1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Spreuke oor verskillende dinge.

SPR 10:1 : DIE spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die Vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy Moeder.

SPR 10:2 : Skatte deur besoedelde winsbejag bring geen voordeel nie, maar Geregtigheid red van Dood.

SPR 10:3 : JaHWeH laat die regverdige nie honger ly nie, maar die verderflikheid van die besoedelde stoot Hy weg.

SPR 10:4 : Hy word arm wat met 'n trae handpalm werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.

SPR 10:5 : Hy wat in die somer wegbêre, is 'n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is 'n seun wat skande maak. [MattithJaHûW 9:37]

SPR 10:6 : Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar geweld skuil in die mond van die besoedelde.

SPR 10:7 : Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die besoedelde vergaan.

SPR 10:8 : Hy wat wys van hart is, neem die Gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.

SPR 10:9 : Hy wat in egtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.

SPR 10:10 : Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot 'n val.

SPR 10:11 : Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar geweld skuil in die mond van die besoedelde.

SPR 10:12 : Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.

SPR 10:13 : Op die lippe van die verstandige word Wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.

SPR 10:14 : Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is.

SPR 10:15 : Die goed van die ryke is vir hom 'n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede.

SPR 10:16 : Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die besoedelde is tot oortreding.

SPR 10:17 : 'n Pad ten lewe is hy wat die Tug in ag neem; maar hy wat die Teregwysing verontagsaam, raak verdwaald.

SPR 10:18 : Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.

SPR 10:19 : By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.

SPR 10:20 : Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die besoedelde is min werd. [Psalm 12:6]

SPR 10:21 : Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan Verstand.

SPR 10:22 : Die Seën van JaHWeH - Sy maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg niks by Haar nie.

SPR 10:23 : Dit is vermaak vir 'n dwaas om bloedvermenging te pleeg, maar 'n man van Wysheid het Verstand.

SPR 10:24 : Waar die besoedelde bang voor is - dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.

SPR 10:25 : Wanneer 'n stormwind verbygaan, is die besoedelde nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.

SPR 10:26 : Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.

SPR 10:27 : Die Vrees van JaHWeH vermeerder die dae, maar die jare van die besoedelde word verkort.

SPR 10:28 : Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die besoedelde vergaan.

SPR 10:29 : Die Weg van JaHWeH is vir die egte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die bewerkers van Ongeregtigheid.

SPR 10:30 : Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die besoedelde sal in die Aarde nie bly woon nie.

SPR 10:31 : Die mond van die regverdige laat Wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.

SPR 10:32 : Die lippe van die regverdige ken vreugde, maar die mond van die besoedelde is pure valsheid.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
10
Pablo Software Solutions Datum
OT