| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
GEN 33:1 : EN Jakob het sy oë opgeslaan, en toe hy meteens Esau sien aankom en vierhonderd man saam met hom, het hy die kinders onder Lea en Ragel en onder die twee slavinne verdeel. GEN 33:2 : En hy het die slavinne met hulle kinders eerste, en Lea met haar kinders daaragter, en Ragel en JôWsef laaste opgestel; GEN 33:3 : maar hy self het voor hulle uit gegaan en hom sewe maal na die Aarde gebuig, totdat hy by sy broer gekom het. GEN 33:4 : Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween. GEN 33:5 : Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat Elohim uit Barmhartigheid aan u dienaar geskenk het. GEN 33:6 : En die slavinne het nader gekom, hulle en hulle kinders, en hul neergebuig. GEN 33:7 : En Lea het ook nader gekom met haar kinders en hul neergebuig; en daarna het JôWsef nader gekom en Ragel en hul neergebuig. GEN 33:8 : Daarop sê hy: Wat is jou bedoeling met daardie hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord: Om guns te vind in die oë van my meester. GEN 33:9 : Maar Esau sê: Ek het baie, my broer! Wat joune is, laat dit joune bly! GEN 33:10 : Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my spysbydrae uit my hand aan. Ek het u aangesig gesien soos iemand wat die Aangesig van Elohim gesien het, en u het behae in my gehad. GEN 33:11 : Neem tog my begroetingsgeskenk wat u aangebied is, want Elohim het my Barmhartigheid bewys, en ek het volop. En hy het by hom aangehou, sodat hy dit aangeneem het. GEN 33:12 : Daarop sê hy: Laat ons opbreek en verder trek, en ek sal langs jou trek. GEN 33:13 : Maar hy antwoord hom: My meester weet dat die kinders swak is, en dat ek lammerooie en melkkoeie by my het; as hulle net een dag ooreis word, dan sterf al die kleinvee. GEN 33:14 : My meester moet maar voor die aangesig van sy dienaar uit trek, en ék sal op my gemak trek na die gang van die vee wat voor my aangesig uit gaan, en na die gang van die kinders, tot ek by my meester in Seïr aankom. GEN 33:15 : Toe sê Esau: Laat my tog van die manskappe wat by my is, by jou laat staan. En hy antwoord: Waarvoor dan? Laat my guns in die oë van my meester vind! GEN 33:16 : So het Esau dan dié dag teruggegaan padlangs na Seïr toe. GEN 33:17 : Maar Jakob het takke opgerig om vir hom 'n woning te bou en 'n takskuiling/sukkoth vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem Sukkot. GEN 33:18 : En Jakob het behoue aangekom by die stad Sigem wat in die Aarde van Kanaän is, toe hy van Paddan-Aram gekom het - hy het sy laer voor die stad opgeslaan GEN 33:19 : en die stuk grond gekoop waar hy sy tent opgeslaan het, van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke. GEN 33:20 : Daar het hy ook 'n altaar opgerig en dit genoem: El-Elohey-JisraEl (El die Magtige van JisraEl). This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |