1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40   41   42   43   44   45   46   47   48   49   50
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

(Jakob) JisraEl seën die seuns van JôWsef.

GEN 48:1 : NA hierdie dinge het hulle aan JôWsef meegedeel: Kyk, u vader is siek. Toe neem hy sy twee seuns, Manasse en Efraim, met hom saam.

GEN 48:2 : En hulle het aan Jakob berig gebring en gesê: Kyk, u seun JôWsef kom na u toe. Daarop het Jakob sy krag versamel en op die bed gaan sit.

GEN 48:3 : En Jakob het vir JôWsef gesê: El die Almagtige, het aan my verskyn by Lus, in die Aarde van Kanaän, en my geseën

GEN 48:4 : en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot 'n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou saad ná jou hierdie Aarde as ewige besitting gee.

GEN 48:5 : Nou dan, jou twee seuns wat vir jou in die Aarde van Egipte gebore is voordat ek in Egipte na jou gekom het, is myne. Efraim en Manasse sal myne wees net soos Ruben en Símeon.

GEN 48:6 : Maar jou nakomelinge wat jy na hulle verwek het, sal joune wees. Hulle sal na die naam van hulle broers genoem word in dié se erfdeel.

GEN 48:7 : En toe ek van Paddan gekom het, het Ragel by my gesterwe in die Aarde van Kanaän, op die reis toe daar nog 'n klein stuk Aarde was om by Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit is Betlehem.

GEN 48:8 : Toe JisraEl die seuns van JôWsef sien, sê hy: Wie is dit?

GEN 48:9 : En JôWsef antwoord sy vader: Dit is my seuns wat Elohim my hier gegee het. En hy sê: Bring hulle tog by my, dat ek hulle kan seën.

GEN 48:10 : Maar JisraEl se oë was swaar van ouderdom, hy kon nie sien nie. En toe hy hulle by hom bring, het hy hulle gesoen en hulle omhels.

GEN 48:11 : En JisraEl sê vir JôWsef: Ek het geen gedagte gehad om jou aangesig te sien nie, en kyk, Elohim het my ook jou saad laat sien.

GEN 48:12 : Daarop laat JôWsef hulle van sy knieë af weggaan, en hy buig hom met sy aangesig na die Aarde toe.

GEN 48:13 : En JôWsef neem hulle twee, Efraim met sy regterhand, links van JisraEl, en Manasse met sy linkerhand, regs van JisraEl, en hy bring hulle by hom.

GEN 48:14 : Toe steek JisraEl sy regterhand uit en lê dit op die hoof van Efraim, hoewel hy die jongste was, en sy linkerhand op die hoof van Manasse: hy het sy hande oorkruis gehou, want Manasse was die eersgeborene.

GEN 48:15 : En hy het JôWsef geseën en gesê: Die Elohim voor wie se Aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die Elohim wat my as Herder versorg het, vanaf my geboorte tot vandag toe,

GEN 48:16 : die Boodskapper, die Losser wat my uit besoedeling [gelos] het - mag Hy die jonges seën, en mag deur hulle my naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die Aarde in menigte.

GEN 48:17 : Toe JôWsef sien dat sy vader sy regterhand op die hoof van Efraim gelê het, was dit verkeerd in sy oë; en hy het die hand van sy vader gegryp om dit van die hoof van Efraim op die hoof van Manasse oor te bring.

GEN 48:18 : En JôWsef sê aan sy vader: Nie so nie, my vader; want hierdie een is die eersgeborene: lê u regterhand op sy hoof.

GEN 48:19 : Maar sy vader weier en sê: Ek weet, my seun, ek weet. Hy sal ook 'n volk word, en hy sal ook groot word; nogtans sal sy jongste broer groter wees as hy, en sy saad sal 'n menigte van nasies word.

GEN 48:20 : So het hy hulle dan dié dag geseën en gesê: Met jou sal JisraEl 'n seën toewens, met die woorde: Mag Elohim jou maak soos Efraim en soos Manasse! So het hy dan Efraim voor die aangesig van Manasse gestel.

GEN 48:21 : Daarop sê JisraEl vir JôWsef: Kyk, ek gaan sterwe, maar Elohim sal met julle wees, en Hy sal julle terug laat gaan na die Aarde van julle vaders.

GEN 48:22 : En ék gee jou een deel van die Aarde bo jou broers, wat ek met my swaard en my boog van die Amoriete afgeneem het. [Boekrol van die Opregte 77:47]

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
48
Pablo Software Solutions Datum
OT