1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

(Verkry wysheid en vermy die goddeloosheid)

Die Seun besing die Wysheid.

SPR 4:1 : HOOR, julle seuns, na die Tug van die Vader, en luister om Insig te leer ken;

SPR 4:2 : want Ek gee aan julle lering van Suiwerheid, verlaat nie My Wet nie.

SPR 4:3 : Want toe Ek 'n Seun was by My Vader, teer en 'n enigste voor My Moeder,

SPR 4:4 : het HY My geleer en vir My gesê: Laat U hart MY Woorde vashou; onderhou MY Gebooie, dan sal U lewe.

SPR 4:5 : Verkry Wysheid, verkry Insig; vergeet nie en wyk nie af van die Woorde van MY Mond nie;

SPR 4:6 : verlaat Haar nie, dan sal Sy U bewaar; kry Haar lief, dan sal Sy U bewaak.

SPR 4:7 : Die beginsel van die Wysheid is: Verwerf Wysheid en verwerf Insig deur al wat U besit.

SPR 4:8 : Hou Haar hoog, dan sal Sy U verhoog; Sy sal U eer as U Haar omhels.

SPR 4:9 : Sy sal 'n lieflike Krans gee vir U hoof, Sy sal U 'n sierlike Kroon verskaf. [Odes van Salomo 20:7]

SPR 4:10 : Hoor, MY seun, en neem MY Woorde aan; dan sal die lewensjare vir U vermeerder word.

SPR 4:11 : In die Weg van die Wysheid onderrig EK U, EK laat U die spore van opregtheid betree; [Odes van Salomo 1:3 - 4]

SPR 4:12 : as U loop, sal U treë nie belemmer word nie, en as U hardloop, sal U nie struikel nie.

SPR 4:13 : Hou vas aan die Tug, laat Haar nie los nie; bewaar Haar, want Sy is U lewe.

SPR 4:14 : Kom nie op die pad van die besoedelde, en betree die weg van besoedeling nie.

SPR 4:15 : Vermy haar, gaan nie daarop nie, wyk van haar af en gaan verby;

SPR 4:16 : want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot 'n val bring nie.

SPR 4:17 : Want hulle eet brood van besoedeling en drink wyn van verkeerdheid. [Amos 2:8]

SPR 4:18 : Terwyl die Weg van die regverdiges is soos 'n helder Lig wat verlig soos dit gaan, totdat die dag opgerig is,

SPR 4:19 : is die weg van die besoedelde soos Duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie. [Exodus 10:23]

SPR 4:20 : MY Seun, luister na wat EK sê, neig u oor tot MY Woorde,

SPR 4:21 : laat hulle nie wyk uit U oë nie, bewaar hulle binne-in U hart.

SPR 4:22 : Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam.

SPR 4:23 : Bewaak U hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

SPR 4:24 : Verwyder van U die valsheid van mond, en hou ver van U af die verkeerdheid van lippe.

SPR 4:25 : Laat U Oë reguit kyk en U Ooglede hulle reg voor U uit hou.

SPR 4:26 : Maak die Weg van U voet gelyk, en laat al U Weë vas wees,

SPR 4:27 : wyk nie regs of links af nie, hou U Voet ver van besoedeling.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
4
Pablo Software Solutions Datum
OT