Pablo Software Solutions
Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.
Deon Hugo-Reeks :Website Builder
1-Op die Drumpel :2-Gaudeamus Igitur :3-die Werkende Jongmens
Vooraf :Die glasprisma van 'n reënbooglewe :Alles vir die Afrikanervolk, die Afrikanervolk vir Christus :Die stam waaruit jy gegroei het :Katvoetloop op die landmynpad :Die 61-kilometer-per-uur leefwyse :Verantwoordelike onverantwoordelikheid :Met 'n terrasrok agterop 'n bromponie :Ledigheid is die duiwel se :val-nou-en-betaal-later-skema :Skoubulle en springmielies :"Vrees God en hou jou kruit droog"
Web Title

Die hoofsom van ons bespreking in die vorige hoofstuk was die volgende: Elke mens se lewe word gekleur of bepaal deur sy persoonlike siening van die lewe. En die mens se lewenskleurvolheid of lewensbeskouing is weer afhanklik van die prisma van sy lewe: Christus of 'n afgod.

Ons sou ook kon sê dat 'n lewensbeskouing die totaal van antwoorde is wat elke mens gee op die probleme waarvoor hy te staan kom. Of 'n lewensbeskouing is die fondament van die oortuigings wat elke mens het, of waaraan hy voortdurend besig is om te bou. Of, 'n lewensbeskouing is dit wat 'n mens, sonder dat hy altyd verstandelik daaroor nadink, laat besluit oor elke vraagstuk waarmee hy te doen kry.

Hoe ons dit ook al definieer, is dit slegs van belang om te onthou dat elke mens 'n beskouing het oor die mens, sy lewe en die wêreld waarin hy woon. Dan kan ons 'n stap verder gaan en besin oor die Afrikaner se lewensbeskouing. Want soos wat verskillende mense verskillende lewensbeskouings het, so het verskillende volkere verskillende wyses waarop hulle dinge doen.

Die Boesmanvolk hou 'n reëndans tydens droogte - die Afrikanervolk hou 'n biddag om reën.

Die Sothovolk huldig nog tot op groot hoogte die tradisie dat dit 'n man se reg is om meer as een vrou te hê - die Afrikaner beskou die huwelik tussen een man en een vrou as 'n heilige instelling van God.

Ons staatshoof is 'n President, sommige van ons buurstate het konings en ander word deur hul weermag regeer.

Ons heg groot waarde aan goud as betaalmiddel en vir elke rand en sent wat in omloop is, word 'n goudreserwe bewaar - die Khosavolk gee aan beeste as betaalmiddel (veral vir lobola) voorrang.

Ten spyte van die feit dat die Engelssprekendes in ons land se taal wêreldwye erkenning geniet, het die Afrikanervolk verskillende taalbewegings op tou gesit om die Afrikaanse taal te bewaar.

So trots as wat die Afrikanervolk is op die swier van 'n volkspelevertoning, so kan die Kleurlingvolk in oorgawe meegevoer word deur die Kaapse Klopse.

Hierdie lys sou aangevul kon word om die andersheid van verskillende volkere se benadering van verskillende sake uit te wys.

En hierdie tipiese Afrikanerbenadering van sake word dan genoem 'n Christelik-nasionale lewensbeskouing.

Die Christelik-nasionale lewensbeskouing kan dus ook omskryf word as die Afrikaner se Christelike benadering van sy nasionale of volk- en landsake.

Miskien word dit nog duideliker as ons dit noem: God- en bodemgebondenheid. Of, in die woorde van 'n ou leuse: „Alles vir die Afrikanervolk, die Afrikanervolk vir Christus".

Met ander woorde, ons as Afrikaners laat ons optrede en besluite oor alle sake bepaal deur die vraag of dit in belang van ons volk en vaderland is en of die belang van ons volk en vaderland ook tot die eer van God sal strek.

En nou is dit net verbasend hoe prakties die Christelik-nasionale lewensbeskouing is. Dit is so prakties dat dit nooit, soos wat kan gebeur met 'n teorie, verouderd kan raak nie. Hy wat waag om te beweer dat die Christelik-nasionale lewensbeskouing verouderd en uitgedien is, moet eers vir ons vertel of dit ons geloof in God of ons gebondenheid aan ons volk is wat verouderd en uitgedien is - want 'n Christelik-nasionale lewe is 'n God- en bodemgebonde lewe.

Maar as dit dan 'n praktiese lewensbenadering is, kom ons kyk hoe lyk die Christelik-nasionale jong Af rikaner in die praktyk:

Hy is iemand met 'n standpunt, want hy het 'n staanpunt of 'n staanplek in die lewe. Hy staan in alles wat hy doen gebonde aan God en sy volk.

Daarom is hy nooit 'n lewensuitwas („washout") wat soos slappap die vorm aanneem van elke houer waarin hy gegooi word nie, naar hy bepaal die vorm van sy lewensomgewing.

Hy is iemand met beginsels, want in sy hantering van en besluite oor sake begin hy altyd by sy gebondenheid aan God en sy volk.

Daarom is hy nooit 'n onpeilbare uitvaagsel („dropout") wie se lewenskoers onbepaalbaar is nie, want sy lewensoptredes begin altyd by sy gebondenheid aan God en sy volk.

Hy is iemand met entoesiasme - want hy weet van die verhewe doel van die lewe: diens aan God en volk.

Hy is 'n gebalanseerde mens - want hy weet dat God van hom meelewing eis in elke f aset van die volkslewe.

Hy is 'n nederige mens - want diens aan God en volk is nie moontlik by iemand wat in hoogmoed homself verafgod nie.

Hy is 'n onverskrokke mens; 'n mens met lojaliteite; 'n vrye mens; 'n mens met lewensvreugde - omdat hy 'n God- en bodemgebonde mens is.

Dit is natuurlik waar dat net so min as wat alle Christene Afrikaners is, net so min is elke Afrikaner 'n Christen. Daarom het alle Afrikaners nie 'n Christelik-nasionale lewensbeskouing nie. Tog bly dit die grondslag waarop die meerderheid en die kern van ons volksgenote hul lewens bou en so aan die Afrikanervolk 'n andersheid gee.

 

Laaste keer geredigeer: 2008  / Geplaas: 31 Maart 2017

Op die Drumpel ingevoeg 19 Okt 2018, Geplaas: