| gehad, en dit het 'n tyd geword van indiwiduele erkenning van behoefte en 'n soek na seën.
Later in die aand het ek 'n vierde toespraak gehou - hierdie keer in die Kerk van die Russiese Evangeliese Beweging. Hierdie Russiese Christene het baie belanggestel in my ondervindinge in Rusland. Die vergadering het baie lank geduur, omdat daar geleentheid gegee is vir gebed en indiwiduele belydenis na 'n toespraak oor herlewing.
My hart het uitgegaan na hierdie bannelinge uit Rusland. Hulle het uit alle stande gekom - en watter teënstellinge was daar nie! Een van my gehoor was die innemende Prinses Lieven, wat my in die loop van 'n interessante gesprek 'n waardering gegee het van die bediening van wyle Lord Radstock in ou St. Petersburg. Nog 'n toehoorder was 'n beroepswinkeldief, wat na haar bekering daarop aangedring het om alles wat sy gesteel het in paaimente terug te betaal - tot groot verbasing van die winkeliers.
Hier is 'n brief van die pastor van hierdie Russiese Kerk: ,, Dit spyt my baie dat ek nie die geleentheid gehad het om u tydens u besoek in Parys persoonlik te ontmoet nie. Daar ek bekend is met u boeke, sou dit 'n groot genoeë vir my gewees het om u te ontmoet - miskien sal dit by 'n later geleentheid moontlik wees. Ons voel baie vir die saak waarvoor u staan, want daar is groot behoefte aan herlewing in die kerke.
„ Ons werk onder die Russiese emigrante in Frankryk en België, waarvan daar meer as 500,000 is in hierdie lande. Hulle het Rusland na die Oktober-Rewolusie en Burgeroorlog verlaat. Alle soorte en stande word deur hulle verteenwoordig - aristokrate, professore, studente, offisiers, skrywers, kunstenaars, en hulle vind 'n bestaan, dikwels met groot moeite, op verskillende wyses. Die Heer het ons hier na 1927 gebring en dis ons doel om hierdie Russiese geleerdes vir Christus te wen. Binne |