Die belofte is vir U

DIE BELOFTE IS VIR U

10,000 Myl van wondere - na Palestina

J.Edwin Orr

In Afrikaans:

Mev M.M. Oberholzer

Uitgegee deur die:

C.S.V Boekhandel

Stellenbosch

1936

"Julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom toe sal roep"

 

 

   

Kampe. Buite hierdie Kerke, voorheen aan die staat verbind (in Elsas-Lotaringe is die Lutherse Kerk nog 'n offisiële Kerk), is daar baie bewegings en denominasies, sommige waarvan vol lewe is.

„ Tog is die toestand van die Protestantisme oor die algemeen baie ernstig; die essensieël Protestantse gebiede word ontvolk; slegs 200,000 mense soos vermeld word, staan in verband met die Kerke. Gedurende die laaste dertig jaar was een van die belangrikste organisasies verplig gewees om meer as 100 buite-kerkies (preaching posts) te sluit, en 'n groot Sendinggenootskap moes dieselfde doen met 'n hele aantal Evangelie-Sale. Byna orals word vooruitgang belemmer deur skuld, wat ook dreig om die werk tot stilstand te bring. Nog iets wat te betreur is en wat verantwoordelik is vir baie euwels, is die groot invloed wat die modernisme nog het in sekere kringe en skole. Aan die ander kant is dit waar dat ortodokse mense dikwels slaap op hulle poste.

,, Gelukkig kan ons God dank vir die werk wat Hy nou in baie harte, veral onder jong predikante, verrig. Mense is geroep wat met krag die boodskap van bekering verkondig. Daar is ook 'n beweging wat probeer om mense na die Bybel terug te bring. Daar word veel van herlewing gepraat, en in verband daarmee moet ons in die gebed verenig oor die volgende onderwerpe: (1) Die Eenheid van God's kindere. Dit moet nog verwesenlik word. Die verskillende gelowige kringe ken mekaar nie en probeer om, elk vir homself, 'n herlewing te verkry. God kan dit nie op sulke voorwaardes skenk nie. (2) Die Heiligmaking van die Gelowiges. Baie sien in die verlossing deur Christus net die vergiffenis van sonde, en daar is baie misverstand oor die persoon en die werk van die Heilige Gees. Mag die Bybel se boodskap van oorwinning in Christus en van die Volheid van die Gees orals verkondig en uitgeleef word. (3) Eenvoud in die Prediking. In 'n land wat natuurlik geneig is tot

Gaan 'n rukkie neem voordat hierdie ordentlik ge- OCR sal wees. Kom nou: Indien elke persoon net één bladsy oortik en aanstuur, het ons die boek op die net sommer baie vinnig! i m @ t h e z i r . c o m (sonder die spasies) Die Belofte is vir U.zip [22,185,911 bytes]

Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.