Pablo Software Solutions
Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.
Deon Hugo-Reeks :Website Builder
1-Op die Drumpel :2-Gaudeamus Igitur :3-die Werkende Jongmens
Vooraf :Die glasprisma van 'n reënbooglewe :Alles vir die Afrikanervolk, die Afrikanervolk vir Christus :Die stam waaruit jy gegroei het :Katvoetloop op die landmynpad :Die 61-kilometer-per-uur leefwyse :Verantwoordelike onverantwoordelikheid :Met 'n terrasrok agterop 'n bromponie :Ledigheid is die duiwel se :val-nou-en-betaal-later-skema :Skoubulle en springmielies :"Vrees God en hou jou kruit droog"
Web Title

Sitstakings onder skoliere het ook in Suid-Afrika al kop uitgesteek. Rewolusie en opstand en jeugverset en protesoptogte het oor die wêreld heen al alledaagse verskynsels geword. En hoewel die Christen-Afrikanerjongmense hulself dikwels op die skouer klop omdat hulle nog nie deel hieraan het nie, moet hulle hulself die volgende afvra:

*Is jou vader nog jou gesagsfiguur, of die outydse ou „toppie" by die huis?
*Is jou skoolhoof en onderwysers en leerlingraad, met al hulle tekortkominge, jou gesagsmeerderes of word hulle gesien as „squares" wat jy sover as moontlik moet dwarsboom?
*Dra die Woord van God die finale gesag oor jou lewe, of is dit vir jou ook al '11 boek vol stories en fabels?
*Is die owerheid die deur God daargestelde gesagsdraer waaraan jy onderdanig bly, of moet jy hulle so ver as moontlik besteel met verwaarlosing van skoolboeke en hulle belieg om weermagopleiding te ontduik?

Optand teen gesag en dissipline, en misbruik van menslike vryheid, is nie altyd geleë in uiterlike demonstrasies nie, maar dikwels in doodgewone lewenshoudings. Daarom moet die Christen-Afrikanerjongmens vir homself duidelikheid kry oor die begrippe „gesag" en „vryheid".
Soos wat ook die geval was met al die onderwerpe wat tot dusver behandel is gaan ek ook hier net aantekeninge maak.

Eerstens oor gesag:
*God is die Almagtige en die mens is die onmagtige.
*Saam met alle ander skepsele is die mens onderworpe aan die Wet van God - m.a.w. God het aan die mens sekere moontlikhede maar ook sekere beperkings gegee. 'n Mens mag dink dat hy magtig is vanweë die posisie wat hy beklee maar al-magtig kan hy nooit word nie.
*Daarom kan ons ook sê dat God die Oorsprong is van alle menslike gesag. Dit was deur Sy wil dat state (staatsgesag), ouers (ouerlike gesag) en verskillende (gesags-) instansies hul gesagsposisie bekom het.
*Daarom kan ons sê dat alle gesagsdraers direk by God verantwoordelik is vir die wyse waarop hulle gesag uitoefen, en gesagsonderdaniges is aan God verantwoording verskuldig indien hulle gesag verwerp.

Iets oor vryheid:
*Slegs God, die Vrymagtige, is absoluut vry, aan niemand onderworpe nie.
*Die mens is afhanklik van sy Skepper, aan sy Wet onderworpe.

Nou moet ons dit onmiddellik stel dat gesag en vryheid nie teenoor mekaar staan soos lig en donker nie. Vryheid is juis geleë in gesagsgehoorsaamheid.

'n Landsburger is vry solank hy hom aan die landswette onderwerp - so nie word hy opgesluit.
Die vis is vry, solank hy gebonde is aan die water - so nie vrek hy.
Die mens is werklik vry, alleen solank hy in gehoorsaamheid gebonde bly aan gesaginstansies en bo-al aan die Wet van God.
Die mens is alleen vry in onderdanigheid aan God - as hy in humanistiese vryheid homself sien as god, ontdek hy spoedig dat hy 'n mislukte god is.

M.a.w. gesag en vryheid staan nie teenoor mekaar nie, maar is ten nouste met mekaar verweef.
Indien dit die geval is, dan lei Christelike vryheid tot verantwoordelikheid, gehoorsaamheid, gebondenheid en onderdanigheid.
Indien ons egter vryheid losmaak van gesag dan lei humanistiese vryheid tot losbandigheid, ongebondenheid, onverantwoordelikheid en wetteloosheid.

In die samelewing rondom ons kom ons daagliks met hierdie sieklike vryheidsbegrip in aanraking.

*Daagliks hoor ons van persvryheid. En die gevolg hiervan is dat dieselfde gemeente wat pas geluister het na 'n boodskap van Christelike vryheid, net daarna in die „Waarheid" kan kyk hoe hul medekerklidmate deur persongebondenheid aan die slawekettings van skinderstories verby gelei word.
*Op sosiale gebied het losbandige vryheid die mens wel losgemaak van gehate sosiale kodes en hom toe genadeloos gebind aan die eensame hel van dwelmverslawing.
*Op ekonomiese gebied het ons gesien hoedat die ongebonde vryheid wat gesê het salarisskale mag nie gekoppel word aan produktiwiteit nie (maar almal moet gelyke besoldiging kry) geen raad geweet het toe inflasie intree nie.
*En voeg ons nog hierby die eis om liefdesvryheid wat gelei het tot vrye liefde, dan sien ons hoedat vryheid wat nie gebonde is aan gesag nie, lei tot die uiterste vorme van losbandigheid en onverantwoordelikheid.

Die Christen-Afrikanerjongmens moet vashou aan dié waarheid dat die mens alleen vry en mondig en volwasse is as hy 'n kind in God is.
Om vry te wees beteken nie dat jy die reg het om te kies nie, maar om vry te wees beteken om reg te kies.
Nou weet ek die jongmens is 'n avontuursoeker. Daar is 'n bruisende energie en 'n waaghalsigheid in hom wat hom dinge laat doen waaroor hy later jare sê: hoe op aarde kon ons so iets aangevang het? En ek wil my verstout om te sê: bewaar ons van dié dag as die jeug nie meer waaghalsig is nie - vuur kan jy blus, maar as kan nie weer aan die brand gekry word nie.
Terwyl die jongmens dan die voorreg het om met 'n bietjie onverantwoordelikheid los te kom, moet die Christen-Afrikanerjongmens (omdat hy weet dat ware vryheid juis in gesagsgehoorsaamheid geleë is) 'n verantwoordelike onverantwoordelike mens wees.


Laaste keer geredigeer: 2008  / Geplaas: 31 Maart 2017

Op die Drumpel ingevoeg 19 Okt 2018, Geplaas: