| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
(Geen opskrif) Basterkerk word vergelyk met 'n bastervrou. SPR 7:1 : MY seun, onderhou My woorde en bewaar My Gebooie by jou; SPR 7:2 : onderhou My Gebooie, dan sal jy lewe, en My Wet soos jou oogappel; SPR 7:3 : bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart. SPR 7:4 : Sê aan die Wysheid: U is my suster! en noem die Verstand [jou] vertroueling, SPR 7:5 : sodat Hulle jou kan bewaar van die verbasterde vrou, van die Ontugtige wat met haar woorde vlei. SPR 7:6 : Want Ek het deur die venster van My Huis, deur My tralievenster uitgekyk, SPR 7:7 : en Ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense 'n jongman sonder Insig opgemerk, SPR 7:8 : wat op die straat verbygaan naby haar hoek en in die rigting van haar huis stap, SPR 7:9 : in die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker. SPR 7:10 : En kyk, daar kom 'n vrou hom tegemoet, soos 'n hoer aangetrek en listig van hart - SPR 7:11 : sy is rumoerig en opstandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie - SPR 7:12 : nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer. SPR 7:13 : En sy het hom gegryp en hom gesoen, met haar onbeskaamde gesig vir hom gesê: SPR 7:14 : Ek moes slagdiere as vergoeding bring, vandag het ek my geloftes betaal; SPR 7:15 : daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry. SPR 7:16 : Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne; [Boekrol van die Opregte 44:49; JeshaJaH 57:8] SPR 7:17 : ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel - SPR 7:18 : kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste. SPR 7:19 : Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan, SPR 7:20 : die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom. SPR 7:21 : Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok. SPR 7:22 : Hy loop skielik agter haar aan soos 'n bees wat na die slagpaal gaan, en met voetboeie wat dien tot Tugtiging van die sot, SPR 7:23 : totdat die pyl sy lewer splits; soos 'n voël haastig na die vangnet vlieg - sonder om te weet dat dit ten koste van sy siel is. SPR 7:24 : Luister dan nou na My, seuns, en luister na die Woorde van My Mond. SPR 7:25 : Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond in haar paaie nie. SPR 7:26 : Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is. SPR 7:27 : Haar huis is weë na die Doderyk/Sheol, wat afdaal na die kamers van die Dood. [Boekrol van Henog 22:2] This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |