| Deon Hugo-Reeks :Website Builder |
| 1-Op die Drumpel :2-Gaudeamus Igitur :3-die Werkende Jongmens |
| Vooraf :Die glasprisma van 'n reënbooglewe :Alles vir die Afrikanervolk, die Afrikanervolk vir Christus :Die stam waaruit jy gegroei het :Katvoetloop op die landmynpad :Die 61-kilometer-per-uur leefwyse :Verantwoordelike onverantwoordelikheid :Met 'n terrasrok agterop 'n bromponie :Ledigheid is die duiwel se :val-nou-en-betaal-later-skema :Skoubulle en springmielies :"Vrees God en hou jou kruit droog" |
| Web Title |
|
Die Hippie-kultus van die afgelope jare het 'n nuwe gedagte laat posvat: die mens is 'n spelende wese. Uiteraard sal die Christen-Afrikanerjongmens hom nie met hierdie pligversakende mense wil assosieer nie. Maar uit vele Christen-Afrikanerjongmense se optrede lyk dit asof daar 'n iandswet is wat bepaal dat net nie-blanke bediendes beddens mag opmaak, vuil klere op die vloer mag optel en skoene mag skoonmaak. Is so 'n lewenswyse werklik so anders as dié wat ons onder die Hippie-kolonies aantref ? As ons dieper delf, sien ons dat die onderwysers, wat tussen vlytige en traaglui kinders onderskei, hieroor verkwalik word. Die houding van jongmense teenoor studie is dikwels nie om alles te doen waartoe jy in staat is nie, maar om te kyk of die geleentheid daar is om jou ten volle te geniet en met die minimum werk verby te kom. 'n Christen-Afrikanerjongmens verdien geen medalje as hy sy klasmaats uitgestof het nie - wel as hy homself oortref het. En 'n Christen-Afrikanerjongmens mis sy doel as hy net sy plig doen - hy beantwoord alleen aan sy doel as hy alles moontlik gedoen het met al die talente wat hy ontvang het op elke plek waar hy kom. In ons vaderland is elke talent en elke gryntjie energie nodig - ongeag wat jou prestasie of onvermoë is op die sportveld, in die eksamenkamer, in 'n gesagsposisie. Daarom is dit nodig dat ons sal besin oor arbeid en selfwerksaamheid. Arbeid is nie net daarin geleë dat dit die weg is waardeur die mens die skepping kan betree en die stoflike natuur kan omskep tot kultuurprodukte wat vir hom waarde het nie, maar deur arbeid kan die mens ook abstrakte idees tot iets konkreets omskep. Maar bo alles is enige vorm van hande- of denkarbeid die middel waardeur die mens antwoord op die roep van God. Om dit te verduidelik moet ons eers kortliks aandag gee aan die foutiewe onderskeiding wat ons maak tussen diegene wat werk omdat hulle 'n roeping het (hulle werk gewoonlik Sondae), en diegene vat maar net 'n beroep het (en op blou-Maandae moet swoeg en sweet). Hierdie foutiewe siening van ons het prakties tot gevolg dat wanneer ons hoor van iemand wat tot bekering gekom het en besluit het om vir die Here te gaan werk, dan aanvaar ons vanselfsprekend dat hy predikant of sendeling of maatskaplike werker gaan word. Selde vra ons onsself die vraag af vir wie die mense by die spoorweg, in die staatsdienskantoor, in die huis, agter die tikmasjien, die toonbank, die besem in die straat, werk. As net sekere werk 'n roeping is, en net sekere mense vir die Here werk, werk die ander dan vir die duiwel?
Dit het tot gevolg dat mense, en ook jongmense, hul arbeid as 'n las en kruis sien, i.p.v. 'n Goddelike roeping. Nee, elke mens wat deur die genade van God geroep is uit die duisternis tot sy wonderbare lig, en daarna sy beroep uit dankbaarheid in diens van God se Koninkryk wil stel, het 'n roeping. Daarom werk geen gelowige mens vir homself nie, hy werk nie maar net om sy „job" te behou nie, hy werk so dat hy eenmaal voor die regterstoel van God verslag sal kan doen oor die wyse waarop hy aan sy roeping beantwoord het. Indien ons arbeid só sien, word die aandelebeurskantoor, die afslaerslokaal, die spoorwegwerkplaas, die verslaggewerstafel, die telefoonsentrale, en elke arbeidsterrein 'n altaar waarop die mens sy talente kan offer in diens van sy land en volk en bowenal die Koninkryk van God. En dan is Maandag nie blou en Dinsdag vaal en Woensdag kleurloos nie, maar vertoon elke oomblik van elke dag 'n kleurvolle aanloklikheid. Want dan is arbeid 'n adellike aksie wat:
AS die Christen-Afrikanerjongmense arbeid só sien, dan moet die werkskuheidskultus plek maak vir selfwerksaamheid. Dan kan daar nie meer sprake wees van halfhartige beroepskeuses nie. Belangrik is ook dat ledigheid en verveling dan 'n persoonlike skande vir elke jongmens sal wees - en hoeveel van die euwels, wat uit ledigheid gebore word, sal nie dan ook verdwyn nie? Want soos wat ons in advertensies heel dikwels lees van vakansietoere onder die opskrif: „vlieg nou en betaal later", so is ledigheid die duiwel se „val nou (in sonde) en betaal (boet) later"-skema. |
|
Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017 Op die Drumpel ingevoeg 19 Okt 2018, Geplaas: |
