| Deon Hugo-Reeks :Website Builder |
| 1-Op die Drumpel :2-Gaudeamus Igitur :3-die Werkende Jongmens |
| Vooraf :Die glasprisma van 'n reënbooglewe :Alles vir die Afrikanervolk, die Afrikanervolk vir Christus :Die stam waaruit jy gegroei het :Katvoetloop op die landmynpad :Die 61-kilometer-per-uur leefwyse :Verantwoordelike onverantwoordelikheid :Met 'n terrasrok agterop 'n bromponie :Ledigheid is die duiwel se :val-nou-en-betaal-later-skema :Skoubulle en springmielies :"Vrees God en hou jou kruit droog" |
| Web Title |
|
Dis 'n eienaardige verskynsel. As die spoedbeperking in dorpe en stede 60 kilometer per uur is, dan ry mense graag 61 kilometer per uur. Jy vind nooit dat mense genot daaruit put om een kilometer stadiger as die spoedgrens te ry nie, maar blykbaar is daar by mense 'n onkeerbare drang wat alleen bevredig kan word as hulle perke of grense kan oortree. En nou kry ons hierdie verskynsel in elke faset van die lewe: jongmense wil nie meer in hul lewe duidelike beginsels handhaaf en eerbiedig nie, maar oortree en buig hul standpunte met 'n 61-kilometer-per-uur leefwyse. D.w.s. beginsels word maklik oortree, standpunte sonder huiwering gewysig en grense willekeurig verlę. Dit is so vreemd. Want op skool maak die seuns dikwels 'n kring wanneer twee vir mekaar die kęs gegee het. En wanneer skoolseuns vir mekaar die kęs gegee het beteken dit: hulle gaan baklei - daar is nie meer omdraai of uitdraai nie - hulle het standpunt ingeneem en hulle staan en val (dikwels letterlik) daarby. En hoewel by hierdie skermutselinge dikwels minder belangrike sake op die spel is, sal dieselfde seuns wat hierby betrokke is eerder híér onverbiddelik by hul standpunt bly as by ander sake wat lewensbelangrik is. By so vele belangrike sake staan mense neutraal, onsydig, onpartydig, afsydig. En hoe meer jy teenoor sake 'n standpuntlose standpunt inneem hoe meer word dit jou lewensrigting. Die keuse tussen reg en verkeerd, goed en kwaad, patriotisme en verraad, Christus en Satan word beskou as minder belangrik. Mense word allergies vir beginsels, algemeenheid is die mode, standpunte is oudwyfse fabels, kompromievorming is aan die orde van die dag, onmengbare bedrywe en botsende handelinge word saamgevoeg. 'n Verkleurmannetjie sal sy storie moet ken om so vinnig van kleur en standpunt te verwissel as die moderne algemenes. Die oumense sou so 'n mens 'n twee-gat-jakkals noem: Keer jy by die een gat in 'n poging om hom te vang, dan kruip hy op 'n ander plek uit die grond uit.
En hierdie lewensrigting het sy oorsprong op skool wanneer Jan en Sannie nie meer die moed het om Jan en Sannie te bly nie, maar veilig voel as 'n identiteitslose nommer of 'n skaduwee van hulle „pęlle". Hulle verdwyn in 'n kleurlose massa van middelmatigheidverslaafdes en gee selfs nie om om te buig voor die dwelmmiddelgod nie. Jy hoor hulle op skool 'n geradbraakte on-Afrikaanse, en dikwels anti-Christelike, mengelmoestaal praat. Anders gestel sou ons kon sę dat hierdie moderne algemenes 'n akkommodasiegees het. Want akkommodasie beteken om huisvesting te verskaf en hierdie moderne algemenes huisves verskillende standpunte en „geeste" in hul losieshuislewens. Dieselfde seun wat met 'n welgevormde liggaam (as tempel van God) pronk, raak lawaaierig hoenderkop by 'n huispartytjie - en sy liggaam word 'n tempel van Bacchus. Hoewel 'n volk tot 'n groot mate beweeg in die rigting wat sy volwassenes bepaal en gekies het, beweeg hy op die bene van sy jongmense. Daarom moet elke Christen-Afrikanerjongmens besef dat die beskawing wat hy geërf het alleen aan die volgende geslag ongeskonde nagelaat kan word indien hy dit met moeite vir homself verwerf het. Daarvoor is nodig dat hy met nougesetheid alles wat op sy lewenspad kom as Christen-Afrikaner sal toets aan die ware verdelingslyn, die skeiding tussen lig en duisternis, geloof en ongeloof. En hierdie verdelingslyn (of in geleerde taal genoem: antitese) loop deur die ganse lewe. D.w.s. die jongmens moet in alles wat hy doen die grense ken. En hy moet weet dat selfs 'n klein oortreding van 'n grens - selfs 61 kilometer per uur - hom skuldig en strafbaar maak. Daarom moet die Christen-Afrikanerjongmens 'n standpunt-mens wees met 'n 60-kilometer-per-uur-lewe. Dan is hy 'n mens wat weet dat liefde iets anders is as wellus en Christelike naasteliefde nie dieselfde is as humanistiese mede-menslikheid nie. Dan is hy 'n mens wat weet dat 'n „generation gap" nie 'n nuwe onding nie, maar 'n vanselfsprekendheid is in enige samelewing waar gesag en dissipline nog waarde het. Dit is die mens wat weet dat die Christen-Afrikaner nie in algemene kunssmaak verval nie, maar die teater van die absurde en ondergrond-popmusiek beoordeel aan die mate waarin die Koningskap van Christus daarin gestalte kry. Dit is die mens wat weet dat eerbetoon en selfrespek en hoflikheid en gasvryheid en vriendelikheid en bedagsaamheid en spontaniteit en wellewendheid verkieslik is bo eensame isolasie op 'n dwelm-„trip". Dit is die mens wat weet hoe belangrik die uitwissing van anglisismes in sy woordeskat is en sal sif aan verbasterde skoolliedjies. Die Christen-Afrikanerjongmens, omdat hy 'n standpunt mens is, is anders in 'n węreld waar alles eenders geword het. En sy andersheid lę ten diepste in die woorde van 2 Kor. 6: want „watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Belial?" |
|
Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017 Op die Drumpel ingevoeg 19 Okt 2018, Geplaas: |
