|
„ O! Wel, -- J. Edwin Orr, nêrens in besonder, Parys, voorheen van nêrens in Londen." Die kolporteur het gelag.
„ Maar ek wil u vind."
„ Goed," sê ek, „ Gee my u adres, asseblief, en ek sal u opbel voor ek Parys verlaat."
Ek het hom weer bedank en ons het uitmekaar gegaan.
Daardie aand het God weer die gebed verhoor, en ek het myself in besit van die reisgeld gevind. Aan 'n intieme vriend het ek my voorneme bekend gemaak om die volgende dag per vliegmasjien te vertrek.
„ Ek sê, ou kêrel, dink jy dit sal verstandig wees?
Ek bedoel, dink jy nie dat mense sal kritiseer nie?"
„ Waarskynlik," was my antwoord, „ maar dit sal nie die eerste keer wees nie."
„ Ek weet. Maar hulle kan die indruk kry dat jy sakke vol geld het."
„ Ons Vader het," sê ek, „ en ek voel dat dit Sy Wil is dat ek daarheen moet vlieg. Kyk hier, as ek in die diens van 'n Amerikaanse miljoenêr was, en dit was sy wens dat ek sou oorvlieg, en hy het daarvoor betaal, sou hulle dit kritiseer?"
„ Nee. Maar hoe weet jy dat God daarvoor sal betaal?"
„ Wel, het Hy my nie my reisgeld vanaand gestuur nie? En gaan ek nie Sondag in Parys preek nie?"
„ Maar hoe weet jy dat jy Sondag sal preek?"
„ Ek weet."
My vriend het dit opgegee.
Die volgende dag het ek my plek in die passassiersvliegtuig ingeneem. My gevoelens was inderdaad gemeng. Daar was die rilling van 'n nuwe ondervinding. Daar was ook die bewustheid dat ek na Frankryk vlieg met net vyf sjielings. Daar was twyfel - en daar was vertroue.
Met 'n skielike gedruis begin die skroef snel te draai. Ons gly langs die grond van die vliegveld, draai om |