Die belofte is vir U

DIE BELOFTE IS VIR U

10,000 Myl van wondere - na Palestina

J.Edwin Orr

In Afrikaans:

Mev M.M. Oberholzer

Uitgegee deur die:

C.S.V Boekhandel

Stellenbosch

1936

"Julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom toe sal roep"

 

 

   

van openbare onderwysers in die primêre skole is geaffilieër met kommunistiese vereniginge. Selfs die plattelandse bevolking word deur hierdie leringe beïnvloed, en dis 'n welbekende feit dat sedert die oorlog die meeste mans niks meer te doen wil hê met godsdiens nie. Dit is nie verrassend dat die morele standaard van vele so verskriklik laag is nie.

„ Tog word opregte harte orals gevind en sommige deure sou geopen word, veral in die provinsies. Maar dis hartverskeurend om te sien hoe weinig gedoen word vir die evangelisering van die mense. Uit die negentig departemente is daar ag-en-dertig wat gemiddeld slegs twee Protestantse werkers het. ('n Departement kan 200,000, tot 500,000 of meer bewoners hê). In die Oostelike voorstede van Parys, by voorbeeld, is daar vyf-en-twintig stede wat meer as 400,000 bewoners verteenwoordig wat sonder enige getuie vir Jesus is. Natuurlik is daar sommige getroue sendingorganisasies in Frankryk, en Protestantse Kerke doen sendingwerk, maar hulle is baie min en al hul pogings saam is net 'n druppel in die oseaan van vyf-en-dertig tot veertig-miljoen wat in geestelike duisternis lewe. As elke Protestant 'n sendeling sou word en die Evangelie bring aan, sê veertig mense, sou die grote taak volbring word.

„ As ons Frankryk wil evangeliseër, laat ons om 'n kragtige herlewing onder die Frans-sprekende Protestante bid. Tydens die Hervorming en gedurende die volgende eeue van vervolging het Frankryk getoon wat hy vir die Evangelie kon doen. Vandag word die 800,000 Protestante wat oor is, hoofsaaklik in die volgende vyf gebiede gevind: - die Suide, Charentes, die Noorde, Elsas-Lotaringe en Montbeliard. Die groot meerderheid behoort aan die Hervormde Kerke en die Hervormde Evangeliese Kerke. Hierdie twee organisasies het voorheen 'n onderskeid gemaak tussen die Evangeliegesindes aan die een kant, en Moderniste aan die ander, maar nou is daar groot verwarring in altwee

Gaan 'n rukkie neem voordat hierdie ordentlik ge- OCR sal wees. Kom nou: Indien elke persoon net één bladsy oortik en aanstuur, het ons die boek op die net sommer baie vinnig! i m @ t h e z i r . c o m (sonder die spasies) Die Belofte is vir U.zip [22,185,911 bytes]

Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.