Pablo Software Solutions
Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.
Deon Hugo-Reeks :Website Builder
1-Op die Drumpel :2-Gaudeamus Igitur :3-die Werkende Jongmens
Vooraf :Die glasprisma van 'n reënbooglewe :Alles vir die Afrikanervolk, die Afrikanervolk vir Christus :Die stam waaruit jy gegroei het :Katvoetloop op die landmynpad :Die 61-kilometer-per-uur leefwyse :Verantwoordelike onverantwoordelikheid :Met 'n terrasrok agterop 'n bromponie :Ledigheid is die duiwel se :val-nou-en-betaal-later-skema :Skoubulle en springmielies :"Vrees God en hou jou kruit droog"
Web Title

As ons na die landsvlag kyk, hoor ons geen geluid nie, en tog vertel die vlag aan ons 'n verhaal.

Die vlag is vir ons die teken of simbool van die onafhanklikheid van die Republiek van Suid-Afrika.

Twee van die klein vlaggies in die middel van die landsvlag vertel aan ons dat daar op 'n stadium twee onafhanklike Boere-republieke in die land was.

In die middel van die vlag is daar 'n klein Britse vlaggie wat ons herinner aan die feit dat Engeland 'n rol gespeel het in ons geskiedenis.

M.a.w. sonder dat ons 'n enkele geluid hoor vertel die landsvlag aan ons 'n klanklose verhaal.

Dieselfde geld van baie bekende tekens en simbole. En 'n teken of simbool se betekenis kan ook nie van hom losgemaak word nie.

Veronderstel ek sou die kommunistiese simbool, die hamer en sekel, op my huis se voordeur verf, dan sal my bure my baie gou daarvan verdink dat ek Kommunistiese neigings toon. En al sou ek ook hoe oortuigend aan hulle probeer verduidelik dat die hamer-en-sekelsimbool vir my iets anders beteken - „ek hou van 'n hamer en sekel op my voordeur" - sal hulle net vir my sę: „die hamer en sekel is die simbool van die Kommunisme, al sę jy ook al wat".

M.a.w. 'n boodskap hoef nie noodwendig in klanke met die mond oorgedra te word nie. Bloot deur die gebruik van tekens en simbole, selfs net met 'n gebaar of 'n gelaatsuitdrukking, kan kommunikasie tussen mense plaasvind en 'n gesprek gevoer word.

En so het modernistiese jeugdiges deur die toedoen van 'n węreldomspannende jeugrewolusie sekere simboliese tekens geskep om 'n boodskap van verset oor te dra. Oor die węreld heen is tradisionele taal vervang met simbole en tekens.

En hierdie tekens word gedra aan kettings om die nek, vasgewerk aan klere, geplak op skoolkoffers ensovoorts.

In my brosjure „Vredesteken of Teken van die Antichris" {Verkrygbaar teen 40c by Sacum, Posbus 478, Bloemfontein.} bespreek ek die betekenis van sommige van hierdie tekens. Hier wil ek slegs die Christen-Afrikanerseun en -dogter se oë oopmaak vir die feit dat 'n oënskynlik onskuldige modegier heel dikwels 'n veel groter gevaar inhou as wat ons dikwels besef.

Aangesien hierdie tekens gedurig wissel en aangevul word, is dit nie moontlik om al die „gevaar"-tekens op lys te bring nie.
Alle tekens moet maar krities onder die vergrootglas van ons Christelik-nasionale lewensbeskouing geplaas word.

Van die heel bekendste tekens wat tans in omloop is, is o.a.:
die Heksepoot, Nerokruis of Vredesteken (gemik teen die Christendom); die skoenlapper, paradys-appel, sekere tong, en vinger-tekens en talle syferkombinasies soos 69, 99 en 66 (gemik teen Christelike sedes); plakkers waarop woorde voorkom soos „grass", „narc" en „junk" (waarmee dwelmmiddels gepropageer word); die gebalde vuis en V-teken (gemik teen gesag).

In die algemeen kan maar gelet word op nekhangers, plakkers („stickers"), oupafrokkies („T-shirts"), armbande en plakkate („posters") waarop kleurvolle simbole en tekens verskyn.

Talle Christen-Afrikanerjongmense dra hierdie tekens en simbole onskuldig omdat hulle nie die betekenis daarvan ken nie.

Ander dra dit, terwyl hulle weet dat daar 'n sekere betekenis aan kleef, maar met die standpunt: vir my beteken dit niks, dit is maar net vir my mooi.

Weet die dwelmslawe en seksueel-afwykendes wat hierdie klanklose taal ken ook dat jy dit uit onkunde dra of dat jy 'n ander betekenis daaraan heg?

Die onskuldige Christen-Afrikanerjongmens kan die slagoffer word van mense wat dalk dink dat hy of sy dit dra om die betekenis daarvan!
En afgesien hiervan assosieer die jongmens hom met mense wat in verset is teen die Christelike beskawing.

Christen-Afrikanerseuns en -dogters: julle is mos nie skoubulle wat, met kettings aan die nek en plakkers aan die klere, deelneem aan 'n permissiewe węreldskou nie?

As 'n kind lief is vir springmielies („popcorn"), is daar niks mee verkeerd nie.
As 'n kind egter net springmielies eet en weier om sy mond aan ander voedsel te sit, gaan daar fout kom. Hy gaan binne 'n maand ondervoed wees - en soos 'n springmielie lyk. Want 'n mens het 'n gebalanseerde dieet nodig vir 'n gesonde liggaam. Nou is daar 'n sekere soort „pop" waaraan duisende ondervoede jongmense verslaaf is - popmusiek. Dit is nie noodwendig verkeerd om daarna te luister nie. Maar popmusiek is 'n onderafdeling van populęre musiek wat weer 'n klein onderafdeling is van die groot musiekwęreld.

As jongmense net na popmusiek luister dan ly hulle noodwendig naderhand aan kuns-ondervoeding.
Daarom moet die Christen-Afrikanerjongmens wát - omdat hy 'n normale jongmens is - ook lief is vir ritme, nie 'n slaaf word van een soort musiek nie. As gebalanseerde mens moet hy na 'n musiekverskeidenheid iuister en so 'n gesonde musieksmaak ontwikkel.

Dit beteken egter nie dat ek hiermee die deure oopgegooi het vir elke Jan-popster en sy maat nie.
Die Christen-Afrikanerjongmens moet homself ook op hoogte bring van al die talle euwels en gevare wat verskuil lę in o.a. die woorde en ritme van popmusiek.

Ten slotte moet elkeen vir homself rekenskap gee of die paneelklopklanke van sy amokmusieksmaak kieurvol inpas in sy God- en bodemgebonde reënbooglewe.

Laaste keer geredigeer: 2008  / Geplaas: 31 Maart 2017

Op die Drumpel ingevoeg 19 Okt 2018, Geplaas: