met hom driehonderd man; [Ezra 8:5] 1EZRA 8:36 : uit die kinders van Adin, Ebed, die seun van JôWnathan, en saam met hom tweehonderd-en-vyftig man; [Ezra 8:6] 1EZRA 8:37 : van die kinders van Elam, JeshaJaH seun van AtálJaH en saam met hom sewentig man; van die kinders van ShafátJaH, ZebádJaH, die seun van MikaEl, en saam met hom sewentig man; [Ezra 8:8] 1EZRA 8:38 : van die kinders van JôWab, ObadJaH seun van JehiEl, en saam met hom tweehonderd-en-twaalf man; [Ezra 8:9] 1EZRA 8:39 : van die kinders van Bani: Sélomit seun van JôwsifJaH, en saam met hom 'n honderd-en-sestig man; [Ezra 8:10] 1EZRA 8:40 : van die kinders van Bébai, ZekarJaH seun van Bébai, en saam met hom agt-en-twintig man; [Ezra 8:11] 1EZRA 8:41 : van die kinders van Asgad, JôWganan seun van Hakkátan en saam met hom 'n honderd-en-tien man [Ezra 8:12] 1EZRA 8:42 : van die kinders van Adoníkam, die laaste, en hierdie is hulle name: EliFelet, die seun van JeiEl, en ShemaJaH, en saam met hulle sewentig man [Ezra 8:13]; van die kinders van Bigwai, Utai en Sabbud en saam met hulle sewentig man. [Ezra 8:14] 1EZRA 8:43 : En hierdie het ek bymekaar gebring by die rivier Ahawa, waar ons ons tente vir drie dae opgeslaan het; en ek het hulle ondersoek. 1EZRA 8:44 : Maar toe ek daar geen priesters en Leviete vind nie, [Ezra 8:15] 1EZRA 8:45 : het ek EliEzer gestuur, en AriEl, en ShemaJaH, en Masma en El-Natan, en Jarib, en JôWjarib, en Natan, El-Natan, ZekarJaH, en Mesúllam, hoofmanne en geleerd. [Ezra 8:16] 1EZRA 8:46 : En ek het hulle gevra dat hulle na Iddo, die owerste, moes gaan wat in die plek van die skatkamer was, 1EZRA 8:47 : en hulle beveel dat hulle met KasífJaH, sy broers, en met die rentmeesters in daardie plek moes praat, om aan ons manne te stuur wat die priesters se amp in die Huis van onse Elohey kon uitvoer. [Ezra 8:17] 1EZRA 8:48 : En deur die magtige hand van onse Elohey het hulle vaardige manne van die kinders van Magli die seun van Levi, die seun van JisraEl na ons gebring, SerébJaH en sy seuns en sy broers wat reeds agtien was. [Ezra 8:18] 1EZRA 8:49 : En GashabJaH en JeshaJaH en Hosea, sy broer, van die kinders van Merári en hulle kinders, twintig man. [Ezra 8:18] 1EZRA 8:50 : En van die diensknegte van die Tempel wat Dawid en die owerstes verordineer het tot die diens van die Leviete, tweehonderd-en-twintig dienaars in die Tempel, hulle almal se name is skriftelik aangeteken. [Ezra 8:20] 1EZRA 8:51 : En daar het ek 'n vas aanbeveel vir die jong manne voor onse Elohey, om van Hom 'n voorspoedige reis te vra, beide vir ons en vir hulle wat met ons was, vir ons kinders en ons vee; [Ezra 8:21] 1EZRA 8:52 : want ek was skaam om vir die koning se huisknegte en ruiters te vra om op te tree as beskerming teen ons teenstanders. 1EZRA 8:53 : Want ons het aan die koning gesę dat die Krag van ons Elohey met hulle is wat Hom in alle opregtheid soek. [Ezra 8:22] 1EZRA 8:54 : En weer het ons onse Elohey gesmeek aangaande hierdie dinge en het Hom gunstig teenoor ons gevind. [Ezra 8:23] 1EZRA 8:55 : Toe het ek twaalf van die owerstes van die priesters afgesonder, SerébJaH, en GashabJaH en nog tien manne van hulle broers saam met hulle; [Ezra 8:24] 1EZRA 8:56 : en ek het die silwer en die goud vir hulle geweeg, die bydraes, en die gewyde bakke van die Huis van onse Elohey, wat die koning en sy raadgewers en die prinse en die hele JisraEl gegee het. [Ezra 8:24] 1EZRA 8:57 : En nadat ek dit geweeg het, het ek aan hulle gegee seshonderd-en-vyftig talente silwer en goue bakke van 'n honderd talente en 'n honderd talente goud, [Ezra 8:26] 1EZRA 8:58 : en twintig