Die belofte is vir U

DIE BELOFTE IS VIR U

10,000 Myl van wondere - na Palestina

J.Edwin Orr

In Afrikaans:

Mev M.M. Oberholzer

Uitgegee deur die:

C.S.V Boekhandel

Stellenbosch

1936

"Julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom toe sal roep"

 

 

 

Ek het middagete met lan Thomas en 'n ander vriend geniet. Ons het om twee-uur uitmekaar gegaan. Drie-uur het my in die private vertrek van 'n direkteur van my uitgewers gevind. Die lui van die huistelefoon het ons gesprek onderbreek.

,, Ja? Hy is hier. Goed --- Mnr. Thomas wil u in die vertoonkamer sien, Mnr. Orr."

„ Ian Thomas? Hoe het hy geweet dat ek hier was?"

Ek het afgegaan om ondersoek in te stel.

„ Hello, Ian! Hoe het jy geweet dat ek hierheen sou kom?"

„ Ek het die Here se leiding gevra," het hy geantwoord met 'n laggie, en voortgegaan om te verduidelik.

Hy het die straat afgestap met my tweede boek onder die arm, toe 'n man hom skielik stop:
„ Daardie teks, Beproef My Tog, was my tot groot seën."

En natuurlik het Mnr. Thomas hom vertel dat hy net die middagmaal geniet het met die boek se skrywer, wat op die punt staan om na Parys te vertrek.

„ Parys? " het die vreemdeling gesê. „ Ek werk in Parys."

Voor ek iets kon sê, het lan Thomas hom na 'n vreemdeling wat digby gestaan het, gekeer.

,, Hier is Mnr. Orr nou."
Die vreemdeling het gebuig en my sy naam gesê.

Hy was 'n kolporteur.

„ Ek het u vriend gevra om my saam te bring, Mnr. Orr," sê hy, „ om aan te bied om u van diens te wees in Parys - u rond te neem, of u tolk te wees, of enigiets waarvan u sou hou."

„ Baie dankie!" -- ek was taamlik verbluf.

„ Wanneer gaan u terug na Parys?"

„ Oor 'n dag of twee."

„ Maar," het ek verduidelik, „ ek sal daar wees voor u."

„ En u adres ? " vra hy.

Gaan 'n rukkie neem voordat hierdie ordentlik ge- OCR sal wees. Kom nou: Indien elke persoon net één bladsy oortik en aanstuur, het ons die boek op die net sommer baie vinnig! i m @ t h e z i r . c o m (sonder die spasies) Die Belofte is vir U.zip [22,185,911 bytes]

Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.