Die belofte is vir U

DIE BELOFTE IS VIR U

10,000 Myl van wondere - na Palestina

J.Edwin Orr

In Afrikaans:

Mev M.M. Oberholzer

Uitgegee deur die:

C.S.V Boekhandel

Stellenbosch

1936

"Julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom toe sal roep"

 

 

   en styg teen die wind op - eers 'n paar voet, dan oor die bome, hoër, nog hoër, nou oor 'n plaas, nog hoër, weer op, 'n duisend voet, tagtig myl per uur, dan negentig, dan 'n honderd - Nou vertrek ons!

* * * *

„Waarheen? Na Frankryk. Wat dan? Weet nie. Waar sal jy slaap? Weet nie. Preek? Weet nie. En nou is ons oor Londen. Goeie ou Londen!"

Ek let op dat die Franse dametjie vóór my Mon grand ami Shakespeare (My groot vriend, Shakespeare) lees. Die ander passasiers soek landtekens uit. Daardie lang kêrel daar voor is 'n Engelse burggraaf.

„ Waar is ons nou? Daar is die Theems. Ek wonder watter stad dit is. Dis Gravesend. Ja, daar is Echo Square - daar is die nuwe Kerk - daar is Will Hopkins se huis - en daar is sy kar daarbuite! Wonder wat hy sou sê as hy my nou kon sien?" Daar ek 'n teer plek in my hart het vir die Hopkins-familie, het ek verlangend neergekyk en die gelukkige familie aan die middagete voorgestel.

Gravesend verdwyn uit die skildery. Benede ons strek 'n wonderlike gesig - die velde van Kent wat presies op een van Moeder se lapwerkspreie lyk. Ek glimlag as ek dink aan wat Moeder sou sê as sy haar kind nou kon sien.

Ons nader die Suidkus. Benede lê die see. „ Wel, is hierdie vlieëry nou nie pragtig nie? " My gedagte gaan terug na die dag toe ek uit Birkenhead gefiets het met 2/8½d. om die wêreld te deurreis. Ek tel my kontantgeld.

„ H'm. Gedink ek het vyf sjielings; A! Hier is nog 'n sikspens. Moenie spandabel daarmee wees nie.

"Vir 'n halfuur jaag ons oor die Engelse Kanaal met 'n spoed van honderd-en-tien myl per uur. Die kus van Frankryk word sigbaar. Tien minute later is ons bo 'n ander lapwerksprei-vermoedelik Pikardië. Nou

Gaan 'n rukkie neem voordat hierdie ordentlik ge- OCR sal wees. Kom nou: Indien elke persoon net één bladsy oortik en aanstuur, het ons die boek op die net sommer baie vinnig! i m @ t h e z i r . c o m (sonder die spasies) Die Belofte is vir U.zip [22,185,911 bytes]

Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.