goue drinkbekers en twaalf bakke van fyn geelkoper, wat soos goud geglinster het. [Ezra 8:27] 1EZRA 8:59 : En ek het aan hulle gesę: Albei van julle is apartgestel vir JaHWeH, en die bakke is apartgestel, en die goud en die silwer is 'n eed aan JaHWeH, die Elohey van ons vaders. [Ezra 8:28] 1EZRA 8:60 : Hou wag en pas hulle op totdat julle hulle aan die owerste van die priesters en die Leviete gegee het en aan die owerste van die stamme van JisraEl in Jerusalem, in die kamers van die Huis van JaHWeH. [Ezra 8:29] 1EZRA 8:61 : Toe het die priesters en Leviete die silwer en goud en die bakke ontvang om dit na Jerusalem in die Huis van JaHWeH te bring. [Ezra 8:30] Aankoms in Jerusalem 1EZRA 8:62 : EN ons het op die twaalfde van die eerste maand van die Ahawarivier af weggetrek en by Jerusalem gekom deur die Magtige Hand van onse Elohey wat met ons was; [Ezra 8:31-32] 1EZRA 8:63 : en vanaf die begin van ons reis het Hy ons van elke vyand verlos en so het ons by Jerusalem gekom. En toe ons daar drie dae was, is die goud en die silwer, wat afgeweeg was, op die vierde dag in die Huis van onse Elohey afgelewer aan Méremot, die priester en seun van UriJaH. [Ezra 8:31] 1EZRA 8:64 : En saam met hom was El-Azar, die seun van Pínehas, en saam met hulle was JôWzabad, die seun van Jehshua, en NoadJaH, die seun van Bínnuď, en die Leviete: alles is, volgens getal en gewig, aan hulle gegee. [Ezra 8:33] 1EZRA 8:65 : En die volle gewig daarvan is opgeskryf in dieselfde uur. [Ezra 8:34] 1EZRA 8:66 : En hulle wat uit ballingskap gekom het, het aan JaHWeH, die Elohey van JisraEl geslag, twaalf jong osse vir die hele JisraEl, 1EZRA 8:67 : ses-en-negentig ramme, twee-en-sewentig lammers, twaalf bokke vir die oortreding; alles as 'n brandoffer aan JaHWeH. [Ezra 8:35] 1EZRA 8:68 : En hulle het die koning se bevele oorgedra aan die koning se rentmeesters en aan die landvoogde van Celo-Aram en Fenícië; en hulle het die volk en die Huis van JaHWeH vereer. [Ezra 8:36] Baie van die volk van JisraEl trou met verbasterde vroue 1EZRA 8:69 : NA hierdie dinge gedoen is, het die owerstes na my gekom en gesę: Die volk van JisraEl, die owerstes, die priesters en Leviete, het hulle nie afgeskei van die verbasterde volke van die Aarde nie, ook nie van hulle gruwels nie; 1EZRA 8:70 : van hierdie volke, die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete en die Moabiete, Egiptenare en Edomiete nie. [Ezra 9:1] 1EZRA 8:71 : Want hulle en hul seuns het met die dogters van hierdie volke getrou, en so het die saadlyn van Apartheid, vermeng geraak met die verbasterde volke van die Aarde; en die owerstes en regeerders het hulle van die begin af aan hierdie wetsoortreding skuldig gemaak en eerste daaraan deel gehad. [Ezra 9:2] 1EZRA 8:72 : En sodra ek dit gehoor het, het ek my klere geskeur, en ook my gewyde kleed, en ek het my hare uit my kop gepluk en ook my baard, en ek het bedroef en baie treurig gaan sit. [Ezra 9:3] 1EZRA 8:73 : Toe het almal wat deur die Woord van die Elohim van JisraEl beweeg is, by my vergader terwyl ek getreur het oor die ongeregtigheid; maar ek het stil en droewig tot die skemerspysbydrae daar gesit. [Ezra 9:4] 1EZRA 8:74 : En ek het opgestaan uit die vas met my geskeurde klere en gewyde kleed, en ek het neergekniel, en my handpalms na JaHWeH my Elohey en gesę: [Ezra 9:5] 1EZRA 8:75 : O, JaHWeH, ek is beskaamd en bevrees voor U Aangesig, 1EZRA 8:76 : want ons ongeregtigheid het bo ons hoofde vermenigvuldig en ons skuld reik op tot in die Hemele, van die tyd van ons vaders af. [Ezra 9:6] 1EZRA 8:77 : En ons was in groot oortreding tot