| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Droom en gesig van Jakob by BetEl. GEN 28:1 : TOE het Isak Jakob geroep en hom geseën; en hy het hom bevel gegee met die woorde: Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie. GEN 28:2 : Maak jou klaar, gaan na Paddan-Aram, na die huis van BetuEl, jou moeder se vader, en gaan haal vir jou daar 'n vrou uit die dogters van Laban(blank), jou moeder se broer. GEN 28:3 : En mag El die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy 'n menigte van volke kan word. GEN 28:4 : En mag Hy jou gee die seën van Abraham, aan jou en jou saad saam met jou, dat jy die Aarde van jou vreemdelingskap in besit kan neem wat Elohim aan Abraham gegee het. GEN 28:5 : So het Isak Jakob dan weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van BetuEl, die Arameër, die broer van Rebekka, die moeder van Jakob en Esau. GEN 28:6 : Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën en hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom 'n vrou te gaan haal, terwyl hy hom geseën en hom bevel gegee het met die woorde: Jy mag geen vrou uit die dogters van Kanaän neem nie; GEN 28:7 : en dat Jakob na sy vader en sy moeder geluister het om na Paddan-Aram te gaan; GEN 28:8 : en toe Esau sien dat die dogters van Kanaän besoedel was in die oë van sy vader Isak, GEN 28:9 : het Esau na Jismael gegaan en Máhalat, die dogter van Jismael, die seun van Abraham, die suster van Nébajot, by sy vroue vir hom as vrou geneem. GEN 28:10 : En Jakob het uit Berséba vertrek en na Haran gegaan. GEN 28:11 : Daarop kom hy by 'n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek. GEN 28:12 : En hy het gedroom - daar is 'n leer op die Aarde opgerig waarvan die spits tot aan die Hemele reik, terwyl die Boodskappers van Elohim daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het. GEN 28:13 : En kyk, JaHWeH het bo-aan gestaan en gesê: Ek [is] JaHWeH, die Elohey van jou vader Abraham en Elohey van Isak. Die Aarde waar jy op haar lê en slaap, haar sal Ek aan jou en jou saad gee; GEN 28:14 : en jou saad sal wees soos die stof van die Aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou saad sal al die families van die Adamah[adamiet se Aarde] geseën word. GEN 28:15 : En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring na die Adamah[adamiet se Aarde]; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het. GEN 28:16 : Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, JaHWeH is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie. GEN 28:17 : En hy het bevrees geword en gesê: Hoe ontsagwekkend is hierdie plek! Dit is hier niks anders as 'n Huis van Elohim nie, en dit is hier die poort na die Hemele. GEN 28:18 : Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as 'n gedenksteen op; en hy het olie bo-op haar uitgegiet. GEN 28:19 : En hy het die plek BetEl genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus. [Boekrol van die Opregte 36:3] GEN 28:20 : En Jakob het 'n Gelofte gedoen en gesê: As Elohim met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek, GEN 28:21 : en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal JaHWeH vir my Elohim wees. GEN 28:22 : En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal 'n Huis van Elohim wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |