1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40   41   42   43   44   45   46   47   48   49   50
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Jakob seën sy seuns. Daarna sterwe hy.

GEN 49:1 : DAARNA het Jakob sy seuns geroep en gesê: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van die dae sal wedervaar.

GEN 49:2 : Versamel en hoor, seuns van Jakob, en luister na JisraEl, julle vader!

GEN 49:3 : Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag!

GEN 49:4 : Opbruising soos van waters - jy sal die vernaamste nie wees nie, want jy het die bed van jou vader besoedel. Hy het my bed beklim. [Boekrol van die Opregte 36:14]

GEN 49:5 : Símeon en Levi is broers. Hulle wapens is werktuie van geweld.

GEN 49:6 : Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my gees nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hul woede het hulle manne doodgeslaan, en vir hulle vreugde het hulle beeste vermink.

GEN 49:7 : Vervloek is hulle woede, want dit is heftig; en hulle grimmigheid, want dit is hard. Ek sal hulle verdeel in Jakob en hulle verstrooi in JisraEl.

GEN 49:8 : JeHûWdah, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.

GEN 49:9 : JeHûWdah is 'n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos 'n Leeu en soos 'n Leeuin; wie sal hom opjaag?

GEN 49:10 : Die Septer sal van JeHûWdah nie wyk nie, nòg die Wetgewer tussen Sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.

GEN 49:11 : Hy maak Sy jong esel vas aan die Wingerdstok en die vul van Sy eselin aan die edelste Wynstok; Hy was Sy kleed in wyn en Sy gewaad in die bloed van die druiwe.

GEN 49:12 : Hy het Oë wat meer skitter as wyn en witter van tande as melk.

GEN 49:13 : Sébulon sal woon by die strand van die see; en hy sal by die strand van die skepe wees, met die sykant na Sidon toe.

GEN 49:14 : Issaskar is 'n sterkgebeende esel wat tussen die veekrale lê.

GEN 49:15 : Toe hy sien dat die rus goed en die Aarde lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moes dwangarbeid verrig.

GEN 49:16 : Dan regeer sy volk soos 'n septer van JisraEl.

GEN 49:17 : Dan word 'n slang/nagash op die pad, 'n horingadder in die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval.

GEN 49:18 : Op U Verlossing wag ek, JaHWeH!

GEN 49:19 : Gad - 'n bende sal hom aanval, maar hy sal hulle aan die hakskeen gryp.

GEN 49:20 : Aser, sy spys is vet, en hy lewer koninklike lekkernye.

GEN 49:21 : Náftali is soos 'n wildsbok so vry, hy wat mooi woorde laat hoor.

GEN 49:22 : JôWsef is 'n vrugbare seun, 'n vrugbare seun by 'n fontein; sy dogters hardloop oor die muur.

GEN 49:23 : Die boogskutters het hom wel geprikkel en hom beskiet en hom bestry,

GEN 49:24 : maar sy boog het gebuig in sterkte, en die arms van sy hande het sterk gebly, deur die Hande van die Magtige van Jakob - daarvandaan waar die Herder, die Steen van JisraEl, is,

GEN 49:25 : van die El van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou seën met seëninge van die Hemele daarbo, met seëninge van die Afgrond wat daaronder lê, met seëninge van borste en moederskoot.

GEN 49:26 : Die seëninge wat jou vader ontvang het, oortref die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawes van die ewige heuwels. Dit sal wees op die hoof van JôWsef, en op die kroontjie van sy hoof [wat 'n] Separatis onder sy broers [is].

GEN 49:27 : Benjamin is 'n wolf wat verskeur; in die môre eet hy sy prooi, en in die aand deel hy buit uit.

GEN 49:28 : Húlle almal is die twaalf Septers van JisraEl; en dit is wat hulle vader aan hulle gesê het, en hy het hulle geseën; hy het hulle geseën, elkeen volgens sy besondere seën.

GEN 49:29 : Daarna het hy hulle bevel gegee en aan hulle gesê: Ek word versamel by my volk. Begrawe my by my vaders in die spelonk wat op die stuk grond van Efron, die Hetiet, is;

GEN 49:30 : in die spelonk wat op die stuk grond van Magpéla is, wat oos van Mamre lê, in die Aarde van Kanaän; die stuk grond wat Abraham van Efron, die Hetiet, as eiendomsgraf gekoop het.

GEN 49:31 : Daar het hulle Abraham begrawe en Sarah, sy vrou; daar het hulle Isak begrawe en Rebekka, sy vrou; en daar het ek Lea begrawe -

GEN 49:32 : die stuk grond en die spelonk wat in haar is, wat gekoop is van die seuns van Het.

GEN 49:33 : Toe Jakob klaar sy bevele aan sy seuns gegee het, trek hy sy voete terug op die bed en blaas die asem uit; en hy is by sy volksgenote versamel.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
49
Pablo Software Solutions Datum
OT