op hierdie dag. 1EZRA 8:78 : En as gevolg van ons ongeregtigheid en ons vaders s'n, is ons met ons broers en ons konings en ons priesters met skande oorgegee aan die konings van die Aarde, aan die swaard, en aan ballingskap, en as 'n buit tot op hierdie dag. [Ezra 9:7] 1EZRA 8:79 : En nou was daar vir 'n klein oomblik Barmhartigheid van die kant van JaHWeH onse Elohey betoon, dat daar 'n oorblyfsel en 'n Naam oorgebly het in die plek van U Apartheid; [Ezra 9:7] 1EZRA 8:80 : om vir ons 'n Lig te wees in die Huis van onse Elohey, en om aan ons Brood te gee in die tyd van ons slawerny. [Ezra 9:8] 1EZRA 8:81 : Ja, toe ons knegte was, was ons nie deur ons Elohey verlaat nie; maar Hy het aan ons Medelye betoon voor die konings van Persië sodat hulle aan ons lewensbehoud gegee het; 1EZRA 8:82 : en om die Huis van onse Elohey te verhoog en die verlatenheid van Sion op te hef, en om ons 'n vastigheid te gee in JeHűWdah en Jerusalem. [Ezra 9:9] 1EZRA 8:83 : En nou, o JaHWeH, wat sal ons sę noudat ons hierdie dinge het? Want ons het U Bevele oortree wat U aan ons gegee het deur die hand van U diensknegte, die profete, wat gesę het 1EZRA 8:84 : dat die Aarde wat ons binnegaan om as 'n besitting en 'n erflating te neem, is 'n Aarde wat besoedel is deur die besoedelinge van die verbasterde volke van die Aarde, want hulle het haar gevul met hulle vuilheid. [Ezra 9:11] 1EZRA 8:85 : Daarom sal julle nou nie julle dogters verbind aan hulle seuns nie, ook sal julle nie hulle dogters neem vir julle seuns nie. 1EZRA 8:86 : Meer nog, julle sal nooit hulle vrede [voorspoed] soek nie, sodat julle sterk sal wees en die suiwer dinge van die Aarde sal eet en sodat julle die erflating van die Aarde sal kan nalaat vir julle kinders vir ewig. [Ezra 9:12] 1EZRA 8:87 : En alles wat ons oorgekom het, is die gevolg van ons besoedelde werke en groot skuld; 1EZRA 8:88 : want U, o JaHWeH, het ons oortredinge lig gemaak en aan ons 'n wortel gegee, maar ons het weer teruggedraai en U Wet oortree deur onsself te vermeng met die besoedeling van die gruwelike volke van die Aarde. [Ezra 9:13,14] 1EZRA 8:89 : Sou U dan nie oor ons vertoorn wees totdat ons vernietig is nie? Sodat U aan ons geen wortel, saad of naam kan oorlaat nie? [Ezra 9:14] 1EZRA 8:90 : O Elohey van JisraEl, U is getrou: want daar is vir ons hierdie dag 'n wortel oorgelaat. [Ezra 9:15] 1EZRA 8:91 : Kyk, nou is ons voor U met ons ongeregtigheid, want ons kan as gevolg daarvan nie langer voor U staan nie. 1EZRA 8:92 : En toe Ezra bid en hul oortreding bely, en ween en plat op die Aarde voor die Tempel lę, het daar uit Jerusalem 'n groot menigte manne en vroue en kinders vergader; want daar was 'n groot geween onder die skare. [Ezra 10:1] 1EZRA 8:93 : Toe het ShekanJaH, die seun van JehiEl, een van die seuns van Elam, uitgeroep en gesę: O Ezra, ons het oortree teen JaHWeH, ons het verbasterde vroue uit die volke van hierdie Aarde as vroue geneem, [Ezra 10:2] 1EZRA 8:94 : nou is die hele JisraEl in twyfel, maar laat ons daaroor 'n eed aan JaHWeH sweer dat ons al ons vroue wat ons uit die nasies geneem het, saam met hulle kinders, onder ons sal uitdryf. 1EZRA 8:95 : Na jou goeddunke, en aan soveel as wat die Wet van JaHWeH gehoorsaam, staan op, en doen so! [Ezra 10:3] 1EZRA 8:96 : Want aan jou behoort hierdie saak, en ons sal by jou staan, met die krag om dit te doen. 1EZRA 8:97 : En Ezra het opgestaan en 'n eed gesweer namens die hoofpriesters en Leviete van die hele JisraEl om hierdie dinge te doen; en hulle het so gesweer. [Ezra 10:4,5]: This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |