 |
„ God seën hulle in hul pogings," het ek gedink terwyl ek omkyk. Die man in die hoek was 'n moordenaar en die ander was almal skurke van verskillende tipes. En tog het ons almal daar saam gesing van die oue tyding van Jesus sê liefde.
Ek het nog nooit in my lewe sulke brokstukke van die mensheid gesien nie - vuil koppe, vol ongediertes; vuil klere, vol luise; dowwe oë, rooi van die drank; gebroke liggame, verwoes deur die sonde; en ons het hulle die oue tyding gebring van die krag van God om hulle te verlos. En ten spyte van hierdie verskriklike nadele is vier siele onlangs gered deur die ,, Tabernacle"-werk in hierdie gebied.
Goddank, toestande is anders in ander dele van Frankryk. Maar Frankryk is 'n groot probleem, soos almal wat weet sal saamstem. Uit 'n bevolking wat een-en-veertigmiljoen tel, is slegs 800,000 Protestante. Selfs nou Stuur Frankryk meer Rooms-Katolieke Sendelinge uit as enige ander land. Om die woorde van my vriend Mnr. Pache aan te haal (in die Revival in Europe-Bulletin):-
,, In sekere kringe is daar 'n sleg-ingeligte maar egte vorm van godsvrug, maar die meerderheid van die bevolking begin afkerig te word van die priesters en helaas! van alle godsdiens. In Parys besoek slegs twee tot drie per sent van die bevolking die Kerk, en in die hele land beoefen nie meer as vyf- of sesmiljoen min of meer hul godsdiens. Die soort Katolisisme wat ons in Frankryk vind is dié waaroor Rome meen dat hy heers. Dit wil sê, dit is nie ver van die heidendom nie en stem ooreen met wat by voorbeeld in Spanje kan gesien word. Selfs in Parys het die aanbidding van die Moeder Maria en van die heiliges Christus feitlik onttroon. Die bybel is byna onbekend, en daar is maar min wat werklik weet van die volle en vrye verlossing wat ons in Jesus Christus het. Die Kommuniste en die goddelose maak vooruitgang, en 'n baie groot persentasie |