| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
GEN 44:1 : TOE gee hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se silwer bo in sy sak; GEN 44:2 : en my beker, die silwerbeker, moet jy bo in die jongste se sak sit saam met die silwer vir sy koring. En hy het gehandel volgens die woord wat JôWsef gespreek het. GEN 44:3 : Toe dit die môre lig word, het hulle die manne laat trek, hulle met hul esels. GEN 44:4 : Hulle het uit die stad uitgetrek, hulle was nog nie ver nie toe JôWsef aan die opsigter oor sy huis sê: Maak jou klaar en jaag die manne agterna; en as jy hulle inhaal, vra hulle dan: Waarom het julle kwaad vir goed vergelde? GEN 44:5 : Is dit nie die ding waaruit my meester drink en waarmee hy altyd voorspel nie? Julle het verkeerd gehandel met wat julle gedoen het. GEN 44:6 : En hy het hulle ingehaal en hierdie woorde aan hulle meegedeel. GEN 44:7 : Toe sê hulle vir hom: Waarom spreek my meester sulke woorde? Dit is ver van u dienaars om so iets te doen. GEN 44:8 : Kyk, die silwer wat ons bo in ons sakke gevind het, het ons uit die Aarde van Kanaän aan u teruggebring - hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u meester kan steel? GEN 44:9 : Dié een van u dienaars by wie dit gevind word, moet sterwe; en ons sal ook my meester se slawe wees. GEN 44:10 : Toe sê hy: Nou goed, laat dit wees soos julle gesê het. Dié een by wie dit gevind word, is my slaaf. Maar júlle sal vry wees. GEN 44:11 : Daarop het hulle gou elkeen sy sak op die Aarde neergesit en elkeen sy sak oopgemaak. GEN 44:12 : En hy het gesoek; hy het begin by die oudste en opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind. GEN 44:13 : Toe skeur hulle hul klere, en elkeen laai sy esel, en hulle gaan na die stad terug. GEN 44:14 : En JeHûWdah het saam met sy broers in die huis van JôWsef gekom, terwyl hy nog daar was, en hulle het voor hom neergeval op die Aarde. GEN 44:15 : Daarop sê JôWsef vir hulle: Wat is dit nou wat julle gedoen het? Weet julle nie dat 'n man soos ek dit voorseggend sou waarneem nie? GEN 44:16 : En JeHûWdah antwoord: Wat kan ons aan my meester sê? Wat kan ons spreek? En waarmee kan ons ons regverdig? Die Elohim het die oortreding van u dienaars uitgevind. Kyk, ons is my meester se slawe, ons sowel as hy by wie die beker gevind is. GEN 44:17 : Maar hy sê: Dit is ver van my om dit te doen; die man by wie die beker gevind is, dié sal my slaaf wees. Maar trek júlle in vrede op na julle vader. GEN 44:18 : Toe kom JeHûWdah nader na hom en sê: Ag, my meester, mag u dienaar tog 'n woord spreek voor die ore van my meester, en laat u woede nie teen u dienaar ontvlam nie, want u staan gelyk met Farao. GEN 44:19 : My meester het sy dienaars gevra en gesê: Het julle 'n vader of broer? GEN 44:20 : En ons het my meester geantwoord: Ons het 'n ou vader; en daar is 'n jong seun, 'n kind van die ouderdom, maar sy broer is dood; en hy het alleen oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief. GEN 44:21 : Toe het u aan u dienaars gesê: Bring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan rig. GEN 44:22 : En ons het my meester geantwoord: Die seun kan sy vader nie verlaat nie, want sy vader sal sterwe as hy hom verlaat. GEN 44:23 : Daarop het u aan u dienaars gesê: As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie weer sien nie. GEN 44:24 : En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het en hom die woorde van my meester te kenne gegee het, GEN 44:25 : het ons vader gesê: Gaan koop weer vir ons 'n bietjie voedsel. GEN 44:26 : Maar ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie. GEN 44:27 : En u dienaar, my vader, het aan ons gesê: Júlle weet dat my vrou vir my twee gebaar het - GEN 44:28 : die een het van my af weggegaan, en ek het gesê: Voorwaar, hy is verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie. GEN 44:29 : As julle nou hierdie een ook van my af wegneem en hy leed oorkom, dan sal julle my grys hare met droefnis in die Doderyk/Sheol laat afdaal. GEN 44:30 : As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie - omdat sy siel aan sy siel verkleef is - GEN 44:31 : sal hy sterwe as hy sien dat die seun daar nie is nie; en u dienaars sal die grys hare van u dienaar, ons vader, met kommer in die Doderyk/Sheol laat afdaal. GEN 44:32 : Want u dienaar het die seun deur borgskap van my vader verkry deurdat hy gesê het: As ek hom nie na u bring nie, sal ek lewenslank teenoor my vader skuldig staan. GEN 44:33 : Laat u dienaar dan nou tog in die plek van die seun my meester se slaaf bly, en laat die seun saam met sy broers optrek. GEN 44:34 : Want hoe kan ek na my vader optrek as die seun nie by my is nie? Mag ek maar net die ellende nie aansien wat my vader sal tref nie! This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |