| Deon Hugo-Reeks :Website Builder |
| 1-Op die Drumpel :2-Gaudeamus Igitur :3-die Werkende Jongmens |
| Vooraf :Die glasprisma van 'n reënbooglewe :Alles vir die Afrikanervolk, die Afrikanervolk vir Christus :Die stam waaruit jy gegroei het :Katvoetloop op die landmynpad :Die 61-kilometer-per-uur leefwyse :Verantwoordelike onverantwoordelikheid :Met 'n terrasrok agterop 'n bromponie :Ledigheid is die duiwel se :val-nou-en-betaal-later-skema :Skoubulle en springmielies :"Vrees God en hou jou kruit droog" |
| Web Title |
|
In die skeikundeklas op skool kan 'n eenvoudige eksperiment uitgevoer word om die vorming van 'n reënboog na te maak. 'n Glasprisma - d.w.s. 'n dik driehoekige glas - word in die son geplaas. Sodra die wit sonstraal deur die glasprisma val, word die sonstraal opgebreek in verskillende helder kleure en 'n klein reënbogie verskyn. Die glasprisma het dieselfde funksie vervul as die reëndruppels in die lug ná 'n reënbui wat verantwoordelik was vir die opbreek van die wit sonstrale in verskillende helder kleure. Die sonstraal wat deur die glasprisma gaan, is net een sonstraal, maar nou word dit verdeel in verskillende helder kleure. En die verdelingspunt is die glasprisma. Indien die glasprisma gebars, of nie van suiwer deursigtige kristalglas gemaak is nie, of indien die vorm van die prisma misvorm is, sal die reënboogkleure die fout weerspieël. Hoe die foutiewe prisma ook al in die son gedraai word, die ineenvloeiende en bymekaarpassende kleure van die klein laboratorium-reënboog sal net nie vorm aanneem nie. 'n Foutiewe verdelingspunt het 'n misvormde reënboog tot gevolg. Soos een sonstraal deur die glasprisma gaan, leef die mens ook net een lewe - net sewentig jaar; as hy baie sterk is tagtig jaar. En soos die een sonstraal verdeel word in verskeie helder kleure, vertoon die mens se lewe ook verskillende „kleure" of fasette of terreine. Daar is die verhouding met die heel besondere persoon in jou lewe; die pas en meet met altyd te min sakgeld; die genot van sekere langspeeltreffers; die swoeg en sweet vir die eksamen; die onderwerping aan of uitoefening van gesag en dissipline; die eerbiedige gemeenskap met mede-gelowiges; die kwinkslag met die tong - almal verskillende „kleure" of aspekte van een mens se lewe. Die wyse waarop die mens gaan leef op elkeen van hierdie verskillende terreine gaan gekleur wees deur die verdelingspunt in sy lewe. Die „prisma" van sy lewe gaan sy wyse van optrede en die betekenis en sinvolheid van sy lewe bepaal. 'n Bars in sy verdelingspunt gaan tot gevolg hê dat sy optrede p verskillende terreine nie bymekaar sal pas en nie 'n eenheid sal orm nie - 'n misvormde lewensreënboog. Sondag bely hy byvoorbeeld: „Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en al jou kragte" - Maanaag luister hy met oorgawe na 'n poptreffer: „In the beginning Man created god". Tydens die weerbaarheidsperiode op skool is hy op aandag: vir volk en vaderland - gedurende die namiddae is hy 'n identiteitslose vreemdeling: met 'n „opgemiekste" taal en simboliese tekens aan kettings om die nek.
Wanneer die prisma weer van 'n ander stof is as kristalglas of as die verdelingspunt 'n misvormde prisma is, gaan 'n merkwaardige en soms tragiese) resultaat volg. Hoewel die resultate met 'n verskeidenheid van name betitel word - 'n lekker ou, 'n dreunlyf of windlawaai, 'n paaiboelie ens. - het al hierdie lewens een gemeenskaplike lewensnood: wat is die betekenis en sin van die lewe? Die enigste mens wat die ware sinvolle reënbooglewe smaak, is hy wie se lewe op alle terreine verlig word en onbelemmerd gekleur vord deur dié sentrale verdelingspunt van sy lewe: Jesus Christus. In die woorde van Spreuke 4 vers 23 moet Christus dus die mens se hart beheers sodat die oorsprong en voortgang van sy lewe in elke lewensfaset Christelik bymekaar sal pas. Die mens se optrede of leefwyse op elke terrein van sy lewe moet terug herlei kan word na die verdelingspunt - sy hart wat deur Christus beheer word. Dis alleen moontlik indien sy manier van optrede met geld, met liefde, met taal, met kuns, met elke lewensfaset, gedra word deur Christelike beginsels wat kleurvol hul oorsprong vind in die prisma van sy lewe : Jesus Christus. Dit is belangrik om te onthou dat God met die skepping van die mens 'n volmaakte reënboogbeeld geskep het ~ „. . . na ons beeld, na ons gelykenis". (Gen. 1:26). Met die sondeval het die mens die kristalglas laat val en is die verdelingspunt in die diepste van sy bestaan verwring en misvorm. Die Herskepper, Jesus Christus, bring egter weer harmonie en herstel en kleurvolheid in die mens se lewe. Maar nou moet die mens voortdurend met waaksaamheid die kleure van sy lewenswandel toets aan die verdelingsprisma van sy lewe. As ons só na die volle lewe kyk vanuit die gesigshoek van Christeike beginsels en elke lewensaktíwiteit gaan toets aan die Christelike beginsel dan word ons siening of beskouing van die lewe 'n Christelike lewensbeskouing genoem. Net so is daar ook ander lewensbeskouings (met name soos humanistiese en liberalistiese lewensbeskouings) as gevolg van gebarste, gekleurde en misvormde lewensprismas. 'n Christelike lewensbeskouing is die padkaart van 'n Christelike lewe. 'n Christelike lewe is 'n reënbooglewe - alleen dáárin is lewensinvolheid.
|
|
Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017 Op die Drumpel ingevoeg 19 Okt 2018, Geplaas: |
