1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40   41   42   43   44   45   46   47   48   49   50
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

GEN 43:1 : EN die hongersnood was swaar in die Aarde.

GEN 43:2 : En nadat die koring wat hulle uit Egipte gebring het, opgeëet was, sê hulle vader vir hulle: Gaan koop vir ons weer 'n bietjie voedsel.

GEN 43:3 : Toe het JeHûWdah hom geantwoord: Die man het ons uitdruklik gewaarsku en gesê: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.

GEN 43:4 : As u ons broer saam met ons stuur, sal ons aftrek en vir u voedsel koop;

GEN 43:5 : maar as u hom nie stuur nie, sal ons nie aftrek nie; want die man het aan ons gesê. Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.

GEN 43:6 : Toe sê JisraEl: Waarom het julle so verkeerd teen my gehandel deur die man te vertel dat julle nog 'n broer het?

GEN 43:7 : En hulle antwoord: Die man het uitdruklik na ons en ons familie gevra met die woorde: Lewe julle vader nog? Het julle nog 'n broer? Toe het ons hom dit te kenne gegee volgens hierdie woorde. Kon ons dan ooit weet dat hy sou sê: Bring julle broer af?

GEN 43:8 : Daarop sê JeHûWdah aan sy vader JisraEl: Stuur die seun saam met my; dan sal ons klaarmaak en wegtrek, sodat ons kan lewe en nie sterwe nie - ons en ook u en ons kinders nie.

GEN 43:9 : Ek sal vir hom borg wees; van my hand kan u hom eis. As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek lewenslank teenoor u skuldig staan.

GEN 43:10 : Ja, as ons nie getalm het nie, waarlik dan was ons nou al twee maal terug.

GEN 43:11 : Toe het JisraEl, hulle vader, vir hulle gesê: As dit so is, doen dan dit: neem van die beste produkte van die Aarde in julle sakke en bring vir die man 'n geskenk af - bietjie balsem en bietjie heuning, speserye en gom, neute en amandels;

GEN 43:12 : en neem dubbel soveel silwer met julle saam en bring die silwer wat weer bo in julle sakke gesit is, met julle saam terug. Miskien was dit 'n vergissing.

GEN 43:13 : En neem julle broer - maak julle klaar en gaan terug na die man.

GEN 43:14 : En mag El, die Almagtige, julle Barmhartigheid verleen voor die aangesig van die man, sodat hy julle ander broer en Benjamin saam met julle kan laat trek! En ek - as ek van kinders beroof is, dan is ek beroof.

GEN 43:15 : Daarop neem die manne dié geskenk, en hulle neem dubbel soveel silwer saam met hulle en ook Benjamin, en hulle het klaargemaak en na Egipte afgetrek en voor die aangesig van JôWsef gaan staan.

GEN 43:16 : Toe JôWsef Benjamin by hulle sien, sê hy aan die opsigter oor sy huis: Bring die manne in die huis en slag slagvee en maak dit gereed, want die manne moet vanmiddag by my eet.

GEN 43:17 : En die man het gedoen soos JôWsef beveel het, en die man het die manne in die huis van JôWsef gebring.

GEN 43:18 : En die manne het gevrees, omdat hulle in die huis van JôWsef gebring is, en gesê: Ter wille van die silwer wat die vorige keer in ons sakke teruggekom het, word ons ingebring om ons te oorrompel, ons te oorval en ons as slawe te neem, saam met ons esels.

GEN 43:19 : Daarom het hulle nader gekom na die man wat oor die huis van JôWsef was, en met hom gespreek by die ingang van die huis

GEN 43:20 : en gesê: Ag, my meester, ons het die vorige keer net afgetrek om voedsel te koop,

GEN 43:21 : maar toe ons in die herberg kom en ons sakke oopmaak, was elkeen se silwer bo in sy sak - ons silwer volgens sy gewig - en ons het dit saam met ons teruggebring.

GEN 43:22 : Ons het ook ander silwer saam met ons afgebring om voedsel te koop. Ons weet nie wie ons silwer in ons sakke gesteek het nie.

GEN 43:23 : Toe antwoord hy: Vrede vir julle! Moenie bang wees nie! Julle Elohey en die Elohey van julle vader het julle 'n skat in jul sakke gegee. Julle silwer het by my gekom. Daarop het hy Símeon na hulle uitgebring.

GEN 43:24 : En die man het die manne in die huis van JôWsef gebring en water [aan hulle] gegee, en hulle het hul voete gewas; hy het ook hulle esels voer gegee.

GEN 43:25 : En hulle het die geskenk reggemaak teen [die tyd] dat JôWsef die middag sou kom, want hulle het gehoor dat hulle daar brood sou eet.

GEN 43:26 : Toe JôWsef dan in die huis kom, het hulle vir hom die geskenk binnegebring wat by hulle was, en hulle voor hom neergebuig na die Aarde toe.

GEN 43:27 : En hy het hulle na hul welstand gevra en gesê: Gaan dit goed met julle ou vader van wie julle gespreek het? Leef hy nog?

GEN 43:28 : En hulle antwoord: Dit gaan goed met u dienaar, ons vader; hy lewe nog. En hulle het hul eerbiedig neergebuig.

GEN 43:29 : Toe slaan hy sy oë op en sien sy broer Benjamin, die seun van sy moeder, en sê: Is dit julle jongste broer van wie julle met my gespreek het? Daarop sê hy: Mag Elohim jou barmhartig wees, my seun!

GEN 43:30 : En JôWsef het gou gemaak, want sy binneste was ontroerd oor sy broer: hy het geleentheid gesoek om te ween en in die kamer gegaan en daar geween.

GEN 43:31 : Daarna het hy sy gesig gewas en uitgekom en hom bedwing en gesê: Bring die ete op!

GEN 43:32 : Toe bring hulle dit op vir homself en vir hulle vir hulleself en vir die Egiptenaars vir hulle self want die Egiptenaars mag nie saam met die Hebreërs brood [eet] nie, omdat dit vir die Egiptenaars 'n gruwel is.

GEN 43:33 : En hulle het gaan sit volgens sy bepaling, die eersgeborene na sy eersgeboorte en die jongste na sy jonkheid. Toe kyk die manne mekaar verbaas aan.

GEN 43:34 : Hierop het hy aan hulle porsies uitgedeel van die ete wat voor hom staan; maar die porsie van Benjamin was vyf hande groter as die porsies van hulle almal. En hulle het gedrink en saam met hom dronk geword.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
43
Pablo Software Solutions Datum
OT