| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
SPR 13:1 : 'N WYSE seun luister na die Tug van die Vader, maar 'n spotter hoor nie na berisping nie. SPR 13:2 : Van die vrug van 'n man se mond eet hy die suiwere, maar die siel van die verraaiers is vals. SPR 13:3 : Wie sy mond bewaak, bewaar sy siel; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang. SPR 13:4 : Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig. SPR 13:5 : Die regverdige haat leuentaal, maar die besoedelde maak gehaat en handel skandelik. SPR 13:6 : Geregtigheid bewaar die opregte van wandel, maar besoedeling bring die oortreder tot 'n val. SPR 13:7 : Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed. SPR 13:8 : Die losprys vir die siel van 'n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie. SPR 13:9 : Die Lig in die regverdige brand vrolik, maar die lamp in die besoedelde gaan dood. SPR 13:10 : Hoogmoed gee net getwis af; maar by die wat hulle laat inlig, is Wysheid. SPR 13:11 : Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer. SPR 13:12 : 'n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar 'n wens wat uitkom, is die Boom van die Lewe. SPR 13:13 : Wie die Woord verag, moet dit ontgeld; maar hy wat die Gebod Vrees, ontvang vergelding. SPR 13:14 : Die Wet van die wyse is 'n Fontein van die lewe, om die strikke van die Dood te ontwyk. SPR 13:15 : 'n Suiwer Verstand verskaf Guns, maar die weg van die verraaiers is permanent. SPR 13:16 : Elke skrandere handel met Kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond. SPR 13:17 : 'n besoedelde boodskapper val in die besoedeling, maar 'n betroubare gesant is genesend. SPR 13:18 : Armoede en skande is vir hom wat die Tug verwerp; maar hy wat Teregwysing in ag neem, word geëer. SPR 13:19 : 'n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van besoedeling, is 'n gruwel vir die dwase. SPR 13:20 : Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg. SPR 13:21 : Die besoedeling agtervolg die oortreders, maar Hy sal die regverdiges tot Suiwerheid herstel. SPR 13:22 : 'n Suiwere laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die oortreder word vir die regverdige weggebêre. SPR 13:23 : Die braakland van die armes [lewer] oorvloedig spys op, maar daar is wat deur Reg verlore gaan. SPR 13:24 : Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met Tugtiging. SPR 13:25 : Die regverdige eet totdat sy siel versadig is; maar die maag van die besoedelde ly gebrek. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |