Die belofte is vir U

DIE BELOFTE IS VIR U

10,000 Myl van wondere - na Palestina

J.Edwin Orr

In Afrikaans:

Mev M.M. Oberholzer

Uitgegee deur die:

C.S.V Boekhandel

Stellenbosch

1936

"Julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom toe sal roep"

 

 

   

„ En waarom ruim die outoriteite die vuil plek nie weg nie?" vra u. Ek het dit ook gevra, maar het g'n bevredigende verklaring gekry nie. Offisieel bestaan die gordel nie as 'n bewoonde gebied nie. Die „ soniers " word net geïgnoreer. Keer op keer is hulle 'n verplasing na ander kwartiere beloof - maar hulle is nog daar. 'n Groot brand sou die beste wyse wees om die plek skoon te maak, maar dan sou daar die verantwoordelikheid wees om die tien duisende te verplaas en vir hulle voorsiening te maak.

Soos 'n mens sou verwag, is die Swart Gordel sterk Kommunisties. Ook geen wonder nie! Die samelewing beskou hierdie verstotelinge met veragting en die verstotelinge vergeld dit met haat. Polisie-agente durf nie alleen die gebied binnegaan nie.

,, Waarom loop ons dan langs die paadjies, en ons word deur manne en vroue begroet en die kinders gaan saam met ons?"

„ Hulle weet ons het hulle lief," het Mnr. Jacques gesê, „ en op hulle manier het hulle ons ook lief. In die begin het die kinders klippers gegooi, maar die Kommuniste (die mans) het hulle daaroor geknor.

Daar is geen vrees in die liefde nie, maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite.

Die ,, Tabernacle "-voorpos (saam met 'n ander klein onderneming) is die enigste poging om hierdie „ soniërs " vir Christus te wen. Ek het die klein saal binnegegaan en gewonder hoe die diens sou wees. 'n Paar in die „ gemeente" was 'n bietjie dronk en luidrugtig, maar hulle het nie gekom met die bedoeling om te steur nie. My hart het lekker gekry toe Jacques Blocher en twee maats 'n bekende wysie begin sing:
„ Redites moi Thistoire
de Tamour de Jesus. ..."
(Bring my die oue tyding
Die tyding van God's troon . . .)

Gaan 'n rukkie neem voordat hierdie ordentlik ge- OCR sal wees. Kom nou: Indien elke persoon net één bladsy oortik en aanstuur, het ons die boek op die net sommer baie vinnig! i m @ t h e z i r . c o m (sonder die spasies) Die Belofte is vir U.zip [22,185,911 bytes]

Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.