| „ En waarom ruim die outoriteite die vuil plek nie weg nie?" vra u. Ek het dit ook gevra, maar het g'n bevredigende verklaring gekry nie. Offisieel bestaan die gordel nie as 'n bewoonde gebied nie. Die „ soniers " word net geïgnoreer. Keer op keer is hulle 'n verplasing na ander kwartiere beloof - maar hulle is nog daar. 'n Groot brand sou die beste wyse wees om die plek skoon te maak, maar dan sou daar die verantwoordelikheid wees om die tien duisende te verplaas en vir hulle voorsiening te maak.
Soos 'n mens sou verwag, is die Swart Gordel sterk Kommunisties. Ook geen wonder nie! Die samelewing beskou hierdie verstotelinge met veragting en die verstotelinge vergeld dit met haat. Polisie-agente durf nie alleen die gebied binnegaan nie.
,, Waarom loop ons dan langs die paadjies, en ons word deur manne en vroue begroet en die kinders gaan saam met ons?"
„ Hulle weet ons het hulle lief," het Mnr. Jacques gesê, „ en op hulle manier het hulle ons ook lief. In die begin het die kinders klippers gegooi, maar die Kommuniste (die mans) het hulle daaroor geknor.
Daar is geen vrees in die liefde nie, maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite.
Die ,, Tabernacle "-voorpos (saam met 'n ander klein onderneming) is die enigste poging om hierdie „ soniërs " vir Christus te wen. Ek het die klein saal binnegegaan en gewonder hoe die diens sou wees. 'n Paar in die „ gemeente" was 'n bietjie dronk en luidrugtig, maar hulle het nie gekom met die bedoeling om te steur nie. My hart het lekker gekry toe Jacques Blocher en twee maats 'n bekende wysie begin sing: „ Redites moi Thistoire de Tamour de Jesus. ..." (Bring my die oue tyding Die tyding van God's troon . . .) |