Die belofte is vir U

DIE BELOFTE IS VIR U

10,000 Myl van wondere - na Palestina

J.Edwin Orr

In Afrikaans:

Mev M.M. Oberholzer

Uitgegee deur die:

C.S.V Boekhandel

Stellenbosch

1936

"Julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom toe sal roep"

 

   

HOOFSTUK I
DIE PROBLEEM VAN FRANKRYK

„ WAAR gaan jy heen hierna?"

„ Na Frankryk."

My vriend het geglimlag.

,, Gaan jy swem - of vlieg?"

„Vlieg!"

Op daardie oomblik was dit vir 'n grap bedoel; maar die suggestie het 'n reeks van gedagtes gewek. Om sekere sake te voltooi het ek gereël om in Londen te bly tot byna die end van die week. Vreemd genoeg, ek het die innerlike oortuiging gehad dat ek gedurende die komende naweek in Parys sou preek.

Tyd was kosbaar. Waarom nie vlieg nie?

Die eerste beswaar was gebrek aan fondse. Verder, „ Wat sou vriende sê?" Na ek daaroor gebid het, het ek 'n lugdiens-maatskappy opgebel, en ek was verras om te verneem dat hulle pryse omtrent tien sjielings hoër was as die spoorwegtarief plus maaltye. En ek sou 'n hele dag wen!

Die volgende dag het ek tee gedrink in 'n stadsklub met 'n goeie vriend, wat my die som waarom ek gebid het, oorhandig het. Maar die volgende oggend het ek 'n Christen ontmoet wat behoeftig was, en ek het my „vliegtuig-fonds" ter wille van hom blymoedig beroof. Tot op die oggend van my vertrek was die geld nie aangevul nie. Maar ek was so oortuig van die Here se leiding dat ek weer opgebel het - hierdie keer om 'n plek te bespreek op die vliegmasjien.

 

Gaan 'n rukkie neem voordat hierdie ordentlik ge- OCR sal wees. Kom nou: Indien elke persoon net één bladsy oortik en aanstuur, het ons die boek op die net sommer baie vinnig! i m @ t h e z i r . c o m (sonder die spasies) Die Belofte is vir U.zip [22,185,911 bytes]

Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.